Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die Telematiese skoleprojek is 'n gesamentlik inisiatief van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch om onderwys deur tegnologie te implementeer. Die projek verskaf lesse via satelliet- en regstreekse stroming aan leerders in Grade 10 tot 12. Die vernaamste idee agter die projek is om leerders van hoëkwaliteit onderrig te verskaf, wat spreek tot die visie van die WKOD: kwaliteit onderrig aan elke leerder in elke klaskamer in elke skool. Die uitsendings vervang nie wat op 'n daaglikse basis in die klaskamer gebeur nie; dit ondersteun alledaagse onderrig deur wat die onderwysers reeds onderrig het, te hersien en te konsolideer. Die onderwysers word dus geensins vervang nie. Die projek het ook 'n paar onvoorsiene uitkomste; een hiervan is dat die onderwysers ook by ander onderwysers leer, en dus is die onderrig in baie klaskamers verbeter soos onderwysers aan tegnieke en metodes blootgestel word wat deur hulle eweknieë gebruik word.  

​Alle skole oor Suid-Afrika heen trek voordeel uit die interaktiewe satellietuitsendings in die middae wat fokus op moeilike konsepte in agtien belangrike vakke. Die aanbieders verduidelik sleutelkonsepte en spreek areas aan waarin die leerders in vorige eksamens probleme ervaar het. Leerders kan reageer deur aan die aanbieder in die ateljee vrae te vra via WhatsApp, Facebook, Messenger en e-pos. Die onderwysers en leerders kan ook al die materiaal en video's van die Telematiese Skole-webblad (schools.sun.ac.za) aflaai.  

Die vennootskap tussen die twee instellings maak sin omdat dit 'n goeie mengsel van inhoud en tegnologie behels waarin albei partye hulle kundigheid saambring om aan leerders 'n maklike en praktiese oplossing te bied. Alle partye is volkome daartoe verbind om leerders te help om hulle matriekeksamen te slaag. Die aanbieders en senior kurrikulumbeplanners is toegewyde kundiges wat tyd in hulle besige skedules opsy stel om lesse en inhoud vir die leerders voor te berei.  

Satelliettegnologie word gebruik vanweë die stabiliteit daarvan, en die feit dat selfs plekke sonder 'n sein aan die uitsendings kan deelneem. Terselfdertyd word alles gestroom sodat leerders wat nie noodwendig die toerusting het nie, ook die lesse kan volg en kan deelneem.  

Die volgende vakke is in Engels en Afrikaans beskikbaar: 

Afrikaans (HT en EAT), English (HT en EAT), Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Geskiedenis, Fisiese Wetenskappe, Besigheidstudies, Ekonomie, Geografie, Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskappe en Toerisme.  

Die vennootskap tussen die WKOD en die SLT fokus ook op die ontwikkeling van die professionele vaardighede van beide die aanbieders en die onderwysers. Onderwyser-ontwikkelingsessies word op die platform uitgesaai en is 'n kragtige stuk gereedskap om alle onderwysers te bereik, maar teen 'n baie laer koste vir die WKOD.  

 

Webblad 

Webblad​: schools.sun.ac.za, of e-pos school@sun.ac.za. ​

Details van projek

​​​​

​​​​