Learning & Teaching Enhancement
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Akademieskap vir Onderrig en Leer (AvOL) konferensie

​​​​​​​​SoTL_Web banner_Final.png

​​Dit is met groot plesier dat die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV) aankondig dat die 2023 Akademieskap vir Onderrig en Leer (AvOL) konferensie geopen het vir inskrywings en voorleggings! 

Hierdie jaar sal in lewende lywe wees en sal by die Stellenbosch Insituut vir Gevorderde Studie (STIAS) aangebied word. Die hoofrede sal deur Professor Chrissie Boughey gelewer word. Prof Boughey is die afgetrede (2019) Adjunk-visekanselier: Akademiese en Studentesake van Rhodes Universiteit. Sy het jare lank op die terrein van onderrig en leer in die hoër onderwys gewerk. Sy het haar werk uit ’n kritiese oogpunt benader met die doel om sosiale geregtigheid te bevorder. Ál haar publikasies handel oor kritiese sosiale teorie, nes die proefskrifte van die vele doktorale studente vir wie sy as promotor opgetree het.  

  • Vir alle belangrike inligting, besoek gerus die AvOL-webwerf.
  • Enige navrae kan gerig word aan die sameroeper, Magriet de Villiers, by sotl@sun.ac.za

 Ons sien uit om jou te ontvang, en stimulerende besprekings en betekenisvolle interaksies te deel! ​