Welkom by die die Sentrum vir Onderrig en Leer!
Die hoofrol van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) is om professionele leergeleenthede vir akademiese personeel te skep ter ondersteuning van hulle onderrigrol.
SOL erken alle US akademici:

"ERT": Onderrig, Leer en Assessering ondersteuning vir akademici gedurende COVID-19
Die aanvang van COVID-19 het ons genoodsaak om ons in-persoon interaksie met studente te vervang en voor te berei vir die implementering van “Emergency Remote Teaching, Learning and Assessment” (ERT).
Die doel van ERT is nie om ’n robuuste opvoedkundige ekosisteem te herskep nie, maar eerder om tydelike toegang tot onderrig en onderrrigondersteuning beskikbaar te stel op ’n wyse wat vinnig opgestel kan word en betroubare toegang kan verseker gedurende ’n nood- of krisistoestand (Hodges, Moore, Lockee, Trust & Bond, 2020 [vertaal]). ERT vereis die herdink en aanpassing van ons in-persoon O&L&A (Onderrig, Leer en Assessering) vir aanbieding via die SUNLearn platform. Die beginsels van goeie in-persoon O&L&A is steeds van toepassing in die aanlynomgewing – dit is slegs die modus van aanbieding wat verskil.
Die vertrekpunt van hierdie proses van aanpassing is die herdink van die uitkomste, assessering en leergeleenthede van u module vir die aanlynomgewing. Dit is belangrik om die aktiewe betrokkenheid van studente in die ontwerp in te sluit asook om studente aan te moedig om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te neem. Hou dit eenvoudig, veral indien u ’n nuweling in die aanlyn O&L&A omgewing is.
Gedurende die eerste semester is ’n reeks hulpbronne saamgestel om dosente en studente te begelei deur die aanpassing na ERT. ’n SUNLearn module vir dosente, “Lecturer Support for Online Teaching” is ontwikkel om u stap-vir-stap te ondersteun met die skuif van in-persoon O&L&A na die aanlynomgewing as deel van ERT. U kan ook luister na die opnames van webinare wat voorheen aangebied is en beskikbaar gestel is op die SUNLearn Dosentesteun module.
In
'n poging om US-dosente in hulle onderrigfunksie te ondersteun, is die
DeLTA-proses en hulpbron (Design ing Learning, Teaching and Assessment
of die Ontwerp van Leer, Onderrig en Assessering proses) gekonseptualiseer
en opgestel. Die titel van die proses is die akroniem (DeLTA), maar Delta
is ook die wiskundige simbool vir verandering wat as Δ geskryf kan
word. Die doel van die proses kan dus uitgedruk word as: om as
'n gids vir die bewerkstelling van verandering in Onderrig en Leer aan die US
te dien. Die DeLTA-proses is
aangepas vir die "ERT"-omgewing, en is beskikbaar hier.
Gedurende die webinare oor aanlyn-assessering is
voorbeelde van innoverende assesseringsbenaderings en metodes ten toon gestel. Hierdie voorbeelde is beskikbaar op die
Lecturer Support for Teaching Online SUNLearn module. U is welkom om die dosente wat genoem word in elke gevallestudie te kontak indien u die voorbeeld in meer detail wil bespreek.
Klik hier om die voorbeelde te sien.
Kontak gerus die SOL adviseur in u Fakulteit om saam te dink oor die skuif en voorbereiding van u aanlynmodule. U kan ons ook kontak by 021 808 3717 of by sol@sun.ac.za. Ons sal op u navraag reageer of verwys na die mees geskikte persoon of bron.
Wees versigtig en wees veilig!