Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Assesseringskortkursus

​​​

Die assesseringskortkursus word elke jaar in die eerste en tweede semester ​aangebied. 

Die kursus is ontwerp om in pas te wees met die hersiene Assesseringsbeleid (2022), en assessering te ondersteun wat studenteleer bevorder. Die kursus is as ʼn amptelike US kortkursus (Bevoegdheid) geregistreer en volg ʼn gemengde benadering wat aanlyn, asinchrone, selfstudiewerksaamhede (op SUNOnline) en kontaksessies in persoon (F2F) kombineer. Deelnemers sal ongeveer 50 uur aan hierdie werksaamhede moet bestee om die kortkursus af te handel.

Tydens die kortkursus sal deelnemers deur ʼn gefasiliteerde proses van denke en beraadslaging, evaluering en formulering van die assesseringstrategieë vir hulle eie modules werk, met die oog daarop om hulle in staat te stel om leergesentreerde assesserings (US Onderrig- en Leerbeleid, 2018) wat ʼn transformerende studente-ervaring ondersteun (US Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024), te ontwerp

Ná die suksesvolle afhandeling van hierdie kortkursus, behoort deelnemers in staat te wees om:

  • Hulle eie assesseringspraktyke te resenseer deur
    • die verskillende doeleindes van assessering te inkorporeer;
    • ʼn raamwerk met kriteria en beginsels vir betekenisvolle assessering toe te pas; en
    • met tersaaklike vakkundige literatuur gemoeid te raak.
  • Assesseringspraktyke in pas met die uitkomste en leergeleenthede van ʼn spesifieke module te ontwerp.
  • Terugvoer as deel van assessering te gebruik om studenteleer te verryk.
  • Eweknie- en selfassessering by assesseringspraktyke te inkorporeer.
  • Die nuttigheid en uitdagings van die volgende in oënskou te neem:
    • Verskillende assesseringsmetodes of -hulpmiddels
    • Aanlyn assessering

Deelnemers sal op verskillende stadiums deur die loop van die kursus terugvoer oor hulle assesseringstrategieë ontvang (formatiewe assessering) en hulle finale strategieë tydens die laaste kontaksessie vir eweknie-assessering voorlê (summatiewe assessering). ʼn Finale oordenking (summatiewe assessering) sal die suksesvolle afhandeling van die kortkursus afsluit.

​Die onderstaande bied ʼn oorsig van die kortkursus: 


 
Course Overview.png


Kontakbesonderhede