PRONTAK
Die PRONTAK-kortkursus (In Engels PREDAC) word jaarliks vir nuut aangestelde akademici aan die Universiteit Stellenbosch aangebied.
Tydens hierdie kursus sal elke deelnemer, saam met ander nuut aangestelde dosente van verskillende dissiplines, die geleentheid gegun word om te besin oor hulle menings, kennis en aannames oor onderrig, leer en assessering binne die konteks van huidige denke oor universiteitsonderrig. Praktiese en innoverende benaderings tot onderrig en assessering sal deurgaans in die kursus aandag geniet. Nasionale en institusionele raamwerkewat Hoër Onderwys in Suid-Afrika en aan die Universiteit Stellenbosch (US) rig, sal ook gedek word.
Deelnemers sal uitgedaag word om te beoordeel hoe kennis en beleid op 'n betekenisvolle wyse in hulle eie vakgebiede toegepas kan word. Hulle sal aan die einde van die kursus 'n konseptuele raamwerk wegneem wat hulle in staat sal stel om oor onderrig, leer en assessering te besin ten einde hulle eie onderrigpraktyke te beplan en uit te brei.
Die kursus bied ook 'n unieke geleentheid vir deelnemers om in 'n kollegiale atmosfeer bande te smee met kollegas uit hulle eie fakulteit, asook uit ander departemente en fakulteite. Hulle sal ook aan die US se institusionele kultuur bekendgestel word, wat hopelik sal help om hulle vinniger tuis te laat voel.
Struktuur van die kursus
·
Visedekane
(L&O) benoem deelnemers vir die PRONTAK-kortkursus.
·
Gesentraliseerde
en fakulteitsgebaseerde aktiwiteite word gedurende die kortkursus gekombineer.
·
Deelnemers
moet aan alle aktiwiteite deelneem.
·
PRONTAK word
as ’n gemengde program met aanlyn inhoud op SUNOnline sowel as persoonlike kontakdae
aangebied.
·
Deelnemers
woon ook die AvOL-konferensie by om hulle plakkate aan te bied.
PRONTAK 2021
Kontak
en aanlyn | In en oor fakulteite
Sewe fases | Sewe maande (mid-Maart tot mid-Oktober)
Deurlopende SOL-steun en portuurterugvoer
Ontwerpbeginsels
REFLECT
- ...on being and becoming a lecturer
- ...based on own experiences and literature
CONTEXTUALISE
- ...teaching and learning principles
- ...in own module design
CONNECT
- ...with knowledgeable others
- ...to create professional network
ENGAGE
- ...in a community of peers
- ...to create mutual support
- ...while becoming a refelctive practitioner
COLLABORATE
- ...with peers
- ...to refine module design
- ....culminating in a poster presentation
SHARE
- ...with peers during most phases
- ...by giving, receiving and responding to feedback
- ...to enhance preofessional growth
Fases
1
| TEACHING PERSPECTIVES INVENTORY Online questionnaire with personal reflection tasks
Contextualise and reflect
|
2
| The storyboard of your module Unpack your module, in faculties & online Contextualise and reflect
|
3
| The blueprint of your module A vision for your module, in faculties & online Contextualise and reflect
|
4
| Designing learning opportunities Workshop @STIAS, face-to-face network opportunity Connect and engage
|
5
| Design for learning (DFL) Redesign an aspect of your module, in faculties Collaborate and enagage
|
6
| Teaching and Learning Context Workshop @ STIAS, face-to-face Contextualise and connect
|
7
| Poster presentation Visual presentation of Phase 6 @ SoTL conferences Share and enagage
|
2019 Gallery
As deel van hulle finale assessering het PRONTAK-deelnemers plakkate van hulle leer- en onderrigintervensies by die AvOL konferensie van 30 Oktober 2019 gedeel.
Gallery