Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Onderriggenootskappe

​​​US Onderriggenootskap

Onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 2009 daargestel met die doel om onder meer ’n geleentheid vir geselekteerde akademici te skep om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel en die uitbreiding van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit te bevorder. Sedertdien het die US reeds 14 onderriggenootskappe befonds.

Die Universiteitskapasiteitsontwikkelingstoekennings (“UCDG”) het verdere befondsing aangebied​ vir een onderriggenootskap vanaf Januarie 2021. Die genootskappe bied uitnemende dosente en vakkundiges in onderrig en leer[2] die geleentheid om oor ’n volgehoue tydperk (een tot drie jaar), en met verskillende vorme van ondersteuning, op aspekte van kurrikulumvernuwing, die verkenning van onderrig en leer, en die verspreiding van goeie onderrig- en leerpraktyk in departemente en fakulteite te fokus.

Vir meer inligting oor die ​US Onderriggenote, klik hier​.​​


​​

Die volgende akademici het onderriggenootskappe aan die US voltooi:

  • Dr. Elize Archer (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Elmarie Costandius (Departement Visuele Kunste, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Dr. Berna Gerber (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Ian Nell (Departement Praktiese Teologie en Missiologie, Fakulteit Teologie)
  • Prof. Dana Niehaus (Departement Psigiatrie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Nicola Plastow (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Geo Quinot (Departement Publiekreg, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  • Wyle dr. Helena Wessels.

Die huidige US onderriggenote is:

  • Dr. Marianne McKay (Departement Wingerd‐ en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  • Prof. Ingrid Rewitzky (Visedekaan: Onderrig en Leer, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Michael Schmeisser (Departement Hortologie, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Marianne Unger (Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)


Ons is baie trots op die volgende onderriggenote van die Universiteit Stellenbosch:

*Indien onderstaande inligting onvolledig is, kontak ons asseblief.

2022​
 Dr Marnel Mouton

Departement​: Plant- en Dierkunde
Fakulteit: Natuurwetenskappe​

Lees meer...


2021​
 Dr Taryn Bernard

Departement​: Verlengde Graadprogram
Fakulteit: Lettere en Sosiale Wetenskappe



2021​
 Prof. Debby Blaine

Departement​: Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese
Fakulteit: Ingenieurswese



2021​
 Dr Gretha Steenkamp

Departement​: Skool vir Rekeningkunde
Fakulteit: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe​


2021​​
 Prof. Susan van Schalkwyk

Departement​: Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderrig
Fakulteit: Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe​



2020​
 Dr Margaret Blackie

Departement​: Chemie en Polimeerwetenskap
Fakulteit​:Natuurwetenskappe


2018​
 Dr Michael Schmeisser

Departement​: Hortologie
Fakulteit​:AgriWetenskappe


 


2018​
 Dr Marianne Unger

Departement​: Fisioterapie
Fakulteit​:Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe


2017​
 Prof Ingrid Rewitsky

Departement​: Wiskundige Wetenskappe
Fakulteit​:Natuurwetenskappe


2017​
 Dr Elize Archer

Departement​: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys
Fakulteit​:Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe


 

2016​
 Marianne McKay

Departement​: Wingerd en Wynkunde
Fakulteit​:AgriWetenskappe



2016​
 Dr Helena Wessels

Departement​: Kurrikulum-studies
Fakulteit​: Opvoedkunde

*Dr Wessels passed away in February 2018.


 

2015​
 Dr Berna Gerber

Departement​: Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie
Fakulteit​:Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe



2015​
 Prof Ian Nell

Departement​: Praktiese Teologie
Fakulteit​: Teologie


 



2015​
 Dr Nicola Plastow

Departement​: Afdeling Arbeidsterapie
Fakulteit​:Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe

2013​
 Geo Quinot

Departement​: Publiekreg
Fakulteit​: Regsgeleerdheid​


2011​
 Prof Juanita Bezuidenhout

Departement​: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys
Fakulteit​:Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe


2011​
 Prof Prof Elmarie Costandius

Departement​: Visuele Kunste
Fakulteit​:Lettere en Sosiale Wetenskappe


2011​
 Prof Dana Niehaus

Departement​: Psigiatrie
Fakulteit​: Geneeskunde en Gesondheidswetenskapppe


 


 

​​​​​ ​​​SU Onderriggenootskappe

'n Voorstel vir die skep van onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch is by 'n Senaatsvergadering in 2009 aanvaar. Die Universiteit het tot op hede tien genootskappe suksesvol toegeken. Hierdie program is 'n uitstekende geleentheid om kundigheid met betrekking tot onderrig en leer op die fakulteits- of departementele vlak te konsolideer en uit te brei.

Doelwitte

  • Om die statuur van onderrig en leer aan die Universiteit Stellenbosch te versterk
  • Om vir geselekteerde akademici 'n geleentheid te bied om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel
  • Om die groei van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit te stimuleer
  • Om die geleentheid te bied vir 'n sistematiese, nougesette en reflektiewe benadering tot onderrig- en leer-innovasie aan die Universiteit.

'n Universiteit-genootskapskema het ten doel om prestige uit te druk en ondersteuning vir uitgesoekte akademici te verskaf om vir 'n vasgestelde tydperk op onderrig en die akademieskap van onderrig te fokus. Die skema sal voorsiening maak vir 'n minimum van een toekenning per jaar om op onderrig en die akademieskap van onderrig te fokus. Die individu sal in sy of haar departement aanbly, maar sal fokus op aspekte van onderrig en leer wat sy of haar onderrig sal versterk en tot die ontwikkeling van die akademieskap van onderrig en leer in die departement en fakulteit sal bydra. Aangesien die skema ten doel het om kapasiteit oor die hele Universiteit te versterk, sal nie meer as een genootskap per fakulteit toegeken word nie. Die projek sal deur 'n komitee bestuur word wat vir hierdie doel deur die Viserektor: Leer en Onderrig opgestel word.

Nasionale g​enootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)

Die genootskapsprogram vir onderrigbevordering op universiteit (TAU) is in 2015 van stapel gestuur as 'n samewerkingsprojek tussen verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Dit staan onder beskerming van HELTASA (die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Leer en Onderrig in die Hoër Onderwys), word deur die Raad op Hoër Onderwys ondersteun en deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gefinansier.


Doelwitte

  • Om tot die verryking van onderrig en leer in die Suid-Afrikaanse hoër onderwys by te dra deur 'n kader akademici van verskeie instellings en vakrigtings as vakkundiges, leiers en mentors op hulle onderskeie gebiede te help toerus
  • Om die status en statuur van onderrig te versterk en die begrip van onderriguitnemendheid verder uit te bou
  • Om by te dra tot die bepaling van wat onderriguitnemendheid in verskillende institusionele omgewings beteken


Die genootskappe word in tweejaarsiklusse toegeken en elke instelling kan tot drie persone benoem. Benoemdes moet senior dosente wees wat oor ten minste 'n doktorsgraad beskik. 'n Nasionale komitee keur die kandidate.

Lees hier meer oor die 2021 - 2022 Nasionale g​enootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU).​


 


Nasionale TAU-genote by die US*

Ons is besonder trots op die volgende nasionale TAU-genote aan die Universiteit Stellenbosch:

*Kontak ons asseblief indien die inligting hieronder onvolledig is.

2018-2019: 

Dr Berna Gerber
Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Prof Ian Nell
Departement Praktiese Teologie
Fakulteit Teologie

Dr Helena Wessels
Departement Kurrikulumstudie
Fakulteit Opvoedkunde
*Dr Wessels is in Februarie 2018 oorlede.

2016-2017:   

Prof Elmarie Costandius 
Departement Visuele Kunste
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Prof Ian Couper 
Ukwanda Centre for Rural Health
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheiswetenskappe

Prof. Geo Quinot
Departement van Publiekreg
Fakulteit Regsgeleerdheid​​​​​​​​​​​​​​​

​​

Navrae