In die Akademieskap van Onderrig en Leer-kortkursus (AvOL-) sal jy leer hoe om jou navorsingsvraag te verfyn, die literatuur te raadpleeg, opvoedkundige teorie as ʼn lens te gebruik, ʼn toepaslike metodologie vir die insamel en vertolking van data te ontwerp en dit in ʼn helder en omvattende voorstel oor te set, wat aan al die Universiteit Stellenbosch (US) se etiese beginsels en institusionele toestemmingsbeginsels voldoen.
Die AvOL-kortkursus is met Vlak 8 van die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk (NKR) belyn en tel vyf krediete.
Doelwit:
Om akademici by te staan met die konseptualisering en ontwerp van ʼn AvOL-navorsingstudie.
Uitkomste:
Ná afhandeling van hierdie kortkursus, sal deelnemers in staat wees om:
- Tussen opvoedkundige navorsing en die AvOL te onderskei;
- Te bespreek hoe AvOL-navorsing onderrig, leer en assessering (OLA) kan verbeter;
- ʼn Navorsingsprobleem en -vraag in hulle eie OLA-sfeer te identifiseer en te formuleer;
- Tersaaklike literatuur wat op die navorsingsvraag betrekking het, krities te assesseer en te sintetiseer;
- ʼn Toepaslike metodologie, datainsamelingsmetode en benadering tot datavertolking om die navorsingsvraag te beantwoord, te kies;
- ʼn Toepaslike opvoedkundige teorie te kies om die metodologiese keuses te onderlê;
- Die toepaslike etiese beginsels en institusionele toestemmingsvereistes wat vir die studie geld, in ag te neem; en
- ʼn Navorsingsvoorstel wat al bogenoemde elemente byeenbring, te ontwerp en voor te lê.
Aanbieding:
- Drie kontaksessies in persoon
- Asinchroniese aanlyn leer
Assessering:
Mondelinge en skriftelike voorlegging van navorsingsvoorstel met eweknie-terugvoer
Assesseringskriteria:
ʼn Skriftelike navorsingsvoorstel:
- met ʼn duidelike navorsingsvraag, wat vir die AvOL en die geïdentifiseerde probleem ter sake is;
- ʼn duidelike beweegrede vir die studie; en
- aan die tersaaklike literatuur verbind.
Die gekose metodologie is geskik vir die beantwoording van die navorsingsvraag en die beplande datainsamelingsmetodes en datavertolkingstrategie is toepaslik en haalbaar.
Die voorstel voldoen aan alle etiese en institusionele toestemmingsvereistes.

Vir meer inligting, kontak Hanelie Adendorff: hja@sun.ac.za