Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

O-L-A Toekennings en Befondsing

​​​​​

Die US is verbind daartoe om die belangrikheid van onderrig en leer as deel van die professionele leer van akademici te erken. ​​
Die US is verbind daartoe om die belangrikheid van onderrig en leer as deel van die professionele leer van akademici te erken.

​​​
Finlo​ is 'n finansiële toelaag (tot R50 000 per projek) vir akademici om hulle klaskamerpraktyk te ontwikkel, na te vors en te innoveer.  Skryfgeleenthede verskaf toegewyde skryftyd weg van die kantoor af. Hulle is halfjaarlikse geleenthede (gewoonlik in Mei en November) vir beide nuweling- en ervare onderrignavorsers om hulle Finlo-projekte te versterk of om aan hulle O&L-publikasies te werk.

Die Onderriggenootskap is 'n toonaangewende toekenning wat op Finlo​ uitbrei. Dit word aan akademici wat belangstel in meer nougesette onderrignavorsing en -innovering toegeken.

Die Universiteitkapasiteitsontwikkelingtoelaag ("University Capacity Development Grant (UCDG") word aan akademici wat streef daarna om onderrig en studenteleer aan universiteite te versterk, toegeken.  ​Om meer te lees, klik hier.

Die Eerstejaar prestasietoekennings ​word elke jaar in die eerste semester aangebied. By hierdie geleentheid word daar erkenning aan van die top-eerstejaarstudente van die vorige jaar gegee vir hulle uitnemende prestasie in hulle fakulteit. Elkeen van die studente nomineer 'n dosent wat hulle voel 'n invloed op hulle akademiese sukses gehad het.