AvOL-prekonferensiewerksessies
SOL bied ook prekonferensiewerksessies as deel van die AvOL-konferensie in Oktober aan. Meer inligting oor hierdie werksessies is op die
AvOL-webwerf beskikbaar.
Generiese werksessies
Die Kaapse Hoëronderwyskonsortium bied 'n reeks werksessies as deel van hulle Gehalte Onderrig in Hoër Onderwys-program aan. Vir meer inligting, besoek die
CHEC-kortkursus-blad.
Fakulteitspesifieke werksessies
Fakulteit-gebaseerde werksessies word in samewerking met die Fakulteite ontwerp om aan die betrokke Fakulteit se spesifieke behoeftes te voldoen. SOL-personeellede in Fakulteite kan pasgemaakte Fakulteit-gebaseerde onderrig- en leerwerksessies op versoek verskaf.
Kontak asseblief die adviseur (sien onder)
wat aan u Fakulteit toegewys is om die reëlings te tref.
Onderrig- & Leer Seminare
Daar word elke kwartaal 'n Onderrig- en Leerseminaar deur die Viserektor (Leer en Onderrig), prof Arnold Schoonwinkel aangebied. Die doel van die seminare is om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. Tydens hierdie sessies deel onderrigkampioene hulle navorsing, innovasies en ervarings oor onderrig en leer met kollegas.
Meer inligting en podsendings van vorige seminare is beskikbaar hier.
SOL adviseurs in fakulteite