Die Universiteit Stellenbosch streef daarna om 'n bydrae tot die samelewing in geheel te maak, deur middel van onderrig. Uitnemendheid is die onderliggende waarde in alle voorgraadse en nagraadse onderrig- en leerprogramme aan die Universiteit. In die Strategiese Raamwerk (April 2000) word die Universiteit se visie vir die onderrigveld as volg geformuleer:
'n Universiteit word gekenmerk deur onderrig van hoë gehalte, deur die konstante hernuwing van onderrig- en leerprogramme, en deur die skepping van effektiewe geleenthede vir leer en studie.
Hierdie visie word deur een van die hoofdoelwitte van die Universiteit se Strategie vir Onderrig en Leer 2014 -2018 gekomplementeer:
...om die koers aan te dui vir die realisering van daardie doelwitte wat sal verseker dat die Universiteit Stellenbosch een van die toonaangewende universiteite in Suid-Afrika bly – ook op die gebied van onderrig en leer.
Beleidsdokumente en verslae wat institusionele leiding verskaf:
Die US Onderrig- en Leerbeleid
.jpg)
Kliek op hierdie skakel vir ‘n grafiese voorstelling van die Onderrig- en Leerbeleid met skakels na die relevant paragrawe.
Die volgende tabel bevat 'n verskeidenheid institutionele beleidsdokumente en verslae wat fokus op Leer en Onderrig:
Laas Goedgekeur: | 26 September 2018
|
Hersieningsdatum: | Die Beleid moet in die vyfde jaar waarin dit geld, hersien word. Indien die eienaar van die Beleid dit nodig ag, kan dit vroeër of meer as een keer in die geldigheidstydperk hersien word.
|
Kurator: | Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking |
Doel:
| Om ’n bevorderlike institusionele omgewing aan te moedig waar onderrig en leer van gehalte in die hele studentekorps, die akademiese personeelkohort, steundiensafdelings en bestuursliggame kan gedy.
|
| Assesseringsbeleid- en Praktyke aan die US |
Laas Goedgekeur:
| 2012
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Die doel van hierdie beleid is derhalwe om 'n raamwerk daar te stel waarbinne assesseringspraktyke aan die Universiteit (1) geldig, betroubaar en verantwoordbaar kan wees en (2) aan die hand van duidelike kriteria binne fakulteite gerig en geëvalueer kan word. |
| Implementeringsplan vir Buigsame Assessering |
Laas Goedgekeur:
| 11 Maart 2016
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Hierdie dokument poog om die voorgestelde US-benadering ten opsigte van assessering te omskryf. Die voorgestelde benadering sal dit moontlik maak vir die huidige drie stelsels om onder die vaandel van twee hoofassesseringstelsels gehou te word. Verder poog die dokument om die uitrol van hierdie plan met betrekking tot implementeringsdatums, rolle en verantwoordelikhede te beskryf.
|
| Vroeë Assessering: Protokol |
Laas Goedgekeur:
| 2008/2009
|
Hersieningsdatum: | 2017
|
Kurator:
| Afdeling Studentesake
|
Doel: | Hierdie dokument het ten doel om die vroeë assesseringstelsel (VA) te verduidelik, en om sommige vrae oor hierdie inisiatief te beantwoord. VA word in die Eerstejaarsakademieverslag omskryf as toetse of
enige ander metode van assessering wat 'n goeie aanduiding kan gee van die studente wat hoë risikogevalle mag wees in spesifieke modules, ten einde te verseker dat die nodige hulp en ondersteuning betyds beskikbaar gemaak word. Hierdie beskrywing verduidelik dus ook die doel van die vroeë assesseringsproses.
|
| Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig |
Laas Goedgekeur:
| November 2004
|
Hersieningsdatum: | Deurlopende goedkeuring by die Komitee vir Leer en Onderrig.
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Die doel van FINLO is om finansiële ondersteuning te gee aan dosente, departemente of programme wat innovering in leer en onderrig wil onderneem en wat bykomende fondse daarvoor benodig.
|
| Riglyne aangaande die US se Verlengde Graadprogramme (VGP) |
Laas Goedgekeur:
| 2010
|
Hersieningsdatum: |
|
Kurator:
| Studentesake
|
Doel: | Die doel van hierdie dokument is om die konseptualisering, operasionalisering en bestuur van Verlengde Graadprogramme te rig op so ’n wyse dat die programme versoenbaar is met die Universiteit se missie, dat dit bydra tot die verwesenliking van die Universiteit se visie en dat dit die waardes van die Universiteit reflekteer. |
| Riglyndokument vir Akademiese Geletterdheid aan die US |
Laas Goedgekeur:
| 2012
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien.
|
Kurator:
| VR(L&O)
|
Doel: | Die doel van hierdie dokument is om ʼn inklusiewe werksomskrywing van akademiese geletterdheid te bied wat die Universiteit en programontwerpers sal help om die verwesenliking van hierdie aspek van die kenmerke van 'n US-afgestudeerde te beplan; voorstelle aan die hand doen oor hoe akademiese geletterdheid in die Universiteit se onderrig- en leerprogramme aangemoedig kan word; en aandui waar en hoe hierdie benadering ondersteun behoort te word.
|
| Raamwerk vir inligtingsgeletterdheid |
Laas Goedgekeur:
| September 2014
|
Hersieningsdatum: |
|
Kurator:
| Biblioteek en Inligtingsdiens |
Doel: | Om struktuur te verskaf aan 'n effektiewe inligtingsgeletterdheidsopleidingsprogram. Die raamwerk beskryf die ontwikkeling van verskillende vlakke van inligtingsgeletterdheidsvaardighede. Dit artikuleer breë indelings en metodes hoe inligtingsgeletterdheid as deel van leer en onderrig geïntegreer kan word.
|
| Beleid oor Onderrig-en Leermateriaal |
Laas Goedgekeur:
| Junie 2007
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Die doelwitte van hierdie beleid is: om voorspraak te maak vir die gebruik van onderrig- en leermateriaal wat sodanig is dat kwaliteitleer, soos in die Leer- en Onderrigbeleid (2006) in die vooruitsig gestel word, aan die Universiteit Stellenbosch bevorder word; om te verseker dat voldoende en gepaste maatreëls bestaan om dosente in die bereiking van die ideale in hierdie beleid bevat, te ondersteun; om te verseker dat die Universiteit voldoen aan nasionale regulatoriese vereistes, insluitende dié van die Hoër Onderwys Gehaltekomitee. |
| US Plagiaatbeleid (ter ondersteuning van Akademiese Integriteit) |
Laas Goedgekeur:
| 2016
|
Hersieningsdatum: | 2021
|
Kurator:
| Navorsingsontwikkeling |
Doel: | Om standaarde van akademiese gedrag te stel vir die gebruik van ander se werk en die hergebruik van ’n persoon se eie gepubliseerde werk; om akademiese integriteit te bevorder.
|
| Strategie vir Onderrig en Leer |
Laas Goedgekeur:
| 2017
|
Hersieningsdatum: | 2021
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Hierdie dokument bied ’n uiteensetting van SU se visie vir graduandi attribute en ’n strategie vir onderrig en leer, ten einde uitvoering te gee aan die visie van die Universiteit, soos dit in ander beleidsdokumente vervat is. |
| Institusionele Studenteterugvoerbeleid |
Laas Goedgekeur:
| 2008
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien
|
Kurator:
| Sentrum vir Onderrig en Leer |
Doel: | Studenteterugvoer is ’n belangrike sentrale proses gemik op die ondersteuning en bevordering van onderrig aan Universiteit Stellenbosch (US). Hierdie beleidsvoorstel het ten doel om die bestaande beleid en prosedures (van toepassing sedert 2001) met betrekking tot die afneem en gebruik van studenteterugvoer oor modules, dosente en programme te hersien, en in een dokument saam te vat.
|
| Reglement van die Komitee vir Leer en Onderrig |
Laas Goedgekeur:
| Junie 2017
|
Hersieningsdatum: | Word tans hersien
|
Kurator:
| Visie-Rektor (O&L)
|
Doel: | Die KLO se funksies sluit Senaatsoorsig, advies en bevordering tov die volgende sake in: Leer en Onderrig (insluitend statuur van leer en onderrig, asook akademieskap van leer en onderrig); Bevordering van studentesukses; Studente-assessering; Eksamens en promosies; Professionele ontwikkeling van en steun aan dosente (tov leer en onderrig); Eerstejaarsakademie. |