US-samewerking bied broodnodige ondersteuning aan geweld-slagoffers in Kaapse Wynlande
Aktiviste, studente en personeel bespreek uitdagings vir LGBTQIA+ gemeenskap
Vloeibare Moed bekyk mans se rol in bekamping van GBV
Bekendstelling van nuwe Programkoördineerder: MIV en Seksualiteite
'n Dag in die lewe van: Larona Matee
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid voer die Universiteit Stellenbosch (US) se beleide oor onbillike diskriminasie en oor MIV/vigs uit, en is daartoe verbind om sosiale ongeregtigheid die stryd aan te sê.
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid bied verskeie dienste en ondersteuning aan personeel en studente van die Universiteit.
Die eenheid fasiliteer alle klagtes oor onbillike diskriminasie en teistering. Klagtes kan by een van die Eenheid vir Gelykwaardigheid se vaardige en professionele gevallebeamptes vir die bekamping van diskriminasie en teistering aangemeld word.
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid het ʼn mandaat van die US om bewustheid te skep, en kwessies oor gendergeweld en die bekamping daarvan, MIV/vigs, LGBTQIA+ en seksualiteite te takel.
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid word gerig deur die US se beleide en gedragskode.Die Eenheid het verskeie dokumente as hulpbronne beskikbaar, sou jy verdere inligting nodig hê.
CSCD ER24 noodnommer010 205 3032