Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vloeibare Moed bekyk mans se rol in bekamping van GBV
Outeur: Enrico Hartzenberg and Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 15/09/2022

Vloeibare Moed, 'n teaterproduksie geïnspireer deur die gebeure wat gelei het tot die grusame moord op Uyinene Mrwetyana, word aangebied by die Academia-saal op Sondag, 18 September en Maandag, 19 September 2022 om 14:00 en 18:00. Kaartjies vir alle studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) is beskikbaar op Quicket.

Die toneelstuk, geskryf deur
Enrico Hartzenberg van Hartzenberg Films, “fokus op mans se rol in die bekamping van geslagsgebaseerde geweld" (GBV) en vertel die verhaal van hoe die lewens van vier eerstejaar-universiteitsvriende – Sherwyn, Randall, Dillon en Dean –  omvergegooi word nadat een van hulle die hoofverdagte word in 'n GBV-misdaad wat op die universiteitskampus gepleeg is.

Hartzenberg is tydens die skryf van die tweede konsep van die draaiboek gementor deur Abduragman Adams, 'n draaiboekskrywer wat 'n SAFTA-toekenning ontvang het, terwyl die hoog aangeskrewe regisseur Iman Isaacs verantwoordelik is vir die regie van die produksie.

Die vier vriende word vertolk deur Lyle October, Marunzo Thomas, Gershwin Mias ​en Jaydon Williams. October het sy debuut gemaak as Sherwyn, 'n intelligente, nuuskierige maar inkennige 18-jarige. Mias was betrokke by produksies soos
Noem my Skollie en Soldaat terwyl Nama Swaan die rol speel van Dean, die "party animal" in die groep.

Dillon word vertolk deur Thomas, wat te sien was in produksies soos
Sara se Geheim, Troukoors, Projek Dina en Arendsvlei, terwyl Randall vertolk word deur Williams, wat ook te sien was in Arendsvlei sowel as The Kingdom.

“Hierdie groep jong, talentvolle akteurs kan nie meer perfek wees om die hoofrolle te vertolk in hierdie diverse en opwindende rolverdeling nie."

No
ël Bekkers, SLS Kluster ResEd Koördineerder en Inwonende Hoof van House MacDonald aan US, saam met ander personeellede van die Afdeling vir Studentesake en die Sentrum vir Studente-gemeenskappe, insluitend Yeki Mosomothane, Monica du Toit, en Joy Petersen, was betrokke by die bring van die produksie na die universiteit. Volgens Bekkers vier Vloeibare Moed (ook bekend as Fluid Courage) die verskillende kulturele erfenisse in Suid-Afrika in dieselfde maand dat Erfenisdag gevier word op 24 September.

“Terwyl die dialoog hoofsaaklik Afrikaaps is, een van die vele Afrikaanse dialekte wat in Suid-Afrika gepraat word en toenemende erkenning verkry in die Wes-Kaap, asook Engels, bevorder die toneelstuk ook veeltaligheid en multi-kulturalisme in die breedste sin en word aangebied uit 'n ander hoek."

Hartzenberg voeg by: “Met die skrikwekkende statistieke van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika moet hierdie gesprek voortgesit word en ons produksie is 'n manier om dit te doen. Dit is 'n verhaal wat ons moet vertel en die boodskap daaragter is 'n dringende en relevante een." 

Om op hoogte te bly, kan teatergangers Hartzenberg Films se Instagram-blad volg by @hartzenberg_films en die Afdeling Studentesake se Facebook-blad​.​