CHPE
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys

 

Die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO) is vroeg in 2006 gestig met die doel om leiding te verskaf ten opsigte van onderrig- en leerpraktyke in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Die SGBO streef dus daarna om die akademieskap van onderrig en leer in die Gesondheidswetenskappe te stimuleer en te bevorder deur saam te werk met diegene wat op enige wyse by onderrig in die Fakulteit betrokke is. Ons uiteindelike doelwit is die bevordering van gehalte-onderrig deur die voorsiening van betekenisvolle leergeleenthede vir ons studente. 'n Sleutel-vertrekpunt vir al ons werk is dat dit bewysgebaseerd is en dus is ons betrokke by en verskaf ons steun aan navorsing in gesondheidsberoepe- onderwys in die Fakulteitt sowel as deur middel van nasionale en internasionale netwerke:

Die SGBO-filosofie is gebaseer op 'n aantal sleutel-beginsels, insluitend:

  • Uitmuntendheid in Wetenskaplike Praktyk
  • 'n Kultuur van Diversiteit
    • Mense
    • Idees
  • Gemeenskapsgeöriënteerd/ Benaderings gefokus op betrokkendheid
  • Interdissiplinêr
  • 'n Leergesentreerde Kultuur


Kontak ons

Die Sentrum is gesetel op die 6de vloer in die Kliniese Gebou van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Indien u enige verdere inligting oor ons unieke sentrum verlang, is u baie welkom om ons te besoek of met ons in verbinding te tree:

Mev. Edwardene Marais
Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys (SGBO)
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Francie Van Zijl Rylaan
6de Vloer, Kliniese Gebou
Tygerberg, Parow
Posbus 241; Kaapstad, 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 938 9054;
Faks: +27 21 938 9046
E-pos : marais5678@sun.ac.za

Kliek hier​ vir meer inligting oor die sentrum