Centre for Infectious Diseases
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

Dienslewering

 

Strategie: Die verspreiding van kennis, vaardighede en tegnologie vanuit die Tygerberg akademiese omgewing en die Universiteit Stellenbosch na ander akademiese instansies, die industrie, die regering op nasionale en streeksvlak, NRO's en die algemene gemeenskap.

MIV-uitreikprogramme in infeksiesiektes verskaf konsultasiedienste vir volwassenes en kinders.

Konsultasiedienste rakende antibiotika en die formulering en implementering van beleid in die veld van infeksiesiektes word ook in die sentrum gekonsolideer. Hierdie dienste sal na die Oos-Kaap uitgebrei word. Die Walter Sisulu Universiteit word ook as 'n belangrike vennoot beskou.

Die diensafdeling van die sentrum skakel en werk nou saam met Ukwanda en die Sentrum vir Gesondheidswetenskaplike Opvoeding. Die evaluering van gesondheidsorgprogramme in hierdie veld word ook as 'n kernfokusarea beskou.

​​​​​​​

Prent kan ongelukkig nie gewys word nie