Centre for Infectious Diseases
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

Doelstellings​

 

ISS streef die volgende doelstellings na:

Navorsing: Die verbetering van die begrip van infeksies en infeksiesiektes in ons gemeenskappe ten opsigte van die patogenese, epidemiologie, voorkoming, behandeling en versorging daarvan.​​

Onderrig en Opleiding Die voorsiening van ʼn platform vir formele voor- en nagraadse programme oor verskeie aspekte van infeksie en infeksiesiektes. Die onderrig- en opleidingsplatform sal ook as wegspringplek vir kort- en informele kursusse vir beroepspersoneel in gesondheidsorg dien. 

​​Diens: Diensverskaffing op die gebiede van diagnose, bestuur en infeksiebeheer en  voorkoming.​