
‘n Groot verskeidenheid organiese en Afrika-eie
kosmetiese en medisinale produkte word hier verkoop, sowel as ‘n
uitgebreide versameling boeke, inheemse saad, natuurlike handgemaakte sepe, olies, rome en
ander eko-vriendelike produkte. Ons gesondheidsprodukte sluit in produkte gemaak van bitteraalwyn (Aloe
ferox), rooiwortel (Bulbine), smeerwortel (comfrey), rooibos, maroela,
wilde-roosmaryn (Eriocephalus), wilde-als (Artemisia), wilde-aster (Helichrysum).
Ander besondere items is die inheemse likeurs,
plaaslike organiese wyne en olyfprodukte, heuning, bonsai-gereedskap en
bakke, balpuntpenne vervaardig uit inheemse hout en natuurlike
veselmandjies.
Die winkel is daagliks oop van 8:00 tot 17:00.
Alle inkomste gegenereer uit verkope word gebruik om die aktiwiteite van die Botaniese Tuin te ondersteun.