Botanical Garden
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Glashuise

P1050969.JPGVerskeie plante wat nie aangepas is aan Stellenbosch se klimaat nie word gehuisves in die Botaniese Tuin se glashuise. Die tropiese-glashuis en die twee ariede-glashuise is oop vir die publiek terwyl die tweede tropiese-glashuis alleenlik geopen word vir die publiek met spesiale geleenthede. Sommige van die orgideë en ander plante word egter gereeld vertoon aan die publiek in die tropiese-glashuis. 

Sleutels vir die glashuise kan daagliks uitgeteken word by die Winkel van 8:00 tot 16:30.