Botanical Garden
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Besoekerinligting

​Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin, geleë in die historiese kern van Stellenbosch, is die oudste botaniese tuin verbonde aan 'n universiteit in Suid-Afrika. Hierdie kompakte Tuin huisves 'n enorme verskeidenheid plante, beide inheems tot Suid-Afrika en uitheems. Die Katjiepiering Restaurant bied 'n perfekte plek om te rus en die Tuin te geniet terwyl die Winkel 'n wye verskeidenheid van plaaslike produkte aanbied. Besoek ook ons Plantverkope area waar u van die pragtige plante wat in die Tuin aangeplant is te koop kan vind.

Toegang en reëls:

  • R10 ingangsfooi 
  • Gratis toegang vir US studente en personeel.    
  • Toergroep begeleiding op aanvraag met kostes. 
  • Kinders onder toesig.
  • Geen pieknieks. 
  • Geen fotosessies sonder voorafreeling en betaling.
  • Geen bruidsfotos nie.
  • Geen pluk van plante.
  • Geen honde buiten gids honde.

 

Openingstye:
09:00 tot 16:00 (Maandag tot Sondag) winter ure vanaf 20 Junie - einde Augustus. Die Tuin is gesluit op sekere publieke vakansiedae nl. Kersdag en Goeie Vrydag.​​

Parkering:
Die Botaniese Tuin het nie 'n besoekersparkeerarea nie, maar 'n publieke-parkeerarea is geleë langs die Tuin in Van Riebeeckstraat.​​​ Straatparkering is ook beskikbaar in die omliggende omgewing.

Tuinkaart:
Volg die skakel om die
Botaniese Tuin-kaart te sien.