
In die skadu van ‘n eeu oue rooibloekom (Corymbia ficifolia) kan u egte
Bolandse gasvryheid ervaar. Kom geniet ons verfrissende somerspyskaart
en maak u keuse uit ‘n verskeidenheid van kraakvars slaaie asook ligte
etes. Op koue wintersdae nooi ons u om binnenshuis te kuier in die knus
atmosfeer van die eertydse opname-ateljee, waar ons u op tradisionele
sop, bredies en watertand gebak trakteer.
Die Katjiepiering Restaurant is daagliks oop van 8:00 tot 17:00.
Kontak ons vir meer informasie oor die huur van die fasiliteite in die Botaniese Tuin vir funksies. Kontak Niel by 021 808 3025 of by katjiepieringrestaurant@gmail.com.