Theology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​Welkom by die Fakulteit Teologie

​​Uit die Dekaanskantoor​

2022 Semester 1 teaching plan - FT (10 Febr).xlsx

Language Implementation Plan 2022 Teologie Afr.docx

Theology modes of teaching for semester 1 2022.docx

Theology student protocol summary 2022 First Semester.docx

​​IMG_9450.jpg

Welkom aan al ons studente in die nuwe akademiese jaar.

Waar ek grootgeword het – my voorsate kom van die Kalahari en Namakwaland – het ons mekaar by familiesaamtrekke verwelkom met ʼn fees om die vuur. Almal het met die voorbereidings gehelp, en dan saam die ete geniet. Ons het ure en ure lank stories oor die ou dae om die vuur vertel terwyl die kos berei en geëet is.

Die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch wil ʼn Afrika-dorp wees waar ons, ondanks ons verskillende rolle en verantwoordelikhede, ondanks waar ons vandaan kom, in hierdie verwelkoming deel. Mag julle ook deel daarvan wees en dit in die nuwe akademiese jaar ervaar.

Hierdie is ‘n beduidende jaar. Vir sommige van julle is dit die eerste jaar aan universiteit. Dalk is jy die eerste in jou familie, en jy is hier om jou passie en roeping te volg. Jy is opgewonde, maar (dalk) ook ʼn bietjie bang. Vir ander van julle is dit die voortsetting van ʼn reis saam met ons. En vir nog ander is dit die laaste jaar hier – wat sekerlik ook emosioneel is. Ongeag waar jy op hierdie reis is, kom sit saam met ons in die kring om die vuur. Deel die verantwoordelikhede, vreugdes en uitdagings. In hierdie tuiskoms mag jy onverwagte kragte of gawes ontdek of erken, en ook uitdagings, beperkings en selfs foute in jouself raaksien. Jy vind dalk dat jou denke tot nou toe ingeperk was. Jy mag by tye ontoereikend voel. Onthou dat dit aandui dat jy groei, jy leer, jy verander. Dit is ʼn reis van ontdekking, ontwikkeling en viering.

Daar is nog ʼn rede waarom hierdie jaar beduidend is – ons herdenk ook in 2018 die 100-jarige bestaan van die Universiteit Stellenbosch. Dit is vir ons iets besonders om deel van hierdie ryk erfenis te wees. Ons word deel van ʼn groter storie, en ondek ʼn sin vir identiteit, ons missie, sodat ons dit kan vervul, of dalk, verraai. Weer eens, kom sluit aan by ons kring en speel jou rol met ons.

As ʼn Afrika-ekumeniese fakulteit, is ons saam met jou opgewonde oor die jaar. Mag ons as ʼn lerende gemeenskap saamwerk, mekaar uitdaag, saam groei. Mag ons ook saam vier wat ons in onsself op hierdie reis ontdek. En soos ons by mekaar in die kring aansluit, mag jy vind dat jy al dieper in die grond van Afrika wortel skiet, sodat ons sterk word om vrug te dra wat komende generasies  sal voed.

 

Dekaan: Prof Reggie Nel

Tel: 021 808 3254

E-pos: rwnel@sun.ac.za



 

 

 

​​​