Theology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Anglikaanse Kerk van Suider Afrika (ACSA)

Die Anglikaanse Kerk van Suider Afrika (ACSA) is ʼn kerklike vennoot van die Universiteit Stellenbosch sedert die Biskop van Valsbaai in Maart 2012 ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die twee instansies onderteken het. Hierdie formele vennootskap is die uitvloeisel van Anglikaanse betrokkenheid by ekumeniese projekte in die Fakulteit van Teologie sedert 1998. Anders as die ander drie vennote vir wie die Fakulteit studente vir die geordende bediening voorberei, word dit deur ACSA beskou as kwekery waaruit studente vir heilige ordening geïdentifiseer en gewerf word. Hierdie rekrute word ná ʼn streng onderskeidingsproses proponente. Hulle woon die College of the Transfiguration in Grahamstad vir een tot twee jaar by, waar hulle residensieel blootgestel word aan Anglikaanse konfessionele form​asie.