Theology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sistematiese Teologie & Ekklesiologie (STE)

​​​​​Sistematiese Teologie bestudeer Christelike geloof en Christelike etiek. In die Christelike geloof word die inhoud van die Christelike tradisie – dikwels opgesom in leerstellings en belydenisse oor God (insluitend God se openbaring en kennis van God, God se skepping, God se voorsienigheid, God se beeld, die mensdom), Jesus Christus (insluitend sy persoon, lewe en verlossingswerk), en die Heilige Gees (insluitend die lewe-gewende werk van die Gees, die kerk, die sakramente, die uiteinde van die skepping) – bestudeer in die lig van kontemporêre vraagstukke, eise en ervarings.


In Etiek word die fondamente van Christelike moraliteit nagevors. Dit word dikwels opgesom in vrae oor wat moraliteit is en hoe dit gevestig kan word, wat ʼn morele gemeenskap is, hoe morele mense optree, wat is morele aksies in die lig van spesifieke etiese vrae en of Christene getrou moet wees aan ʼn spesifieke vorm van moraliteit.

Ekklesiologie is die teologies-wetenskaplike studie van die geskiedenis en reg van die kerk. Die Afrika- en Suid-Afrika-konteks en die Gereformeerde tradisie kry besondere aandag.

Ekklesiologie fokus op ʼn teologiese wyse op die geskiedenis en reg van die kerk, daarom word modules in Kerkgeskiedenis en Kerkreg aangebied. Wat Kerkgeskiedenis betref, val die aandag op die kerk- en teologiegeskiedenis vanaf die tyd van die vroeë Christene/ kerk tot en met die meer resente tyd.  Die Suid-Afrikaanse konteks en die gereformeerde tradisie ontvang spesifieke klem binne ʼn ekumeniese raamwerk.  In Kerkreg word gefokus op hoe ons teologiese denke oor die kerk gestalte kan vind in die orde in en vir die kerk.  ​​

 STE Personeel

 

 

Departementele voorsitter: Sistematiese Teologie - Publieke TeologieProf.Dion Forsterdionforster@sun.ac.za+27 21 808 3250http://www.dionforster.com/about-me/, Persoonlike webblad
Kerkbeleid, Kerkgeskiedenis en Geloof en die RegMx.AshwinThyssenashwinthyssen@sun.ac.za+27 21 8083261
KerkgeskiedenisDr.LiselJoubertliseljoubert@sun.ac.za+27 21 8089038
KerkgeskiedenisProf.HenryMbayahmbaya@sun.ac.za+2721 808 3259
Sistematiese Teologie en EtiekDr.SiphoMahokotossmahokoto@sun.ac.za+2721 808 9909
Sistematiese TeologieProf.RobertVosloorrvosloo@sun.ac.za+27 21 808 3256http://www.sun.ac.za/english/faculty/theology/Pages/Academic%20CV%27s/ProfRVosloo.aspx, Akademiese CV
AdministrasieMe. WilmaRiekertwriek@sun.ac.za+2721 808 3576
Sistematiese TeologieDr.Nadia Maraisnadiam@sun.ac.za+27 21 808 3262