Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch


Welkom by Departement Afrikaans en Nederlands


Verlede jaar was dit die Departement Afrikaans en Nederlands se eeufeesjaar. Wat hou die volgende eeu in? Volg ons op sosiale media en hou ons nuusblad dop om op hoogte te bly.

Wil jy uitnodings en nuus in jou e-posbus ontvang? Klik op intekenknoppie om jou naam op ons verspreidingslys te sit.


Wat’s nuus?

https://woordfees.co.za/wp-content/uploads/2023/05/WEB.jpgDie Woordfees is op hande! Gaan na Gebeure om te sien waar die Departement se personeel en oudstudente op die planke is, tekste agter die skerms skep of aan stimulerende gesprekke deelneem.


IF.jpgProf Ilse Feinauer, die bekleër van die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk, is as die Voorsitter van die Akademieraad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies.


Benjamins_Translation Flows 2.pngProf Ilse Feinauer, dr Amanda Marais en mnr Marius Swart is die redakteurs van ’n volume in die hoog aangeskrewe Benjamins Translation Library-reeks. Translation Flows: Exploring networks of people, processes and products bied besprekings van voorpuntnavorsing in Vertaalkunde en toon aan hoe diverse vakgebied is.

USAN.jpg

Die tweede oproep om referate is uit. Jong navorsers, kry julle idees op skrif en stuur voor 23 Oktober 2023 ’n abstrak in.



Prof Louise Viljoen het die Jan H Marais-prys vir wetenskaplike werk in Afrikaans ontvang. Lees HIER die persverklaring.

Prof Ilse Feinauer en prof Rufus Gouws is die redakteurs van ’n nuwe boek, Fritz Ponelis en die Afrikaanse taalwetenskap. En die boek is betyds gedruk vir prof Ponelis se 81ste verjaardag op 28 Julie 2023.


Wil jy weet watter dinge nog in die Departement aan die gebeur is? Klik HIER.



Meer oor ons

Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die departement ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte, meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.

Klik HIER om meer oor die geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands te lees.

Aanlyn Opedag 2022

 



​​​Instagram_Glyph_Gradient_RGB.pngLI-In-Bug.pngTeken in.png