Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gebeure

​​Gebeure om die draai in 2024


2 Maart
09:10–10:00
Stellenbosch-kampusKreatiewe skryfwerk vir grade 10 tot 12 (Afrikaans Huistaal)
Praatjie gelewer deur prof Willem Anker as deel van die Letterkunde-ondersteuningskomitee (LOK) se jaarlikse simposium vir Afrikaans-onderwysers in die Wes-Kaap.
2 Maart
09:10–10:00
Stellenbosch-kampusPraat sonder vrees vir grade 10 tot 12 (Afrikaans Eerste Addisionele Taal & Afrikaans Huistaal)
Praatjie gelewer deur dr Elbie Adendorff as deel van die Letterkunde-ondersteuningskomitee (LOK) se jaarlikse simposium vir Afrikaans-onderwysers in die Wes-Kaap.
2 Maart
10:30–11:20
Stellenbosch-kampusGedigte vir graad 12 (Afrikaans Huistaal)
Praatjie gelewer deur prof Andries Visagie as deel van die Letterkunde-ondersteuningskomitee (LOK) se jaarlikse simposium vir Afrikaans-onderwysers in die Wes-Kaap.
2 Maart
12:20–13:00
Stellenbosch-kampusChatGPT in die klaskamer
Praatjie gelewer deur dr Amanda Marais as deel van die Letterkunde-ondersteuningskomitee (LOK) se jaarlikse simposium vir Afrikaans-onderwysers in die Wes-Kaap.
5 Maart
11:00–12:00
Stellenbosch-kampus en aanlyn

Gratis vir US-personeel en studente
Afrikaanse poësie
Studente van die US Departement Afrikaans en Nederlands bespreek vir 30 minute wat Afrikaans vir hulle beteken. Vir die volgende 30 minute lees hulle van hul gedigte om van die verskillende variëteite sowel as die wye kulturele reikwydte van Afrikaans uit te lig. Wees deel van hierdie intieme ruimte waar studente hul gedagtes en kreatiwiteit deel in taal waaroor hulle gek is.
(Deel van die US Taleweek.)

Registreer hier om jou sitplek te bespreek of kontak die VER[r]AS-komitee vir meer besonderhede.

6 Maart
13:00–13:50
Stellenbosch-kampus en aanlyn

Gratis vir US-personeel en studente
Vertaling en kultuur – Lesing en bespreking
Hoe belangrik is dit om kultuur in gedagte te hou wanneer mens vertaal? Kom ons praat oor hoe kultuur vertaling beïnvloed! Tydens ’n lewendige gesprek sal ’n groep nuwe Vertaalkundestudente voorbeelde en strategieë deel wat hulle al ingespan of raakgesien het. Ons ondersoek hoe ’n begrip vir en van kultuur noodsaaklik is vir vertaling. Sluit by ons gesprek aan!

(Deel van die US Taleweek.)

Registreer hier om jou sitplek te bespreek.

7 Maart
13:00–13:45
Aanlyn

Gratis vir US-personeel en studente
Relasionaliteit in Antjie Krog se gedigte oor feetjies en fynbos
Betree die towerwêreld wat bekende Suid-Afrikaanse skrywer Antjie Krog met haar feegedigte geskep het, waar feetjies en kabouters tussen Suid-Afrikaanse plantespesies dans. Hierdie interessante aanbieding deur prof Andries Visagie ontbloot die woordkuns waarmee Krog kwessies van inheemsheid takel, terwyl sy jong lesers opvoed oor inheemse plante en die ryk diversiteit van mense in Suid-Afrika in haar gedigte vier. Sluit by ons aan vir ’n fantastiese ontdekkingsreis deur Krog se fassinerende wêreld
.
(Deel van die US Taleweek.)

Registreer hier om jou sitplek te bespreek.

11 MaartStellenboschBekendstelling van Penseel (2023) (op uitnodiging)
VER[r]AS is reg om die 2023-uitgawe van Penseel die lig te laat sien. Is jou skryfwerk daarin? Wil jy ’n kopie hê?
Kontak die VER[r]AS-komitee.
25 MaartStellenbosch-kampusMaart-gradeplegtigheid
Ons honneursklasse en van ons MA- en PhD-studente ontvang ná baie harde werk hulle grade.


Ikoon Spesiale lesing.png

DJ Opperman-gedenklesing

Tweejaarlikse gedenklesing ter nagedagtenis van die akademikus, dikter en kritikus prof DJ Opperman.

Ikoon Spesiale lesing.png

Fritz Ponelis-gedenklesing

Tweejaarlikse gedenklesing ter nagedagtenis van die taalkundige prof Fritz Ponelis.
Ikoon kollokwium.png

Kollokwium

Tweejaarlikse openbare gespreksgeleentheid om dialoog en debat aan te moedig.
Ikoon Middaguurgesprek.png

Middaguurgesprekke

Gesprekke en seminare oor taal, letterkunde, taalkunde boeke en nog meer.

Ikoon Verras.png

VER[r]AS

Die Departement se studentevereniging. Hulle is altyd met iets doenig.