Die tweejaarlikse
Fritz Ponelisgedenklesing is in 2010 ingestel ter nagedagtenis aan prof. Fritz
Ponelis (1942-2009), leidende taalwetenskaplike en voormalige professor in en
voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands. Vir hierdie prestigegeleentheid
word toonaangewende taalkundiges genooi om oor ’n onderwerp van eie keuse ’n
voordrag te lewer.
Die volgende Fritz Ponelisgedenkgeleentheid word gehou op Donderdag 28 Julie 2022.
Meer besonderhede daaroor volg later.
Vorige Fritz Ponelis-gedenklesings
2010 - Christo van Rensburg: Vloei en stroomversnellings: Fritz Ponelis en die Afrikaanse taalkunde
2012 - Prof. Piet Swanepoel: Ponelis sintaksis: van skelet na vlees en bloed en senuwees
2014 - Prof. Frank S. Hendricks: Met Ponelis op die spoor van Praatafrikaans
2017 - Prof. R. Gouws: Veelsydigheid en vernuwing in die werk van Fritz Ponelis
2018 - Prof. Jac Conradie: "Hy praat darem nou oor ons, nè? - oor Afrikaanse modale partikels"