Die kollokwium van
die Departement Afrikaans en Nederlands is ʼn tweejaarlikse openbare
gespreksgeleentheid waar die een of ander tersaaklike eietydse kwessie aan die
orde gestel word. Die doel daarvan is om veral studente ʼn kans te gee om deel
te neem aan ʼn vorm van ingeligte, openhartige en eksploratiewe samespraak. Ons
voorsien hiermee na ons mening in ʼn steeds dringender behoefte aan die
ontwikkeling van ʼn kritiese bewussyn oor eietydse diskoerse en gekontesteerde
kwessies, dikwels met verwysing na die rol van letterkunde en ander artistieke
vorme in ons komplekse maatskappy. Die geleenthede dien ook om die idee te vier
dat dit moontlik is om oor enige moeilike saak te praat met ʼn soort informele
grasie, met behoud van selfrespek, respek vir ander en ʼn wellewende, geesryke
retoriese styl. Ons uitgenooide gaste kom uit wye ’n spektrum van skrywers,
denkers, musici en aktiviste van binne en buite die Universiteit van
Stellenbosch. Die formaat wissel van voordragte, tot lesings, tot
paneelbesprekings en uitgebreide persoonlike onderhoude.
2016: Die Antroposeen en klimaatsverandering
2015: Bou jou eie Departement AFRIKAANS
2014: MENS DIER DING Alfred Schaffer oor sy veelsydige digterskap: Gesprek met Marlene van Niekerk
2012: Jonathan Zapiro in gesprek met Marlene van Niekerk
2010: Brief aan Suid-Afrika - Digters skryf 'n gedig as "antwoord" op Allen Ginsberg se gedig "America", maar met verwysing na Suid-Afrika
2009: Larkin in Afrikaans: 'n Eksperiment in vertaling
2008: MYSTIC BOERE: Lirieke in Afrikaanse rockmusiek
2007: Ivan Vladislavic in gesprek met Marlene van Niekerk