Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die Fritz Ponelis-gedenklesing

Die tweejaarlikse Fritz Ponelis-gedenklesing is in 2010 ingestel ter nagedagtenis aan prof Fritz Ponelis (1942-2009), leidende taalwetenskaplike en voormalige professor in en voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands. Vir hierdie prestigegeleentheid word toonaangewende taalkundiges genooi om oor ’n onderwerp van eie keuse ’n voordrag te lewer.


​​Fritz Ponelis-gedenkgeleentheid 2022


Ponelis-gedenkgeleentheid 2022.JPG

Mnr Marius Swart (US), dr Gerda Odendaal (WAT), mev Issie Ponelis en dr Donovan Lawrence (UWK).


Vorige Fritz Pone​lis-gedenklesings


​2022
​Paneelbespreking met dr Donovan Lawrence,  dr Gerda Odendaal en mnr Marius Swart
​Ponelis, taalvariasie en die toekoms van Afrikaans
​2018 ​Prof Jac Conradie
Hy praat darem nou oor ons, nè? – Oor Afrikaanse modale partikels
​2017 ​Prof Rufus Gouws
​Veelsydigheid en vernuwing in die werk van Fritz Ponelis (Klik HIER vir video)
​2014 ​Prof Frank S Hendricks
​Met Ponelis op die spoor van Praatafrikaans (Klik HIER vir die Afrikaanse teks)
​2012 ​Prof Piet Swanepoel
​Ponelis sintaksis: Van skelet na vlees en bloed en senuwees (Klik HIER vir die Afrikaanse teks)
​2010 ​Prof Christo van Rensburg ​Vloei en stroomversnellings: Fritz Ponelis en die Afrikaanse taalkunde