Ancient Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Departement bestudeer die antieke kulture en tale van Noord-Afrika, die Middellandse See en die Nabye Ooste (Wes-Asië) en bied modules in Antieke Kulture, Bybelse Hebreeus, Antieke Grieks, Latyn en Klassieke Regskultuur. Die kulture wat bestudeer word, omvat gebiede soos Egipte, die Soedan, Etiopië, die Levant (Sirië, Jordanië, Palestina/Israel), Anatolië (Turkye), Mesopotamië (Irak), Persië (Iran), Griekeland en Rome.

Die studie van die Oudheid stel studente in staat om ’n kritiese afstand van hul eie konteks te neem, om ’n historiese bewustheid te ontwikkel, en om sodoende, ’n ingeligte bydrae tot die ontwikkeling van ons uiteenlopende en veranderende samelewing te maak.