Ancient Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sosiale Impak

Die personeel van die Departement is betrokke by 'n verskeidenheid sosiale impak projekte. Hierdie sluit noue samewerking met erfenisinstellings soos Iziko Museums van Suid-Afrika, 'n langdurige Bybelvertalingprojek met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, en die aanbieding van openbare lesings aan verskeie plaaslike belangegroepe en gemeenskappe in.

 

'n Nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans (2005-2020)

Verskeie lede van die Departement is by hierdie projek van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (sien: http://www.bybeldirektevertaling.co.za/) in verskillende hoedanighede betrokke: As deel van 'n span wat 'n eerste konsep van 'n spesifieke Bybelse boek voorberei het (Johann Cook, Johan Thom en Christo van der Merwe); as deel van die redaksiekomitees van die deuterokanonieke boeke (Cook) of Ou Testament (Van der Merwe); lid van die uitvoerende komitee van die projek (Van der Merwe). Die uitvoerende komitees ontmoet sedert 2011 ten minste vier keer 'n jaar in sessies van vyf dae elk. Gedurende elk van hierdie sessies word stukke vertaalde tekste wat wissel van 15 000 tot 30 000 woorde "gekontroleer".

As voorbereiding vir hierdie projek, asook gedurende die projek, is verskeie navorsingsprojekte in die Departement onderneem.

 

Openbare lesings

Komend


2014-2016

Dr GR Kotzé: 'The World is Wrong when it is Upside-down; Lamentations in Egypt & Elsewhere in the Ancient Near East'
Lesing aan die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (Oktober 2016)


Dr S Masters: 'Pottery (and Poetry) from the Ancient Greek Symposium'
Lesing aan die Stellenbosch Kunsvereniging (Augustus 2016)


Mev A Boshoff: 'The Land of Kush'
Lesing by die Dagskool van die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (16 Julie 2016)


Prof I Cornelius: 'Foreign Rulers in Egypt – Egypt under Hyksos Occupation'
Lesing by die Dagskool van die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (16 Julie 2016)


Prof I Cornelius: 'Egyptomania: From Karnak to Kakamas'
Lesing by die Simon van der Stel Stigting (Kaapstad) (9 Julie 2016)


Dr R van Dijk: 'Mesopotamia in the 3rd & 4th Millennia BCE - The cultures of the Sumerians and the Akkadians'
Lesing by Die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (26 April 2016)


Prof I Cornelius en Dr R Slabbert: ''n Baie ou voël met 'n nuwe storie: Ou Egiptiese dieremummies en moderne wetenskap'
Lesing aan die Stellenbosch Studie- en Besprekingsgroep oor "Ons Godsdiens en die Wetenskappe" (Maart 2016)


Dr S Masters: 'Pottery (and Poetry) from the Ancient Greek Symposium'
Lesing aan die Vriende van die Iziko Suid-Afrikaanse Museum (Maart 2016)


Prof CHJ van der Merwe: 'Bybelvertaling is nie speletjies nie'
Lesing by die Stellenbosch Woordfees (Maart 2016)


Dr GR Kotzé: 'Seeking the wisdom of the ancient Egyptians'
Lesing by Die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (Februarie 2016)


Dr S Masters:  'Ancient classical women'
Lesingreeks by die UK Somerskool (Januarie 2016)


Dr S Masters: 'The collection of classical antiquities at Iziko Museums of South Africa'
Lesing aan die Oudhede en Erfenis Vereniging van Suid-Afrika (November 2015)

 

Prof I Cornelius:  'Egyptian art and emotions'  
Lesing aangebied by die Dagskool van Die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (Julie 2015)


Prof I Cornelius: 'What do we know about Moses and Ra-Moses? A look at the movie "Exodus: Gods and Kings"'
Lesing aan die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika (Mei 2015)

 

Dr S Masters: 'Classical antiquities in Africa: The Cape Town connection'
Lesing aan die Kaapstad Skone en Dekoratiewe Kunste Vereniging (Oktober 2014)

 

Prof I Cornelius: '"The many faces of the deity": The iconography of the goddesses and gods of ancient Egypt'
Lesing aangebied by die Dagskool van Die Egiptiese Vereniging van Suid-Afrika (TESSA) (Julie 2014)


Dr S Masters: 'The Villa Adriana at Tivoli and its gardens'  
Lesing aan die Helderberg Village Tuinvereniging (Mei 2014)

 

Prof I Cornelius en Dr R Slabbert: 'Unwrapping ancient Egyptian animal mummies: Modern technology reveals ancient secrets'
Lesing aan die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika (Mei 2014)