Ancient Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingseminare

Die departement hou gereelde navorsingseminare waar besoekers, personeel en nagraadse studente huidige navorsing aanbied. Al die navorsingseminare word deur verversings in die Departement en 'n geleentheid om te sosialiseer, gevolg.

Departementele navorsingseminaar

Plaaslike en internasionale besoekers asook departementele personeel bied hul huidige navorsing by die Navorsingseminare aan. Hierdie word gewoonlik vir afwisselende Dinsdae om 17h00 in die departementele biblioteek (Letteregebou 332) geskeduleer. Die program word aan die begin van elke semester opgelaai.

Doktorale seminaar en nagraadse colloquium

Die departement hou gereelde nagraadse seminare waar studente hul werk aanbied en terugvoer van ander studente en personeel ontvang. PhD-studente word vereis om 'n deel van hul werk vir bespreking by die Doktorale Seminaar wat gewoonlik maandeliks plaasvind, aan te bied. Die kandidaat se werk word vooraf gesirkuleer en die groep studente en personeel kom byeen om die werk te bespreek en konstruktiewe terugvoer te lewer. Nagraadse studente op enige vlak word aangemoedig om hul werk by die Nagraadse Colloquium aan te bied. Die klem by die nagraadse seminare is op:

  • Die koester van akademiese en sosiale kontak en ondersteuning tussen nagraadse studente in die Departement Antieke Studie. 
  • Die skep van 'n nagraadse besprekings- en debatkultuur.
  • Die skep van 'n kultuur van ondersteuning en solidariteit onder nagraadse studente.
  • Die verskaffing van 'n geleentheid om probleme en insigte te deel en te bespreek.
  • Die verskaffing van geleenthede om idees in 'n nie-intimiderende omgewing te toets.

Die program word aan die begin van elke semester opgelaai.

Klik hier vir die program van die eerste semester 2020. [Weens COVID-19 is die navorsingseminare tot verdere kennisgewing uitgestel.]