Visual Arts
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 Welkom by Visue​​le Kunste

Die Departement Visuele Kunste word in 'n historiese gebou in die boomryke Victoriastraat gehuisves. Die ten volle gerestoureerde gebou bied spesiaal ontwerpte ateljeeruimtes en werkswinkels vir studiestrome in Beeldende Kunste, Visuele Kommunikasie-ontwerp en Juweelontwerp, met 'n nuwe-media rekenaarlaboratorium wat aan industriestandaarde voldoen.

Om tred te hou met ontwikkelinge in kontemporêre kuns en ontwerp, word die studieprogramme in die departement binne 'n multidissiplinêre etos aangebied. Die programme ondersteun studente wat binne alle aspekte van nuwe media, insluitend video en digitale kuns, werk. Terselfdertyd bied die programme 'n stewige basis in tradisionele visuele en toegepaste kunspraktyke.

Die Stellenbosch-konteks bied 'n unieke perspektief aan visuele kuns-studente: die intieme en onderskragende omgewing van 'n geskiedkundige universiteitsdorp, met die internasionale, kosmopolitiese en kultureel-diverse omgewing van Kaapstad slegs 45 minute ver.​​


Voornemende Voorgraadse Studente

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Inligting oor aansoekprosedures, portefeuljevereistes en sperdatums vir voorgraadse programme in die Departement Visuele Kunste.

 
Meer inligting...
Voornemende Nagraadse Studente

​Inligting oor aansoekprosedures en sperdatums vir nagraadse programme in die Departement Visuele Kunste, vir beide Suid-Afrikaanse en internasionale studente.

 
Meer...
Huidige Voorgraadse Studente

​My.SUN studenteportaal met toegang tot webgebaseerde e-pos, die biblioteek, klas- en eksamenroosters, studierekords, ens.

 
Studenteportaal...

Huidige Nagraadse Studente

​My.SUN studenteportaal met toegang tot webgebaseerde e-pos, die biblioteek, studierekeninge en beurse, studierekords, gradeplegtighede, ens.

 
Studenteportaal...
BA (Visuele Kunste) graadprogram

​'n Oorsig oor die BA (Visuele Kunste) graadprogram, met skakels na die spesifieke studiestrome.

 
Meer oor die graadprogram...
Visuele Studies

​In 'n wêreld wat toenemend deur die visuele bemiddel word, is dit noodsaaklik om die produksie, sirkulasie en lees van die visuele te verstaan. Visuele Studies pas kritiese teorieë vanuit 'n wye verskeidenheid velde toe op 'n magdom visuele objekte. ​

 
Meer oor hierdie dinamiese vak...