Ancient Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Prof Annemaré Kotzé


BMus (Ed), MA, DLitt (Latynse Letterkunde) (Stellenbosch)

Medeprofessor

Departementele Voorsitter

Onderrigspesialisasie
Latynse letterkunde; Grieks-Romeinse mitologie; Die stad Pompeii; Grieks vir Beginners

Navorsingspesialisasie
Augustinus se Belydenisse; Antieke Protreptiek; Antieke Outobiografie

Huidige navorsingsprojekte

  • Die kruising tussen outobiografiese vertelling en protreptiese doelwitte (van Plato tot Augustinus)
  • Protreptiese en Manicheïstiese temas in Augustinus se Belydenisse
  • Die lemma 'Protreptik' vir Realllexikon für Antike und Christentum
  • 'n Artikel oor die konteks van die Belydenisse vir die volume oor Augustinus wat deur Cambridge University Press in die reeks "Literature in Context" gepubliseer gaan word (vir publikasie in 2016)
  • 'n Artikel oor Augustinus en die Maak van Christen Martelaarskap vir die Wiley-Blackwell Companion to Christian Martyrdom (vir publikasie in 2017)
  • Mede-redakteur van 'n volume oor antieke protreptiek (vir publikasie met Brepols in 2017)

Akademiese diens/Gemeenskapsinteraksie
Lid van die dagbestuur; verantwoordelik vir studente met spesiale behoeftes; voorsitter van die Fakulteitsonderrigkomitee (2013-2015); hersiening van Fakulteitsbeleid oor die Assessering en Erkenning van Voorafgaande Leer (2014); medetoesighouer vir die projek om die geskiedenis van die gedwonge afsettings by die terrein van die Lettere en Sosiale Wetenskappe Gebou te herdenk (2013-2015); voorsitter van KVSA Wes-Kaap Tak (2011-2012); medevoorsitter van KVSA (nasionale komitee) (2011-2012; 2015 tot op hede); redaksieraad van die joernaal Akroterion; periodiese beoordeling van artikels vir HTS en ander Suid-Afrikaanse joernale asook vir Brill

Toekennings 
Onderrigtoekenning gebaseer op nominasie deur een van die voorste 30 eerstejaarstudente by die US (2008); Rektorstoekenning vir Onderrig (2009); Golden Key toekenning vir onderrig (studentnominasie) (
2009); NNS Thuthuka-toekenning (2004-2007); NNS-gradering (2008 tot op hede); Alexander von Humboldt Genootskap vir Ervare Navorsers (2012-2013)

Geselekteerde publikasies
  • Komend
    Protreptik. In Reallexikon für Antike und Christentum.
    Augustine addressing God and man in the Confessions. In: Prayer and Contemplation in Late Antiquity. Mohr Siebeck.
    Augustine and the Remaking of Martyrdom. In: The Blackwell Companion to Martyrdom.
    Alieva, O., Kotzé, A. & van der Meeren, S. (reds.) When Wisdom Calls: Philosophical Protreptic in Antiquity. Turnhout: Brepols.
  • 2015
    Perspectives on three instances of Greek autobiographical writing from the fourth century B.C.E. Classical World.

CV

E-pos