Welkom by Departement Afrikaans en Nederlands
Verlede jaar was dit die Departement Afrikaans en Nederlands se eeufeesjaar. Wat hou die volgende eeu in? Volg ons op sosiale media en hou ons nuusblad dop om op hoogte te bly.
Wil jy uitnodings en nuus in jou e-posbus ontvang? Klik op
intekenknoppie om jou naam op ons verspreidingslys te sit.
Wat’s nuus?
Ons
nuwe groep MA-studente woon van 29 Januarie tot 2 Februarie ’n orientasieweek by. En op 31 Januarie sal die MA-groep van 2023 oor hulle vordering oor die afgelope jaar rapporteer en die nuwe groep studente inspireer.
USAN 2024! Klik HIER om die abstrakte te lees, die program te sien en uit te vind wat jy misgeloop het.
Wil jy weet watter dinge nog in die Departement aan die gebeur is? Klik HIER.
Meer oor ons
Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die departement ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte, meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.
Klik
HIER om meer oor die geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands te lees.