Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Taalwetenskap-skatkis oorhandig
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 22/08/2023

​Die Departement Afrikaan​s en Nederlands het Donderdag 17 Augustus 2023 kopieë van die nuwe boek Fritz Ponelis en die Afrikaanse taalwetenskap aan prof. Fritz Ponelis se weduwee, Issie, en die Dekaan: Lettere en Sosiale Wetenskappe, prof. Tony Leysens, oorhandig.

Die boek, onder redakteurskap van proff. Ilse Feinauer en Rufus Gouws, is saamgestel om prof. Ponelis se impak op die Afrikaanse taalwetenskap te gedenk en het net betyds vir die 81ste herdenking van sy geboortedag verskyn.

Daar is akademiese bydraes deur Rufus Gouws en Ilse Feinauer, Herman Beyer, Nerina Bosman, Timothy Colleman, C. Jac Conradie, Frank Hendricks, Kate Huddlestone, Ernst Kotzé, Gerda Odendaal, Marcelyn Oostendorp en Marius Swart, Elvis Saal, Piet Swanepoel, Bertus van Rooy asook Daan Wissing. Die Festschrift open met 'n gedig deur Marlene van Niekerk.

Enigeen wat 'n belangstelling in die Afrikaanse taalwetenskap het, behoort hierdie versameling onder oë te kry.