DataScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​

AANSOEK PROSEDURES GEDURENDE 2024 VIR 2025 STUDIES: BDatSci

(vir studente wat nie tans vir graad in 2024 registreerd is nie en wat tans in graad 12 in 2024 is)

Elektroniese aanlyn aansoeke vir voorgraadse studie by Stellenbosch Universiteit open op 21 April 2024 en sluit op 31 Julie 2024.

Die proses is as volg:

Alle voornemende BDatSci studente moet aansoek doen op die Universiteitsportaal vir Voorgraadse studies in 2025. Jy doen slegs aansoek vir BDatSci onder die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW). Jy hoef hier geen fokusarea nou reeds te kies nie vir hierdie opsie nie, want jy kan altyd in die begin van 2025 jou gewenste fokusarea kies met registrasie nadat jou graad 12 punte vrygestel is.

Volgende jaar, in 2025, na jou graad 12 uitslae vrygestel is, sal jy in elk geval geleentheid kry om die fokusarea te kies nadat jy die verpligte inligtingsessie aangaande fokusareas bygewoon het. 

So, indien jy onseker is van watter fokusarea om te kies en om jou opsies oop te hou vir veiligheid, gaan na die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe portaal vir aansoeke en kies BDatSci as graad. Dit is die graad heelonder gelys in die spyskaart na al die BCom grade. In hierdie stadium maak dit nie saak of jy fokusarea Rekenaarwetenskap in Fakulteit Natuurwetenskappe of enige ander fokusarea in enige van die ander fakulteite wil studeer nie - dis is nou slegs belangrik dat jy vir BDatSci aansoek doen. Indien jy seker is van fokusarea Rekenaarwetenskap of Toegepaste Wiskunde of Statistiese Fisika, gaan na die fakulteit Natuurwetenskappe se portaal en kies daar een van hierdie drie fokusareas. Ons raai egter aan dat almal eerder vir die Algemene BDatSci onder Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se portaal moet registreer en sodoende komplikasies verminder indien jy sou wou van keuse wil verander. Dit beteken dat indien jy vir die fokusarea Geoinformatika in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe of die fokusarea Statistiese Genetika in Fakulteit AgriWetenskape wil volg, jy nou slegs aansoek doen vir BDatSci in Fakulteit EBW (ook vir die 3 van Natuurwetenskappe Fakulteit).

Jou tweede en derde opsies kan enige ander graad in enige fakulteit wees. Kies ook eerder ander BSc of BCom of BIng graad indien jy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Jy kan altyd nadat jou graad 12 resultate uit is, verander na BDatSci indien jy aan die minimum graad 12 vereistes voldoen in 2024. Effektief, kan jy altyd verander na BDatSci na graad 12 uitslae aan minimum vereistes voldoen het, al het jy aansoek gedoen vir enige ander graad en aanvaar is daarvoor.

Na die aansoektydperk gesluit het sal studente, wat die nodige minimum vereistes gebaseer op die graad 11 punte het, briewe ontvang dat hulle voorwaardelik aanvaar is vir die BDatSci graad, op voorwaarde hulle voldoen aan die minimum graad 12 vereistes. Jy moet egter die aanbod aanvaar voor 'n sekere sperdatum, indien nie, sal jou aanbod teruggetrek word en jy het dan geen aanbod meer om by SU te studeer nie.

Aanvaardingsbriewe behoort teen einde Augustus jou te beik, indien nie, kontak die registrateur van SU slegs na 31 Augustus 2024.

AANSOEKPROSEDURE VIR HUIDIGE STUDENTE IN 2024: BDatSci

Studente wat graag van graad wil verander in 2025 en BDatSci studeer, wat aan die nodige graad 12 minimum vereistes voldoen, kan aansoek doen daarvoor deur vir Prof PJ Mostert by datascience@sun.ac.za te epos. Toelating sal afhang van prestasie in voorgraadse modules reeds voltooi asook beskikbare plek in die program. 'n Motiveringsbrief moet hierdie epos vergesel waarom jy van graad wil verander. Neem kennis dat sekere goedgekeurde modules vooruit geneem kan word na aanbeveling van die BDatSci programkomitee. Geen student sal toegelaat word om na BDatSci te verander nie alvorens toestemming verleen is deur die programkomitee van BDatSci nie. Die fakulteitsadministrateurs/registrateurs sal ook nie toelaat dat jy van program kan verander alvorens jy nie vooraf toestemmings gekry het nie.