Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boekhouding

​​​​

​​Joernale

 

'n Joernaal is 'n dubbelinskrywingstransaksie waarmee leweransies, hertoewysing van bestaande inskrywings of 'n oorplasing van fondse opgeteken word. Geen joernaaltransaksie sal uitgevoer word nie, tensy dit deur die betrokke verantwoordelike persoon gemagtig is. Alle versoeke moet duidelik gemotiveer wees met die stawende dokumente soos hier onder aangedui.

Joernale kan in die volgende gevalle verwerk word:

  • Oorplasing van fondse (begroting beskikbaar) tussen kostepunte
  • Jaareindeprosedures
  • Hertoewysing van uitgawes
  • Regstellings van onjuiste rekeningkundige inskrywings

 

​​​​