NB: Uitgebreide Afstandsonderrig, -leer, en -assessering (ARTLA) Tweede Semester 2022
|
Akademiese versoeke vir die tweede semester van 2022
Alle versoeke om van jou huidige voorgeskrewe akademiese kurrikulum af te wyk, moet aan die Akademiese Komitee gerig word op hierdie vorm. Die Akademiese Komitee sal die volgende versoeke oorweeg: - Afwykings van die Jaarboek (slaagvoorvereistes, voorvereistes, newevereistes);
- Verandering in program of fokusarea; en
- Afwyking van die geregistreerde kurrikulum vir modules en / of programme wat deur die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied word.
Die Akademiese Komitee sal op die volgende datums vergader: i) 1 Junie 2022 ii) 22 Junie 2022 iii) 13 Julie 2022 Studente sal binne drie dae na die geskeduleerde vergadering die uitslag via hul SUN-e-posadres ontvang. Die besluite van die Akademiese Komitee is finaal en geen laat versoeke of appél sal oorweeg word nie. http://bit.ly/AcademicRequest Vir verdere akademiese en programverwante navrae, kontak die Koördineerder: Akademiese en Studentesake
Me A Valentyn Tel: +21 808 3931 Stuur e-pos
|
Voorgraadse studente vind baat by ondersteuningsprogramme in die vorm van o.a. 'n tutorprogram deur middel waarvan studente met probleme vroegtydig geïdentifiseer kan word en hulle akademiese ondersteuning kan ontvang. Wat betref ons taalbeleid, kry Afrikaanssprekende en Engelssprekende studente paralelle onderrig op eerstejaarsvlak en tolkdienste is vanaf tweedejaarsvlak beskikbaar indien nodig.
Die Fakulteit beloon jaarliks ons uitmuntende studente met medaljes vir hulle akademiese prestasies.
Vir registrasieverwante navrae, kontak die Fakulteitsadministrateur
Mnr B Abels
Tel: +21 808 4832
Stuur e-pos
Natuurwetenskappe Taalimplementeringsplan 2022
Nuttige inligting
Handboeke vir eerstejaar BSc-studente 2022
Belangrike datums vir studente in die Fakulteit Natuurwetenskappe
Rekenaarspesifikasies
Dekaansvergunningseksamen
En nou moet jy aansoek doen vir werk!