Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ontdekking en ontwikkeling van nuwe antibitioka en biosiedes

Beukes Groep


BIOPEP​​​​​ Pepti​edgroep​

Die BIOPEP Peptiedgroep ondersoek weerstand teen, meganisme van werking en struktuur-aktiwiteitsverwantskappe (SAV) van antimikrobiese peptiede en membraanaktiewe antibiotika, met behulp van beide natuurlike en unieke sintetiese verbindings. Hierdie antimikrobiese verbidings is gerig teen 'n aantal van teikens soos weerstandige bakteriële patogene,  in die besonder Listeria monocytogenes, swam plantpatogene, sowel as parasiete wat malaria (Plasmodium falciparum) veroorsaak​.


De Villiers Groep

Die De Villiers groep ondersoek Koënsiem A biosintese en benutting as 'n moontlike teiken vir die ontwikkeling vir nuwe antiparasitiese middels. Op die oomblik fokus ons hoofsaaklik op Plasmodium spp. deur gebruik te maak van 'n Chemiese Biologie benadering.


Strauss Groep​

Die Strauss Lab se kernnavorsingspogings is in die multidissip​linêre veld van Chemiese Biologie. Ons fokus hoofsaaklik op die chemie en biologie van die alomteenwoordige metaboliese kofaktor koënsiem A, en op lae molekulêre gewig tiol-afhanklike redoksbiologie. Ons pas ook die kundigheid wat ons op hierdie wyse verkry toe op die ontwerp en ontwikkeling van nuwe antimikrobiese middels - veral middels wat siektes teiken wat in die Afrika- gesondheidskonteks belangrik is, soos malaria en tuberkulose.


Zininga Groep

Die Zininga Groep fokus op die ondersoek van die rol van molekulere begeleiders in proteienvouding in selle onder stres. Ons hooffokus is op die malaria agente Plasmodium spp. Die parasiete is afhanklik van robuuste proteienvoudingsmasjinerie vir hulle oorlewing in stresvolle omgewings. Ons hoop om die parasiet se proteienvoudingsisteem beter te verstaan en ons beoog om hierdie kennis toe te pas op ander siektes.