Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Botes Groep

GROEPLEIER: Dr Annelise Botes

P​osisie: Lektor

Kantoor:  A117 JC Smuts Building

Foon:      +27-(0)21-808-5883

Faks:       +27-(0)21-808-5863

Epos:      a​nnelise@sun.ac.za​

Kwalifi​​​kasies

PhD, Universiteit van Stellenbosch, Biochemie, 2004

Navorsingsfokus​

Volstruis patogene en entstofontwikkeling

Navorsingstegnieke en Navorsingsvelde​​

Immunologie, ELISA, diagnostiese PKR, daarstel van immuniseringsskedules, DNA-entstowwe, molekulêre biologie, nuwe generasie DNA-volgordebepalingstegnieke, prokariotiese genoombepaling en annotering, DNA- en proteïenvolgorde bioinformatika.

Beskrywing van Navorsing​

Ons navorsing fokus op siekteveroorsakende organismes in volstruise, en spesifiek organismes wat 'n impak het op volstruis produksie en dus van belang is vir die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf. As gevolg hiervan was ons voorheen al betrokke by die daarstel van 'n ELISA en inentingsskedules teen Newcastle Siekte Virus, ontwikkeling van ELISA's vir Clostridium perfringens toksiene en huidiglik, die ontwikkeling van DNA-entstowwe teen mikoplasmas.

Mikoplasma veroorsaak lugweginfeksies in volstruise en is spesifiek 'n probleem onder voerkraal volstruise. Mikoplasma infeksies kan lei tot 'n afname in produksie asook afgradering van karkasse. Ons het getoon dat volstruise deur drie unieke Mikoplasma spesies geïnfekteer word (1) en fokus sedertdien op die ontwikkeling van DNA-entstowwe teen twee van hierdie spesies (2). As gevolg hiervan het ons die genoomopeenvolgings van die twee mikoplasmas bepaal sodat ons geskikte entstof kandidaat gene vir gebruik in die DNA-entstowwe kon soek (3). Hierna is die gene in verskillende vektore gekloneer vir daaropvolgende toetsing in entstofproewe. Weens aaneenhoudende probleme met voëlgriep in volstruise is entstofproewe egter onderbreek, maar kon onlangs weer hervat word (Desember 2014). Die vektore is ook in mutante Salmonella draers ge-elektroporeer om toekomstige mukosale entstowwe te vervaardig.

Die aanvanklike genoomopeenvolgings was nie volledig nie en ons is dus ook besig om met behulp van bioinformatika programmatuur en addisionele DNA-volgordebepalings die genome aanmekaar te sit en volledig te annoteer.

​​Samewerkers

Prof Dirk Bellstedt, Universitiet van Stellenbosch

Dr Adriaan Olivier, Klein Karoo Internasionaal (Edms.) Bpk., Oudtshoorn, Suid-Afrika

​​Huidige studente

MSc: Me Hestie Jonker (studieleier A Botes, medestudieleier D Bellstedt)

MSc: Mnr Bertie de Wet (studieleier A Botes, medestudieleier D Bellstedt)

Ph D: Me Mariet Wium (studieleier ABotes, medestudieleier D Bellstedt)

​​Afgestudeerde studente

Me Lisa van der Merwe (MSc gegradeer 2006), Me Benita Pretorius (MSc gegradeer 2009), Me Shandré Steenmans (MSc gegradeer 2010), Me Sonja Brandt (MSc gegradeer 2012), Me Amanda van Tonder (MSc gegradeer 2013), Me Marliz Strydom (MSc gegradeer 2013).

​​Geselekteerde publikasies

  1. Botes, A., Peyrot, B. M., Olivier, A. J., Burger, W. P. and D. U. Bellstedt, D.U. (2005)  The identification of three novel ostrich mycoplasmas in South Africa. Veterinary Microbiology 111:159-169.
  2. Botes, A., Pretorius, B., Olivier, A. J., Burger, W.P. and Bellstedt, D.U. (2008)  Vaccine strategies against ostrich mycoplasmas.  Australian Journal of Experimental Agriculture (Animal Production Science), Special Issue: Ratite Science for Industry and Conservation 48(10):ix.
  3. Wium, M., Botes, A and Bellstedt, D.U. (2015)  The identification of oppA gene homologues as part of the oligopeptide transport system in mycoplasmas.Gene 558:31-40.​

​​​

​