Sci-bioinformatics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Wat is bioinformatika?

Bioinformatika behels die gebruik van rekenaars vir die berging en analise van biologiese data, en sny deur die velde van molekulêre lewenswetenskappe, rekenaarswetenskap, statistiek en wiskunde. Ons lewe in 'n tyd waar dit beide moontlik en bekostigbaar is om die volledige volgorde van 'n genoom van 'n enkelle organisme te bepaal, of dié van die genome van 'n komplekse populasie van organismes, of die konsentrasie en chemiese modifikasies van alle proteïene in 'n sel, of om die vorm van klein molekules te voorspel wat aan die aktiewe setel van 'n ensiem mag bind. Hiedie is die era van persoonlike gesondheidssorg, herprogrammering van die lot van 'n sel, wysiging van 'n genoom, ontwerpte evolusie, en sintetiese lewe.  Hierdie aktiwiteite genereer en verreis die analise van enorme volumes data.  Dit word bereik met die inter-dissiplinêre veld van bioinformatika.

Daar is etlike sub-velde in die dissipline van bioinformatika.  Dit sluit die volgende in:

Volgorde analise, waar genoom volgordes analiseer en vergelyk word, die patrone en reëls waarvolgens genome evolueer uitgepluis word, of proteïn verwantskappe bestudeer word.  Dit behels ook die analise van genoom volgorder in populasies, en die identifisering van enkel nukleotied polimorfismes (ENPs), en die verwantskap tussen hierdie ENPs en menslike siektes of farmakologiese doeltreffendheid op 'n individuele vlak.  Verwante analises is ook sentraal aan moderne landbou.

Strukturele bioinformatika behels die analise en voorspelling van die makromolekulêre struktuur van RNA of proteïene, of die argitektuur van chromatien en formasie van funksionele domeine in die sel kern.  

Databasis ontwikkeling is daarop gemik om hulpbronne aan bioloë te verskaf om te help om groot komplekse, inter-afhanklike datastelle te gebruik.  

Algoritme en sagteware ontwikkeling is die ontwikkeling van metodes om spesifieke take doeltreffend te verrig, of die skryf van programme om die middels te verskaf om hierdie take te verrig, sowel as nuwe, toekomstige toepassings.

Hierdie is alles aktiewe, hedendaagse navorsings gebiede in bioinformatika.

Wat doen die Afdeling Bioinformatika?

Die Afdeling Bioinformatika is by navorsing in bioinformatika betrokke, die opleiding van na-graadse studente met navorsings projekte in bioinformatika, verskaffing van opleiding aan personeel en studente in algemene onderwerpe in bioinformatika, en ondersteuning met bioinformatika komponente in deurlopende navorsings projekte.


By Universiteit Stellenbosch is die bioinformatika navorsingsgroepe tussen die Stellenbosch en Tygerberg kampusse versprei.