Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geskiedenis

​​

​​

Die Departement van Biochemie is in 1974 gestig. Biochemie was op daardie stadium 'n relatiewe nuwe vakgebied, maar die Universiteit van Stellenbosch het die toenemende belangrikheid daarvan raakgesien, en het gevolglik die nuwe department tot sy Fakulteit vir Natuurwetenskappe toegevoeg.

Twee afdelings van twee departemente het saamgesmelt om die nuwe departement te vorm: Lanboubiochemie (gesetel in die Fakulteit van Landbou) en die Biochemie-afdeling van die Departement Chemie (gesetel in die Fakulteit van Natuurwetenskappe).

Dr Hennie de Kock van die Departement Chemie sou as gesamentlike voorsitter met Prof. Lothar de Wit van Landbouchemie die nuwe Departement Biochemie lei. Ongelukkig het Dr De Kock skielik en onverwags afgesterf as gevolg van 'n hartaanval.  Omdat die hoof van die Biochemie-afeling van die Departement Chemie, Prof. Hannes "Liefie" Barnard, op aftrede gestaan het, is Prof Kirsten van der Merwe in Dr De Kock se plek in 1974 as gesamentlike voorsitter aangestel. Prof Van der Merwe is as alleen-voorsitter aangestel nadat Prof De Wit in 1978 as gesamentlike voorsitter afgetree het.

In die vroeë jare moes die departement met min mannekrag op die been bly. Behalwe vir die twee roterende voorsitters, is Dr Hermann Stindt en Prof O.T. de Villiers  van Lanboubiochemie, asook Mnr Jannie Hofmeyr (vandag Prof Hofmeyr), as dosente aangestel.  Mnr Pieter Swart (vandag Prof. Swart) en Me Helena Koch is aangestel as tegniese beamptes, terwyl Mnr Ben Benadé die operateur van die departement se aminosuuranaliseerder was. Die department het ook 'n span assistente gehad, saamgestel uit Willem Koopman (hoofassistent), Johannes Cloete en  George Damonse.

Vandag is die departement in verskeie navorsingsareas aktief, insluitend steroïedhormoonnavorsing, immunologie, plantbioinformatika en molukulêre plantpatogeennavorsing, anti-mikrobiese peptiede, chemiese biologie, sisteemsbiologie, en waternavorsing. Maar, toe die departement aanvanklik sy deure oopgemaak het, was die veld van Biochemie 'n relatief nuwe terrein.  Die departement se fokus was aanvanklik op boekleer, maar die belang van navorsing is deeglik besef. Prof. Van der Merwe het gevolglik weeklikse informele gespreksessies by sy huis saam met Pieter Swart en Jannie Hofmeyr  ingestel. Hier het hulle hartstogtelik oor probleme en vraagstukke in die nuwe veld gedebatteer.  Meer en meer studente het mettertyd hierdie sessies bygewoon. Vandag is hierdie soeke na oplossings en nuwe kennis steeds 'n intergrale deel van die departement.  

​​

​​