Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Emeritus navorsers

​​​​​​​​​​​​​Bellstedt Groep 

Immunologie,  Plant-bionformatika & Molekulêre Sistematiek, Plant-patogeen Opsporing & Evolusie

  1. Ondersoeke na die evolusie van virusse en bakteriese patogene van aartappels en vrugtebome en die opsporing daarvan.

  2. Plant molekulêre sistematiek en evolusionêre studies op plantgroepe wat in Suid-Afrika voorkom met die klem op plante in die Kaapse Fynbos streek.

  3. Die ontwikkeling van DNA entstowwe teen volstruismikoplasmas.

  4. Vis filogenetika.

Hofmeyr Groep

​Sisteembiologie

​Benewens sy rolle in die Sentrum vir Studies in Kompleksiteit en in die Genootskap en Programkomitee van STIAS, die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie, is prof Jannie Hofmeyr ook 'n lid van die Triple-J-groep met Proff. Johann Rohwer en Jacky Snoep. Die Triple-J-groep bestudeer die beheer en regulering van sellulêre prosesse met behulp van teorie, rekenaarmodellering en eksperimentele benaderings.​

Louw ​Gro​ep

Steroïed reseptore en geen ekspressie​, ​Natuurlike produkte​

Ons navorsing fokus op steroïedhormoon bindende proteïene, spesifiek die proteïene wat steroïedhormone in serum vervoer en intrasellulêre steroïedhormoon reseptore. Die wisselwerking tussen hierdie twee kategorieë van steroïdhormoon bindende proteïene, ontlok deur òf dwelms òf fisiologiese toestande, word verwaarloos in 'n era van spesialisasie ten spyte van die ooglopende fisiologiese relevansie.​


AC S​w​art Groep

​​Steroïede​​

Ons primȇre fokus is die bestudering van steroïedhormone in die bynier asook die ensieme wat die biosintese van hierdie hormone kataliseer. Hierdie belangstelling is uitgebrei om die volgende in te sluit: ondersoeke na (i) die metabolisme van C19 steroïedhormone in die prostaat en (ii) die biosintese van abnormale hoë vlakke van steroïedhormone in die bynier wat tydens endokriene afwykings ontstaan en hul verdere metabolism. Metaboliese paaie word bestudeer deur middle van heterologiese geenekspressie van die relevante ensieme sowel as die analisering van steroïedmetabolisme in bynier- en prostaatselmodelle. Hierdie ensiemsisteme en selmodelsisteme vorm ook die basis van ons ondersoeke na die biologiese aktiwiteite van natuulike plantprodukte en hul invloed op die menslike endokrienesisteem.​


P Swart G​roep​

​Steroïede, Water

Steroïedhormone speel 'n noodsaaklike rol in die regulering van normale fisiologiese prosesse in soogdiere, insluitend metabolisme, inflammasie, immuunfunksie, sout en water balans, stres beheer en voortplanting. Steroïedhormone word geproduseer deur die proses van steroïedogenesis wat 'n aantal spesifieke P450 (CYP) en hidroksiesteroïed dehidrogenase (HSD) ensieme behels. Ons groep bestudeer steroïedogenesis in soogdiere, spesifiek kyk on na die die effek van: natuurlike plantprodukte op CYP en HSD ensieme;  die regulering van steroïedogenesis; die effek van mutasies op steroïde produksie; en die rol van die adrenale steroïedhormone in die ontwikkeling en vordering van prostaatkanker. ​

​Water: Membraantoepassings vir die monitering en verbetering van water kwalitieit.