US-dosent terug in die saal om R100 000 vir studente in nood in te samel | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11095 | | US-dosent terug in die saal om R100 000 vir studente in nood in te samel | Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis] |
Een gesin. Tien fietsryers. Ses dae. Seshonderd kilometer.

Dr Marietjie Lutz, dosent van die Universiteit Stellenbosch (US), is terug in die geldinsamelingsaal, en vanjaar beoog sy om minstens R100 000 met haar Wheels of Opportunity (WOOP25)-veldtog in te samel om geld vir talentvolle maar minderbevoorregte wetenskapstudente te genereer.

Lutz en haar gesin het verlede jaar R75 000 vir die veldtog ingesamel – wat die aanvanklike teiken van R60 000 oortref het. "Hierdie ongelooflike reaksie het die belangrikheid van ons saak beklemtoon en ons geïnspireer om weer die uitdaging aan te pak," sê Lutz.

Nadat hulle vroeër vandeesmaand hulle eerste Kaapstad-fietstoer op bergfietse voltooi het, berei die Woop25-span – bestaande uit Lutz en haar man, Daniël, haar oudste seun, Ben (bedryfsingenieurstudent aan die US), haar tweede seun, Jan (BCom Bestuurswetenskappestudent aan die US), haar dogter Isabel in graad 11 by Bloemhof en die jongste, Daniël, wat in graad 8 by Paul Roos Gimnasium is – voor om weer van George na Kaapstad te fietsry.

Verlede jaar moes hulle temperature van meer as 40°C en sterk teenwinde te bowe kom, asook 'n noue ontmoeting met 'n oorywerige koedoe. Maar Lutz sê vanjaar is die span logisties en strategies beter voorbereid.

Hulle begin Sondag 30 Maart trap aan hulle uitmergelende tog.

"Ter voortbouing op verlede jaar se sukses, het ons 'n paar opwindende veranderinge aan die 2025-rit aangebring. Die belangrikste is dat ons ons span van ses tot tien ryers gegroei het, wat 'n nog groter gesamentlike poging beteken om geld in te samel en groter bewustheid te skep."

Lutz sê die ongelooflike sukses van verlede jaar en die belangrikheid daarvan om bewustheid oor die finansiële stryd te skep wat baie wetenskapstudente in die gesig staar, het haar laat besluit om die WOOP-geldinsamelingspoging voort te sit. "Hierdie studente het geweldige potensiaal, maar word dikwels deur finansiële beperkings teruggehou. Deur vir WOOP te ry, hoop ons om hulle behoefte aan ondersteuning te beklemtoon en om meer mense aan te moedig om in hulle akademiese toekoms te belê. Deur WOOP ry ons nie net fiets nie; ons maak deure oop vir geleenthede vir studente wat 'n kans verdien om hulle volle akademiese potensiaal te bereik."

Om by te dra, besoek: https://www.givengain.com/project/marietjie-raising-funds-for-stellenbosch-university-south-africa-99058

Volg die span op Instagram: woop_fundraiser

Suid-Afrika en China vestig ’n ultraveilige kwantumsatellietverbinding oor ’n rekordafstand van 12 900 km | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11093 | | Suid-Afrika en China vestig ’n ultraveilige kwantumsatellietverbinding oor ’n rekordafstand van 12 900 km | Faculty of Science (media & communication) |
Wetenskaplikes van Suid-Afrika en China het suksesvol die langste interkontinentale ultraveilige kwantumsatellietverbinding ter wêreld – wat oor 'n afstand van 12,900 km strek – gevestig. Met behulp van die Chinese kwantummikrosatelliet Jinan-1, wat in 'n lae-aarde wentelbaan gelanseer is, is hierdie mylpaal die eerste kwantumsatelliet-kommunikasieverbinding wat in die Suidelike Halfrond gevestig is.

In hierdie demonstrasie is kwantumsleutels intyds gegenereer deur kwantumsleutelverspreiding, [bekend as
Quantum Key Distribution (QKD)], wat die veilige enkripsie moontlik maak van beelde wat tussen grondstasies in China en Suid-Afrika oorgedra word via eenmalige-pad-enkripsie, wat as onbreekbaar beskou word. Die resultaat van hierdie baanbrekerseksperiment, 'n samewerkingsnavorsingsinisiatief tussen wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (Suid-Afrika) en die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie van China, is vandag in die vaktydskrif
Nature gepubliseer.

Stellenbosch met sy ideale omgewingstoestande van helder lug en lae humiditeit, het die plaaslike grondstasie in staat gestel om 'n uitsonderlike sleutelgenerasietempo van 1,07 miljoen veilige bisse tydens 'n enkele “satelliet-aangee" te bereik.

Kwantumkommunikasie maak gebruik van fundamentele beginsels van kwantummeganika wat hoogs veilige inligtingsoordrag waarborg. Kwantumsleutelverspreiding, 'n krities belangrike komponent, gebruik enkel fotone om veilige sleutels te enkodeer en oor te dra. Aangesien enkelfotone nie onderskep, gekopieer, of gemeet kan word sonder om aan hul kwantumtoestande te verander nie, bied hierdie tegnologie ongeëwenaarde sekuriteit, selfs teen kragtige opponente.

China is tans aan die voorpunt van kwantumkommunikasietegnologie wat gelei word deur Prof Jian-Wei Pan, befaamde kwantumfisikus. Die land se uitgebreide kwantum-infrastruktuur sluit 'n 2 000 kmveselgebaseerde kwantumnetwerk op land in, wat 32 betroubare nodusse oor groot stede – v an Beijing tot Shanghai – verbind. Prof Juan Yin was instrumenteel in die ontwikkeling van China se eerste kwantumsatelliet, Micius. Laasgenoemde het voorheen grensverskuiwende satellietgebaseerde kwantumverbindings gedemonstreer waaronder 'n noemenswaardige 7 600 km lange interkontinentale verbinding tussen China en Oostenryk in 2017. Vir hierdie samewerking tussen Suid-Afrika en China, het Prof. Juan Yin weer die Chinese navorsingspan gelei.

Die Suid-Afrikaanse navorsingspan by die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Fisika, is gelei deur Dr. Yaseera Ismail, die hoofnavorser, wat verantwoordelik was vir die suksesvolle vestiging van die kwantumsatellietverbinding.

Dr. Yaseera Ismail, die hoofnavorser aan die US, wat verantwoordelik was vir die suksesvolle vestiging van die kwantumsatellietverbinding.
Foto: Stefan Els

Prof Francesco Petruccione, professor in kwantumberekening in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke en direkteur van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) by die US, is 'n pionier op die gebied van kwantumkommunikasie in Suid-Afrika. Hy was verantwoordelik vir die ontwikkeling van een van die wêreld se eerste optiesevesel-kwantumkommunikasienetwerke in Durban. Hierdie mylpaal ondersteun ook die komende bekendstelling van die Stellenbosch Sentrum vir Kwantumwetenskap en -tegnologie, wat ten doel het om Suid-Afrika se leidende rol op die gebied van kwantumnavorsing en -innovasie te versterk.

Prof Francesco Petruccione, professor in kwantumberekening in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke en direkteur van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) by die US. Photo: Stefan Els

Met oordenking van hierdie prestasie, het Dr. Yaseera Ismail die belangrikheid van samewerking beklemtoon: “Internasionale en nasionale samewerking is noodsaaklik om voorpuntnavorsing te dryf en wetenskapsgrense te verskuif. Die implementering van die eerste kwantumsatellietverbinding in die Suidelike Hemisfeer is 'n uitsonderlike prestasie vir Suid-Afrika, wat die beduidende potensiaal vir die ontwikkeling van 'n florerende kwantum-ekosisteem toon."

Prof Francesco Petruccione het bygevoeg: “Hierdie suksesvolle demonstrasie van kwantumsatelliettegnologie posisioneer Suid-Afrika as 'n beduidende rolspeler in die vinnig ontwikkelende globale kwantumtegnologie-ekosisteem. Samewerking soos hierdie versnel wetenskaplike deurbrake, bou plaaslike kundigheid, en stel ons in staat om gevorderde kwantumnavorsing om te sit in tasbare tegnologiese oplossings."

Prof. Sibusiso Moyo, die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie aan die US, het gesê: “Hierdie deurbraak onderstreep die belangrikheid van die ondersteuning van, en investering in die basiese wetenskappe soos kwantumberekening. Ons is trots daarop dat ons navorsers die grense van die wetenskap verskuif. Hierdie werk is belyn met die US se Visie 204, om Afrika se voorste navorsingsgerigte universiteit te wees wat erken word vir sy uitnemendheid en bevordering van kennis in diens van die samelewing. Veels gelul aan albeie spanne."

Die artikel “Microsatellite-based real-time quantum key distribution" is vandag in
Nature gepubliseer en is aanlyn beskikbaar by
https://www.nature.com/articles/s41586-025-08739-z

Op die foto bo: Implementering van die eerste kwantumsatellietverbinding in die Suidelike Halfrond by die Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika. Die mikrosatelliet, Jinan 1, wat in 'n lae-aarde wentelbaan gelanseer is, dra veilige sleutels oor na die draagbare grondstasie wat op die dak van die ingenieursgebou by die Universiteit Stellenbosch gemonteer is. Die eksperiment is in Oktober 2024 uitgevoer. Foto: Ignus Dreyer

US verwelkom Dr. Sweke as AIMS se nuwe Duitse leerstoelhouer | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11088 | | US verwelkom Dr. Sweke as AIMS se nuwe Duitse leerstoelhouer | Faculty of Science (media and communication) |
Dr. Ryan Sweke is die eerste Suid-Afrikaans gebore en opgeleide wetenskaplike wat die Duitste navorsingsleerstoel (Alexander von Humboldt German Research Chair of Mathematics and its Applications) by die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe  (AIMS) gaan beklee.

By AIMS sal Sweke die “Quantum at AIMS-" navorsingsgroep lei, wat fokus op 'n wye verskeidenheid onderwerpe onder die breë sambreel van kwantumberekening en kwantuminligting. As deel van die leerstoel is hy ook as senior lektor aangestel in die Departement Wiskundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die leerstoel is 'n strategiese inisiatief tussen die US en AIMS, met die ondersteuning van die Von Humboldt Stigting.

Sweke wat in Johannesburg gebore en sy skoolloopbaan in Pretoria voltooi het, het in 2017 sy PhD in Fisika aan die Universiteit van KwaZulu-Natal onder studieleiding van Prof. Francesco Petruccione verwerf. Laasgenoemde is tans die direkteur van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS).

Alhoewel Sweke stewig in Afrika-bodem gewortel is, het dit hom nie gekeer om sy vlerke te sprei en geleenthede wêreldwyd te verken nie. In 2018 het hy hom aangesluit by die groep van Prof. Jens Eisert in die Dahlem Center for Complex Quantum Systems by die Freie Universität Berlin. Hy het eers as 'n Alexander von Humboldt-nadoktorale genoot gewerk, en toe as 'n senior nadoktorale genoot betrokke by die PlanQK project, die Duitse regering se vlagskip-kwantummasjienleer-inisiatief. Ná sy termyn in Berlyn, het Sweke van 2022 tot 2024 vir net meer as twee jaar as navorsingswetenskaplike by IBM Quantum in San Jose, Kalifornië, gewerk.

Sweke sê hy het nog altyd 'n begeerte gehad om terug te keer na AIMS nadat hy in 2011 'n werksessie oor kwantumberekening bygewoon het. Dit was inderdaad hierdie werksessie wat sy navorsingsloopbaan in hierdie veld afgeskop het.

“Kwantumberekening sit by die punt waar teoretiese rekenaarwetenskap, fisika, wiskunde, en ingenieurswese mekaar kruis. In 'n mate kan 'n mens kwantumberekening beskou as 'n bewys van die krag van interdissiplinêre werk," verduidelik hy.

Daarom is hy so opgewonde om terug te keer na sy wortels by AIMS: “Ek glo regtig dat navorsing wat sáám deur diverse groepe individue (met diverse perspektiewe, agtergronde, en denkwyses) gedoen word, byna sekerlik meer suksesvol sal wees én meer relevant vir die probleme wat ons as samelewing in die gesig staar. Boonop sal dit ook lekkerder wees om hieraan deel te neem."

“Ek glo dat dit die rede is waarom ek nog altyd besonder aangetrokke was tot AIMS, wat 'n ongelooflik diverse pan-Afrikaanse omgewing vir navorsing bied. Hierdie omgewing inspireer my en gee my energie en ek is baie bly om uiteindelik deel van hierdie AIMS-gemeenskap te kan wees."

Prof. Burtram Fielding, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, het Dr. Sweke by die US verwelkom: “Sy aanstelling versterk die Fakulteit Natuurwetenskappe se akademiese netwerk, skep geleenthede vir gesamentlike navorsingsinisiatiewe, en versterk ons posisie as 'n middelpunt vir voorpunt wiskundige en berekeningswetenskappe in Afrika."

Prof. Sibusiso Moyo, Adjunk Vise-kanselier vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies by die US, het ook vir Dr Sweke welkom geheet: “As bekleër van die leerstoel sal Dr Sweke baie kan bydra ten opsigte van die generering van kennis en vaardigheidsopleiding, en daardeur ons nasionale en globale impak vermeerder wanneer dit kom by kwantumberekening." Sy dien ook op die raad van AIMS.

Klik hier vir meer oor Dr. Sweke se insigte oor die toekoms van kwantumberekening en waar die interessante navorsingsvrae lê.

Klik hier vir meer oor die Alexander von Humboldt Duitse Navorsingsleerstoele in die res van Afrika.

Klimaatsverwarming plaas woestynakkedisse in ’n “lewenskoste”-knyp | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11089 | | Klimaatsverwarming plaas woestynakkedisse in ’n “lewenskoste”-knyp | Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science) |
Klimaatsverwarming het tot gevolg dat woestynakkedisse in tropiese en subtropiese streke soos die Kgalagadi-woestyn in Suid-Afrika, meer energie spandeer om te oorleef en te groei. Hulle moet ook harder werk om kos te vind om in hierdie verhoogde vraag na energie te kan voldoen.

Namate hulle prooi soos insekte, sade en plante al hoe skaarser word met klimaatsverandering, akkumuleer hul lewenskoste en koste om kos te soek in so 'n mate dat akkedisse hul in 'n spreekwoordelike “lewenskosteknyp" bevind.

Dít is van die voorspellings wat gemaak word in 'n studie oor klimaatsverandering en die “lewenskoste-knyp" waarin woestynakkedisse hul bevind, wat onlangs in die toonaangewende interdissiplinêre vaktydskrif Science gepubliseer is.

Prof. Susana Clusella-Trullas, 'n fisiologiese ekoloog verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) en mede-outeur van die artikel, sê die voorspelling van die aard, rigting en omvang van die reaksies van verskillende spesies op klimaatsverhitting, is een van die grootste uitdagings om die toekoms van ons biodiversiteit te verseker, veral in gebiede wat bedreig word deur volgehoue temperatuur- en waterstres.

“Vorige navorsing oor koudbloedige diere, soos insekte en reptiele, het gefokus op hul blootstelling aan episodes van uiters hoë liggaamstemperature, maar kumulatiewe stres as gevolg van ligter en meer volgehoue verandering kan ook op die lang termyn 'n negatiewe impak op gesondheid hê en 'n bevolkingsafname veroorsaak," verduidelik sy.

Hierdie studie, gelei deur Dr. Kristoffer Wild van die Universiteit van Melbourne, het aan die lig gebring dat dit inderdaad die geval is vir woestynakkedisse wat gedurende die dag aktief is. By hierdie spesies verhoog hoër temperature die behoefte om meer kos te soek ten einde in die energie-aanvraag te kan voorsien. Maar wanneer dit té warm word, word hul soektog beperk wanneer hulle genoodsaak is om onder 'n rots of struik te skuil om af te koel. Akkedisse wat snags aktief is, kan egter baat vind by warmer temperature aangesien hul meer tyd het om snags kos te soek.

Die outeurs het biofisiese modelle en kode – ontwikkel deur mede-outeur Prof. Michael R. Kearney van die Universiteit van Melbourne – toegepas om die lewenskoste te voorspel, gebaseer op akkedisse se energiebegrotings onder vorige en toekomstige klimaatstoestande vir woestynakkedisse van Suid-Afrika se Kgalagadi-woestyn en die Groot Victoria-woestyn in Australië. Hierdie terreine is gekies omdat die span toegang gehad het tot langtermyn-historiese datastelle met 2685 veldwaarnemings oor 'n tydperk van 40 jaar, in die 1970s gesamel deur mede-outeurs en herpetoloë Eric R. Pianka en Raymond B. Huey (https://www.desertlizards.dev/).

Hierdie unieke datastelle bevat inligting oor plaaslike omgewingstemperatuur en liggaamstemperatuur, aktiwiteitpatrone en habitatgebruik van akkedisse in hierdie streke. Meer onlangs (in 2017 en 2019) het Clusella-Trullas by die span aangesluit op ekskursies na die Kgalagadi. Haar navorsingsgroep het gefokus op metings van die weerkaatsing van die vel van hierdie akkedisse, 'n sleutelparameter vir die voorspelling van hul liggaamstemperatuur in veldtoestande.

Die span het hierdie historiese velddata gebruik om die resultate van die wiskundige model wat op biologiese en fisiese beginsels gegrond was, te toets. Hulle het getoon dat die model baie goed presteer het toe dit met velddata vergelyk is. Byvoorbeeld: daar is waargeneem en gedokumenteer dat die Australiese miervretende-akkedis, Moloch horridus, 750 tot 1500 miere per dag eet. Onder dieselfde toestande het die biofisiese model 'n voedingstempo van 837 miere per dag voorspel. In the Kgalagadi was die gemete metaboliese temp van “lewenskoste" van die dag-gevlekte sandakkedis (Pedioplanis lineoocellata) ook byna identies aan die voorspellings van die biofisiese model vir dieselfde plek en tydperk. Met hierdie bevindings was die outeurs in staat om meer akkurate voorspellings te maak oor die lewenskoste van veelvuldige spesies en kon daarom die mees kwesbare streke uitlig wat die risiko loop vir bevolkingsafname.

Volgens Clusella-Trullas, beklemtoon die studie dat dit belangrik is om nie patrone oor spesies of streke te vinnig te veralgemeen nie. “Ons voorspellings dui daarop dat toekomstige verwarming 'n groter impak op Suid-Afrikaanse woestyne as op Australiese woestyne sal hê. En dat spesies wat bedags aktief is, in groter gevaar is as dié wat snags aktief is. Selfs klein verskille in natuurlike geskiedenis of gedrag kan lei tot merkbare verskille in terme van termiese reaksies en die netto impakte wat verwarming op bevolkings sal hê," sê sy.

Die artikel beklemtoon ook die belangrikheid van langtermyn, uitgebreide velddata wat jou in staat stel om robuuste voorspellings ten kan maak van spesiespesifieke reaksies op verwarming, voeg sy by. “Ongelukkig is befondsing, sowel as tyd en beskikbare mannekrag deesdae beperk vir sulke langtermyn data-insamelingsekskursies, veral in afgeleë gebiede, ondanks die belangrikheid daarvan soos wat ons in hierdie studie aantoon," sluit sy af.

Op die foto's bo:

Veldwerk is by verskeie terreine in die Kgalagadi-oorgrenspark, Noord-Kaap, Suid-Afrika onderneem om historiese terreine wat meer as 50 jaar gelede bestudeer is, te ondersoek. Een van die spesies wat bestudeer is, die grond-agama (Agama aculeata) wat pragtige kleure vertoon desondanks die skroeiende temperature in struikagtige woestynhabitatte van die Kgalagadi. Foto's: Susana Clusella-Trullas

Nuwe kuilvissie-spesie in Kenia reeds kritiek bedreig | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11077 | | Nuwe kuilvissie-spesie in Kenia reeds kritiek bedreig | Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science) |
'n Kritiek bedreigde nuwe kuilvissie-spesie wat in 2017 en 2018 in 'n antieke woud in Kenia gevind is, is nou in die vaktydskrif Zootaxa beskryf.

Nothobranchius sylvaticus, die Latynse naam wat beteken : “te make met die woud," is ook die eerste bekende kuilvissie, endemies tot 'n woud.

Prof. Dirk Bellstedt, emeritus professor in biochemie aan die Universiteit Stellenbosch (US), was deel van die span internasionale wetenskaplikes wat van dié vis uit niestandhoudende moerasse in die Gongoni-woud aan die suidoostelike kus van Kenia gehaal het. Hierdie ekspedisies in 2017 en 2018 was deel van 'n “Off the beaten track" -navorsingsprojek wat deur die Volkswagen-stigting in Duitsland ondersteun is.

Die span het 'n hoofkomponent-analise uitgevoer, gebaseer op die fisiese kenmerke van die visse, asook DNS-opeenvolging gedoen om te kan bevestig dat dit inderdaad 'n nuwe spesie is. 'n Filogenetiese analise – die mees omvattende vir hierdie genus tot op hede – het getoon dat die N. sylvaticus-lyn ongeveer 7,09 miljoen jaar gelede van sy susterspesie afgesplyt het.

Volgens Bellstedt dui hierdie bevinding daarop dat die Gongoni-woud self meer as 7,09 miljoen jaar oud is. Alhoewel hierdie antieke woud slegs ongeveer 8,2 vierkante kilometer beslaan, is dit 'n tipiese voorbeeld van die Oos-Afrika-mosaïek – 'n kombinasie van savanna met woudagtige dele tussenin, wat strek vanaf Pondoland in Suid-Afrika in die suide, tot by die suidelike kus van Somalië in die noorde.

Sedert 2015 het die span volgende-generasie DNS-volgordebepaling van visgroepe (soos Afrika se bekende sikliedevisse) gedoen, in kombinasie met hoëpresisie rotsdatering van sleutellandvorme in Oos-Afrika. Hul doel was om die tektoniese ontwikkeling van Sentraal-Afrika oor die afgelope 20 miljoen jaar te rekonstrueer. Gedurende die afgelope vyf tot 30 miljoen jaar het hierdie streek groot tektoniese aktiwiteite en opbrekings ondergaan.

Vir die wetenskaplikes was die ontdekking van N. sylvaticus nóg 'n voorbeeld van die kongruensie tussen evolusionêre gebeurtenisse in die genus Nothobranchius, met paleo-dreineringsdinamika, wat gedryf is deur die tektoniese gebeurtenisse wat die Oos-Afrika Riviervalleistelsel gevorm het.

Gegewe die nuwe spesie se erg beperkte habitat in 'n antieke woud, staar dit egter ook 'n groot bewaringsrisiko in die gesig.

Die tipus eksemplaaris in bewaring by die Nasionale Museums van Kenia in Nairobi, en die vergelykende monsters by die Koninklike Museum vir Sentraal-Afrika in Tervuren, België.

Die artikel getiteld: “The description of a critically endangered new species of seasonal killifish, Nothobranchius sylvaticus (Cyprinodontiformes: Nothobranchiidae), a relict species from an East African forest refugium in south-eastern Kenya" is in Zootaxa gepubliseer. Die outeurs hiervan is: Prof. Dirk Bellstedt (US), Béla Nagy (Frankryk), Dr. P. de Wet van der Merwe (US), Dr. Fenton P.D. Cotterill (The Wilderness Project—Great Spine of Africa, Wild Bird Trust), Quentin Luke (Oos-Afrika Herbarium, Nasionale Museums van Kenia), en Dr. Brian R. Watters (Kanada).

Viering van top akademiese presteerders in Bos- en Natuurlikehulpbronwetenskappe. | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11073 | | Viering van top akademiese presteerders in Bos- en Natuurlikehulpbronwetenskappe. | Prof Bruce Talbot |
Die hoogtepunt van die 2024-akademiese jaar en die gradeplegtigheid van die 4-jaar BSc Bos- en Natuurlikehulpbronwetenskappe-studente was ekstra spesiaal, aangesien twee studente die beroemde Sir Wilhelm Schlich-medaljes verwerf het.

Me. Anneke Joubert (regs onder) is met die goue medalje bekroon as die toppresteerder, met 'n vierjaar-gemiddeld van meer as 75% (cum laude). Die silwer medalje is toegeken aan die naaswenner, mnr. Nathan Doyle (links onder).

Die Schlich-medalje word gemiddeld slegs elke drie jaar toegeken, aangesien daar sommige jare geen studente is wat die minimum 70%-gemiddeld oor hul hele studie behaal nie. Die BScFor-program het 'n laer cum laude-graduasiekoers as baie ander studierigtings, deels as gevolg van die breë verskeidenheid vakke wat studente moet bemeester, en die relatiewe klein kans dat een student in alles uitblink. Voorbeelde hiervan is dat studente alles moet dek van genetika tot padbou, en van biometrie tot industriële sielkunde.

Die Sir Wilhelm Schlich-medalje bestaan in verskeie Gemenebeslande en eer die nagedagtenis van hierdie merkwaardige bosboukundige, wat teen die einde van sy loopbaan die bosbouprogram aan die Universiteit van Oxford gelei het—'n instelling wat steeds sterk funksioneer.

Ons goue medaljewenner, Anneke Joubert, is tans suksesvol werksaam by Sappi in Mpumalanga, terwyl Nathan Doyle verkies het om in die departement te bly en 'n MSc-graad na te streef.

Stellenbosch Universiteit se Wood App word fisies. | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11072 | | Stellenbosch Universiteit se Wood App word fisies. | Dr Justin Erasmus |
Die toenemende belangstelling van argitekte en professionele persone in huisbou in die ontwerp en konstruksie met hout het die Wood App-span aangespoor om 'n een-dag werkswinkel oor houtraamontwerp en -konstruksie later vanjaar in Stellenbosch, Pretoria en Durban te organiseer.

Die Wood App word ondersteun deur die universiteit, nywerheidsverenigings en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC). Dit bied gratis aanlyn kursusse en CPD-geakkrediteerde opleiding in houtkonstruksie.

Dr Philip Crafford, die organiseerder van die geleentheid, sê hulle was verras deur die enorme belangstelling ná die aankondiging van die werkswinkels.

"Die reaksie op die Wood App en die een-dag werkswinkels is opwindend. Argitekte, bou-omgewingspesialiste, bouers, universiteite wat ingenieurswese, industriële ontwerp en tegnologieprogramme aanbied, en hul studente begin al hoe meer die koolstofvoordele van hout raaksien," sê Crafford.

"Ons is opgewonde oor die belangstelling in die kursus. Daar was byvoorbeeld 150 aansoeke vir die Stellenbosch-werkswinkel, maar ongelukkig kon ons slegs 80 mense akkommodeer. Hou gerus dop vir nog 'n werkswinkel in die Wes-Kaap binnekort."

Tafadzwa Nyanzunda van die DTIC het die Stellenbosch-werkswinkel geopen, terwyl haar kollega July Mokoena die Pretoria-gebeurtenis ingelei het. Pieter Silberbauer het die Stellenbosch-werkswinkel gefasiliteer en Werner Slabbert Jnr dié in Pretoria. Die inhoud was gebaseer op die aanlyn kursusmateriaal.

Die Wood App beplan om gedurende die jaar nog CPD-geakkrediteerde een-dag werkswinkels oor dekbou, houtgradering, houtpale en CLT-ontwerp en -konstruksie aan te bied. Besoek www.theWoodApp.com vir meer inligting oor toekomstige werkswinkels en kursusse.

550 nagraadse studente landwyd woon jaarlikse Koderingsomerskool by | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11069 | | 550 nagraadse studente landwyd woon jaarlikse Koderingsomerskool by | NITheCS (media and communication) |
Meer as 550 voor- en nagraadse studente aan 28 Suid-Afrikaanse universiteite is opgelei in die grondbeginsels van wetenskaplike rekenaar- en datawetenskap tydens die jaarlikse “Coding Summer School" wat van 27 Januarie tot 7 Februarie 2025 plaasgevind het.

Sedert 2019 word die somerskool gesamentlik deur die Sentrum vir Hoëprestasie-rekenaarkunde (CHPC) en die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) aangebied. Sedert 2010 het meer as 2000 studente al die skool bygewoon.

Vanjaar is voorgraadse studente vir die eerste keer ook toegelaat om by te woon. Altesaam 159 voorgraadse, 134 HonneursBSc-, 212 MSc- en 159 PhD-studente het dit bygewoon, insluitend 45 nadoktorale genote en 35 professionele persone.

Nog 'n verandering is dat studente 'n toelatingstoets moes aflê voordat hulle aanvaar is. Ter voorbereiding is hulle aangemoedig om die NITheCS Software Carpentry Workshop van 11-15 November 2024 by te woon.

Na die twee weke lange kursus het 372 (58%) studente daarin geslaag om vir 'n Sertifikaat van Voltooiing te kwalifiseer. Onder die topvyf 'Pythonistas' was nagraadse studente Zusiphe Mzazela van die Universiteit van Kaapstad, Boithuso Phale van die Universiteit van die Witwatersrand, Kgaugelo Ledwaba van die Noordwes-Universiteit, Lindiwe Maphalla van die Universiteit van Johannesburg, en Anuoluwa Makinde van iThemba Labs – almal vroulike studente.

Mnr Binjamin Barsch, hoofsagteware-ingenieur by die CHPC en hoofkoördineerder vir die Somerskool, sê hulle het vanjaar van inleidende Python na intermediêre opleiding beweeg: “Om die basiese beginsels van Python te leer is reeds geredelik beskikbaar en toeganklik aanlyn, so die inhoud het meer gefokus op praktiese vaardighede vir navorsers. Hierdie jaar het ons ook meer op persoonlike bywoning gefokus. Die studente se terugvoer het gewys dat hulle die fisiese teenwoordigheid van die instrukteurs baie waardevol gevind het."

Dr Werner Janse van Rensburg, navorsingsbestuurder by CHPC, sê hulle het vanjaar ook uit hul pad gegaan om die persoonlike ervaring van deelnemers te verbeter: “Ons het nuwe en boeiende opleidingsoefeninge – insluitend speletjies – ontwikkel om leer in Python- en Bash-skrif te verbeter. Studente moes in spanne teen mekaar meeding. Met Bashcrawl, moes studente versteekte lêers opspoor en uitdagende probleme oplos."

Een van die topvyf Pythonistas stem saam: “Die skool was werklik buitengewoon. Ek het veral die spankompetisies waardeer, en om met 'n verskeidenheid instrukteurs te kan kommunikeer. Ek wens ons het meer tyd gehad, want almal het soveel om te bied," sê Kgaugelo Ledwaba, 'n BScHons-student wat ingeskryf is by die Sentrum vir Ruimtenavorsing aan die Noordwes-Universiteit.

Ledwaba, wat aan die Kwandebele Science Combined School in die dorpie Siyabuswa-Kwandebele, Mpumalanga, gematrikuleer het, sê sy hoop om 'n kenner te word in die verkenning van velde soos seininterpretasie, die bevordering van navorsing in sterrekunde by die Suid-Afrikaanse Radio-astronomie-sterrewag (SARAO) of NASA. Voordat sy vir die somerskool ingeskryf het, het sy geen vorige ondervinding van rekenaardenke of masjienleer gehad nie.

Nog 'n Pythonista, Lindiwe Maphalla, sê sy is tans besig met 'n PhD in Biotegnologie aan die Universiteit Johannesburg: "Ek hoop om beduidende bydraes te maak op die gebied van biotegnologie en bioinformatika, deur koderingsinstrumente te gebruik om biologiese data meer effektief te ontleed."

Maphalla, wat matriek aan Setjhaba Sohle Sekondêre Skool in die Vaal-streek van Gauteng voltooi het, sê sy wil die organiseerders van die Somerskool bedank vir so 'n waardevolle platform vir leer en persoonlike groei: "Ek sien uit daarna om my reis in navorsing en kodering voort te sit," sluit sy af.

Op die foto bo: Studente van die Universiteit Stellenbosch wat die somerskool bywoon.

US fisioloë gekies vir internasionale mentorskapprogram | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11071 | | US fisioloë gekies vir internasionale mentorskapprogram | Faculty of Science (media and communication) |
Twee jong opkomende wetenskaplikes in die Universiteit Stellenbosch se Departement Fisiologiese Wetenskappe, Dr. Bali Sishi en Dr. Shireen Mentor, is lid van die eerste groep Afrika-wetenskaplikes wat deel uitmaak van die International Union of Physiological Sciences (IUPS) se mentorskapprogram vir fisioloë wat nog aan die begin van hul onderskeie loopbane staan.

Hierdie vlagskipprogram het ten doel om die volgende generasie jong wetenskaplikes in Afrika te ontwikkel deur middel van professionele leiding en loopbaanontwikkelingsgeleenthede.

Dr. Sishi sal gementor word deur Prof. Dee Silverthorn, 'n baanbreker fisiologie-opvoeder en voormalige president van die Amerikaanse Fisiologie-vereniging, terwyl Prof. Dr. Marian Joëls, emeritus professor in neurobiologie in die Fakulteit Mediese Wetenskappe aan die Universiteit Groningen, as Dr. Mentor se mentor sal optree. Prof. Joëls is ook die voormalige president van die Federasie van Europese Neurowetenskapsverenigings. Op Afrika-bodem sal beide Dr. Sishi en Dr. Mentor leiding ontvang van Prof. Lamis Kaddam van die Departement Fisiologie in die Fakulteit Geneeskunde aan die Al-Neelain Universiteit in Soedan.

Drs. Sishi en Mentor het albei onlangs teruggekeer van Ismailia, Egipte, waar hulle die International Congress of the African Association of Physiological Sciences bygewoon het. By hierdie kongres het Bali die prys ontvang vir die beste plakkaataanbieding getiteld: “Circulating micro-RNAs as predictive markers for Cardiotoxicity induced by Doxorubicin chemotherapy". Sy het ook die geleentheid gehad om een van haar mentors in persoon te ontmoet én boonop die nuwe hersiene uitgawe van Prof Silverthorn se internasionale topverkoper menslike fisiologie-handboek, Human Physiology: An integrated approach as geskenk ontvang.

Mentor se aanbieding, getiteld: “Exacerbating the neurovascular interface: Effects of HIV-1 viral proteins on blood-brain barrier integrity in vitro" is goed deur afgevaardigdes ontvang. “Boonop het die insigte wat ek verkry het my oë laat oopgaan én my gemotiveer," voeg sy by, “van die transformerende potensiaal van mikroRNS in die behandeling van siektes en weefselbeserings, tot die dringende behoefte aan meer navorsingsentrums en -fasiliteite van hierdie aard om betekenisvolle wetenskaplike vooruitgang te kan dryf".

Volgens Mentor, het die mentorskapprogram alreeds haar akademiese reis as vrou in die wetenskap gevorm. “My eerste vergadering het gesprekke oor die ontwikkeling van 'n omvattende bioskets, en my persoonlike en professionele doelwitte behels. Hierdie vergadering het waardevolle duidelikheid en strategiese rigting gebied en my in staat gestel om oor my navorsings- en akademiese loopbaan tot dusver te herbesin. Dit het 'n gestruktureerde benadering tot die beplanning en uitvoering van beide kort- en langtermyndoelwitte oor die volgende drie jaar versterk, wat volgehoue vordering in navorsing, professionele ontwikkeling, en akademiese bydraes sal verseker".

As jong wetenskaplike is Mentor ook deur Prof. David Fisher van die Universiteit van die Wes-Kaap gementor. Hierdie mentorskap het tot nasionale en internasionale erkenning gelei toe sy die gesogte Wyndham toekenning van die Fisiologie Vereniging van Suider-Afrika ontvang het. Dié toekenning het dit moontlik gemaak vir haar om in 2017 die 38ste IUPS kongres by te woon, waar sy die IUPS Reis-toekenning vir haar abstrak gewen het. Sy is ook 'n Fulbright-alumnus en is onlangs as lektor by die US aangestel: “Ek is gretig om by te dra tot nuwe navorsing, innoverende opleiding en akademiese mentorskap. Ek hoop om betekenisvolle samewerking te vestig en 'n aansienlike bydra tot my vakgebied ge maak."

In Maart vanjaar vier Dr. Sishi alreeds 13 jaar in die akademie: “Alhoewel ék die een is wat gementor word in hierdie program, het ekself reeds 'n hele paar studente in my omgewing gementor. Ek dink net om as Afrika-vrou in hierdie ruimte te wees, inspireer reeds die jonger generasie – as ek dit kan doen kan hulle ook".

Dr. Sishi sê sy was bevoorreg om senior Suid-Afrikaanse wetenskaplikes soos wyle Prof. Doug Rawlings en Prof. Jacques van Rooyen, asook Prof. Anna-Mart Engelbrecht, Prof. Ben Loos, Prof. Kathy Myburgh en Prof. Faadiel Essop as mentors te kon hê. Sy is ook aktief betrokke by professionele verenigings soos die Fisiologie Vereniging van Suid-Afrika, die African Association of Physiological Sciences, die Centre for Cardio-Metabolic Research in Africa , en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kardiovaskulêre Navorsing.

“Ek het gedien as sekretaris, penningmeester, en as lid van bestuurs- en uitvoerende komitees, wat almal instrumenteel in my professionele groei was. Hierdie rolle het waardevolle netwerk- en mentorskapgeleenthede gebied terwyl dit ook bygedra het tot die bevordering van die beroep in Afrika," voeg sy by.

Dr. Mentor beskou haarself as 'n goed gevestigde navorser en opvoeder wat aktief bydra tot die ontwikkeling van fisiologie in Afrika: “In die toekoms sal ek graag opkomende wetenskaplikes wil mentor, navorsingsbefondsing wil verseker, en ʼn rol speel in die ontwerp van nuwe kurrikula en toekomstige gesondheidsorg- en onderwysbeleide".

“Mentorskap gaan nie net oor leiding nie, dit gaan oor inspirasie, samewerking en nalatenskap. Programme soos hierdie vorm nie net loopbane nie; hulle vorm die toekoms van wetenskap self," sluit sy af.

Beide Sishi en Mentor het alreeds hul opsommings ingedien vir deelname aan die 40ste  kongres van die International Union of Physiological Sciences, wat later vanjaar in vennootskap met Europhysiology gehou sal word, en werk nou hard om die befondsing te bekom om dit in persoon te kan bywoon. Dit sal nog 'n waardevolle geleentheid bied om hul mentors in persoon te ontmoet en hulle internasionale netwerke uit te brei.

Op die foto's bo: Dr Bali Sishi (links) en Dr Shireen Mentor (regs).

Nuwe gesamentlike leerstoel in Berekeningsastronomie bekendgestel | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11046 | | Nuwe gesamentlike leerstoel in Berekeningsastronomie bekendgestel | Media: Faculty of Science |
'n Langdurige vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Groningen (UG) in die Nederlande, is verder versterk met die bekendstelling van 'n gesamentlike Navorsingsleerstoel in Berekeningsastronomie.

Hierdie navorsingsleerstoel word gelei deur academici van beide universiteite, by name: prof. Yin-Zhe Ma, 'n astrofisikus in die US se Departement Fisika, en prof. Léon Koopmans, wetenskapsdirekteur van die Kapteyn Navorsingsinstituut vir Sterrekunde by UG. 'n Unieke kenmerk van hierdie vennootskap is dat dit 'n gesamentlike PhD-graad in Astrofisika bied, met alreeds ag PhD-studente aan boord wie se studies ten volle befonds word. Dit beteken dat die studente gedeelde studieleiding van wetenskaplikes van albei instellings sal ontvang, met toegang tot fasiliteite en data wêreldwyd, terwyl hul by elke vennootinstelling tyd sal spandeer. Studente sal aan die vereistes van abei universiteite moet voldoen om hul grade te kan verwerf.

Prof. Deresh Ramjugernath, viserektor: leer en onderrig, en nuutaangewese rektor en visekanselier van die US, het in sy openingstoespraak by die bekendstelling op 20 Februarie 2025 gesê dat die gedeelde navorsingsleerstoel enorme potensiaal vir beide instellings inhou om die grense van wetenskap te skuif en voorpunt navorsing in die veld van berekeningsastronomie op te lewer.

“Beide instellings is daartoe verbind om 'n positiewe impak op die samelewing te maak deur die bevordering van wetenskap en tegnologie. Hierdie leerstoel sal 'n deurslaggewende rol in hierdie verband speel," voeg hy by.

Prof. Sibusiso Moyo, viserektor: navorsing, innovasie en nagraadse studies, sê die leerstoel is belyn met die US se navorsings- en innovasie-agenda wat fokus op die vestiging van navorsingsgroepe en -leerstoele, asook die bevordering van samewerking in inter- en transdissiplinêre spanne. Bogenoemde is almal kenmerke van navorsingsintensiewe universiteite.

“Berekeningswetenskap strek oor navorsingsgebiede in die Skool vir datawetenskap en rekenaardenke, fisika, wiskunde, ingenieurswese, astronomie, en die geesteswetenskappe. Ons glo die program sal meer studente lok en bydra tot navorsing met 'n hoë impak en relevansie," sê sy.

“Nog 'n unieke kenmerk van die leerstoel is dat dit ook vennootskappe met die ander viervoudige-heliks-medewerkers ondersoek, insluitend die industrie en wetenskapsrade, om saam te werk aan gesamentlike navorsingsprojekte en finansiële toekenningsaansoeke," het sy bygevoeg.

Volgens prof. Koopmans, is sterrekunde 'n belangrike dryfveer in die wetenskap wat strategiese vennootskappe en globale samewerking noodsaak. Die Kapteyn Instituut vir Sterrekunde maak byvoorbeeld deel uit van die Nederlandse Skool vir Sterrekunde (NOVA), wat tans as een van die top vyf belangrikste instellings ter wêreld vir sterrekunde beskou word. NOVA is 'n bondgenoot van die institute vir sterrekunde van die universiteite van Amsterdam, Groningen, Leiden, en Nijmegen.

Deur die gesamentlike leerstoel, sal UG-wetenskaplikes en -studente toegang hê tot Suid-Afrikaanse fasiliteite soos HERA (Hydrogen Epoch of Reionisation Array radioteleskoop) en die Suid-Afrikaanse MeerKAT-radioteleskoop. Op hulle beurt sal die US-wetenskaplikes en -studente toegang hê tot 'n verskeidenheid instrumente en die instituut se eie hoëprestasie rekenaarsentrum.

“Een van ons fokuspunte is om samewerkingsnetwerke te bou. Dit sluit van die belangrikste astronomie-instellings regoor die wêreld in, soos die Europese Ruimte-agentskap, die Europese Organisasie vir Astronomie-navorsing in die Suidelike Halfrond, die Isaac Newton Groep van Teleskope, die Nederlandse Instituut vir Radiosterrekunde, JIVE (die Joint Institute for VLBI ERIC), en SRON (die Nederlandse Instituut vir Ruitenavorsing)", het Koopmans gesê.

Op sy beurt verduidelik prof. Ma dat die leerstoel aan die US uniek geposisioneer is om radiodata, optiese data, en groot data vir berekeningsastronomie te kombineer: “Ons fokus daarop om fundamentele fisika met sterrekundige waarnemings te kombineer ten einde die fundamentele wette van die heelal te kan verstaan, en om die aard van donker materie en donker energie te ontrafel. Ons werk oor dissiplines en instellings heen om kundigheid in ingenieurswese, teoretiese fisika, en die berekeningswetenskappe bymekaar te bring om die heelal op ʼn dieper vlak te kan verstaan."

Prof. Ma se navorsingsgroep is ook betrokke by groot astronomie-inisiatiewe in Suid-Afrika, soos MeerKAT, die Square Kilometre Array (SKA), HERA, LSST (Vera C. Rubin Sterrewag), die FAST-teleskoop en CMB Fase-4, en gebruik data van die Atacama Kosmologie-teleskoop, die Suidpool-teleskoop, ESO se Kilo-Degree Survey (KiDS), en die Dark Energy Survey Instrument (DESI).

Prof. Burtram Fielding, dekaan van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe, het in sy slotrede gesê dat dit 'n merkwaardige hoeveelheid energie geverg het om die leerstoel in so ʼn kort tydperk tot stand te bring. Sedert 2023 het die vakgebied van astrofisika aan die US gegroei van een dosent en 'n MSc-student, tot drie dosente, twee MSc-studente, 11 PhD-studente en vier nadoktorale genote, met 24 navorsingsartikels wat in ewekniebeoordeelde vaktydskrifte gepubliseer is.

Die gesamentlike PhD-graad in astrofisika sal ook die Fakulteit Natuurwetenskappe se indrukwekkende rekord in aktiewe samewerking wat tot gesamentlike PhD-grade lei, verder versterk.

Ten slotte het prof. Moyo gesê dat die navorsingsleerstoel en sy nagraadse studente ondersteun word deur effektiewe bestuurs- en administratiewe prosesse by die US: “Ek wil professors Koopmans en Ma bedank vir die implementering van die leerstoel, asook vir Dorothy Stevens, direkteur van die nagraadse kantoor, Sarah Van der Westhuizen, direkteur van die sentrum vir globale betrokkenheid, en Sibusiso Lukhele, projekkoördineerder, vir al die ondersteuning ten einde te verseker dat ons ʼn omvattende vennootskap het, die leerstoel suksesvol kon bekendstel, én studente kon werf".