Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Natuurwetenskappe-nuus

Lang pad van BSc VKP-student tot PhD in Chemiehttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10291Lang pad van BSc VKP-student tot PhD in ChemieWiida Basson (Media: Faculty of Science)
Dit was waarskynlik sy oorlede ma se besonder geurige kaassous wat hom in chemie laat beland het!

“Ek wou altyd weet hoe sy dit maak, met watter bestanddele en in watter volgorde sy dit gebruik! Ek dink dit is waar my belangstelling in chemie vandaan kom," onthou Emile Maggott. Hierdie voormalige leerder van Bishop Lavis High School in Kaapstad sal by die Universiteit Stellenbosch se Desember-gradeplegtigheid 'n PhD in Chemie ontvang.

Sy pad tot hier was egter meer klipperig as die van baie ander.

Gedurende sy grootwordjare in 'n buurt wat meestal aan die buitewêreld bekend is vir werkloosheid, armoede en bendebedrywighede, moes hy 'n doelbewuste keuse maak om 'n positiewe ingesteldheid te behou – om te bly glo dat hy eendag  in staat sal wees om bo hierdie omstandighede uit te styg.

“My broer en ek het hierdie ingesteldheid by my ma geërf. Sy was 'n fabriekswerker en baie streng. En alhoewel my ma my nie met geld en ander luukshede kon bederf nie, is ek goed grootgemaak. Daar was baie liefde in ons huishouding en daar het altyd 'n bord kos in die oond op my gewag as ek van die lab af kom, al was dit soms in die middernagtelike ure,"  vertel hy.

Emile se studentepad het begin met die besef dat sy punte nie goed genoeg was om medies te studeer nie. “Alhoewel ek akademies sterk was in wiskunde en fisiese wetenskappe, het my ander vakke my gekniehalter. Ek het aan ingenieurswese gedink, maar toe het die akademiese koördineerder van die Fakulteit Natuurwetenskappe, Wilma Wagener, my oortuig om 'n BSc Verlengde kurrikulumprogram (VKP) in die Fakulteit Natuurwetenskappe te volg, " verduidelik hy.

“Agterna beskou, was dit een van die beste besluite wat ek kón neem," voeg hy by.

“Daar is 'n reusegaping tussen matriek en die eerste jaar op universiteit. Op skool is als met die lepel ingegee, maar reeds in my eerste week van klasloop op universiteit het ek besef dat dit 'n kwessie van swem of sink is. Ek moes baie vining leer hoe om dinge self uit te vind. Ek glo dat, alhoewel dit my een jaar langer geneem het om my BSc-graad te behaal, die VKP my 'n stewige fondament gegee het om my studies te bestuur en suksesvol te wees."

Hierdie geneigdheid om “dinge self uit te pluis" is voortgesit in sy benadering tot sy doktorale navorsing: “Ek word gemotiveer deur te gaan sit en regtig dinge uit te redeneer. Party mense spring eenvoudig net na die volgende onderwerp wanneer hulle sukkel – wat waarskynlik die maklike uitweg is. Ek sal veel eerder foute maak en daaruit leer as om moed op te gee."

Soms moet selfs iemand met 'n positiewe ingesteldheid egter op die harde manier leer, veral van 'n ouskool-studieleier soos Prof. Selwyn Mapolie van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Emile vertel van 'n voorval gedurende sy MSc-studies toe Prof. Mapolie hom baie streng na die laboratoriumbank teruggestuur het om dinge te gaan uitpluis – want dit is wat navorsers doen.

“Tydens een van ons vorderingsvergaderings het ek die fout gemaak om te sê: 'ek weet nie'.   Hy het geantwoord dat 'n navorser nooit nié kan weet wat hy doen nie. 'Jy moet jouself die heeltyd vra hoekom en dit dan gaan uitpluis', het hy gesê!"

'n Gevlekte en baie vuil laboratoriumjas is getuie van hierdie ingesteldheid. Die donkerblou vlekke kom byvoorbeeld van die heel eerste eksperiment wat 'n Schiff-basisreaksie behels het en tot gevolg gehad het dat die reaktante gespat het – as gevolg van  'n konsentrasie-effek.

Die lewe het hom met die COVID-19 pandemie nog 'n dwarsklap gegee. Oornag is nagraadse studente se toegang tot laboratoriums beperk en later streng gereguleer. Hy het dikwels deurnag gewerk, soms selfs 'n vinnige uiltjie tussenin geknip om al die vereiste eksperimente vir sy navorsing te kon uitvoer.  Hy kon geen tyd verspeel nie, aangesien sy navorsingsbefondsing slegs vir vier jaar beskikbaar was.

Maar die grootste terugslag het hom laat in 2022 op sy verjaarsdag getref toe sy ma, wyle mev Ursula Maggott, aan diabetesverwante komplikasies gesterf het. Hy moes toe ook leer om depressiewe episodes te hanteer, soms deur net laboratium toe te gaan en slegs een taak vir die dag af te handel, andere kere weer deur te oefen of gereeld met sy twee Duitste Herdershonde te gaan stap.

Gelukkig het hy ook in daardie tyd wél die naam van sy ma se geheime kaassousbestanddeel ontdek wat hare bo alle ander laat uitstaan het, asook hoe om die beste soetsuur lensiekerrie in die Wes-Kaap voor te berei.

Wat sy navorsing aanbetref, is hy in die proses om 'n tweede navorsingsartikel vir publikasie te finaliseer wat spruit uit sy doktorale proefskrif en het hy ook aansoek gedoen vir 'n Consolidoc-pos in die departement om nóg twee navorsingsartikels te finaliseer.

Met sy navorsing het Dr Maggott daarin geslaag om 'n reeks herwinbare katalisators (uit 'n potensiële groep van 35 kandidate) te identifiseer. Hierdie materiale is gebruik as katalisatorvoorlopers in oksidatiewe transformasie waarin die reaksie verfyn kan word deur biomassasubstrate (afvalmateriaal) in waardetoegevoegde produkte om te skakel. Die hoëwaarde oksigenate is veral nuttig in die farmaseutiese, parfuum-, geurmiddel-, kosmetiese en biobrandstofbedryf.

“Die navorsing is eerstens nuut omdat dit die eerste keer is dat hierdie tipe katalisatorstelsels in die voorgestelde toepassings gebruik word. Tweedens, tydens die sinteseproses   inkorporeer ons goedkoop metale wat volop beskikbaar is en wat uiteindelik bydra tot 'n groener samelewing. En derdens is die algehele proses verfyn, wat beteken dat ons die gewenste verbinding (die waardevoller produk) selektief kan produseer. Dit maak die proses in wese groener en meer volhoubaar aangesien dit die downstream skeidingsprosesse later in die proses, verminder," verduidelik hy.

Hy het al navorsingsaanbiedings by internasionale konferensies in Spanje, Italië en Duitsland aangebied en is gretig om weer sy vlerke te sprei: “Daar is nog baie dinge wat ek moet uitpluis!", sluit hy af.

Verslag oor Klimaatsverandering en Epidemies 2023 by COP28 bekendgestelhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10273Verslag oor Klimaatsverandering en Epidemies 2023 by COP28 bekendgestelCERI Media and Communication
Op Sondag (3 Desember 2023), op die gesondheidsdag by COP28, is 'n nuwe verslag oor klimaatsverandering en epidemies vrygestel deur die hoof van die WGO AFRO COP28-afvaardiging, die Ministerie van Gesondheid van Mosambiek en deur die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (CERI) aan die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika.

Lees die volledige mediavrystelling deur CERI hieronder.

Climate Change and Epidemics 2023 - COP28 Report​

On Sunday (3 DEcember 2023), on the health day at COP28, a new report on climate change and epidemics was released by the head of the WHO AFRO COP28 delegation, the Ministry of Health of Mozambique and by the Centre of Epidemic Response and Innovation (CERI) at Stellenbosch University in South Africa. ​

While countries in the Global South contribute less than 10 percent of greenhouse gas emissions, they are likely to suffer the largest health impacts from climate change. Not only are these countries more at risk of climate disasters and harm, but they also have less adaptive capacity and preparedness to respond to these threats, making them highly vulnerable (low preparedness vs climate risk).

According to the authors of the report, the response to climate change should be used as an opportunity to build capacity to protect and support health, especially in underserved and underrepresented communities. As responsible policymakers, it is imperative that we acknowledge this reality and take swift, decisive action to mitigate the impending public health crisis.

The report was compiled by members of the CLIMADE (Climate Amplified Diseases & Epidemics) consortium. CLIMADE brings together leading global scientists focused on bridging knowledge gaps, improving surveillance tools and expanding adequate interventions to decrease the impact of diseases and epidemics amplified by climate change.

The CLIMADE consortium is co-led by Prof Tulio de Oliveira from South Africa, who was at the forefront of the genomic surveillance activities during the Covid-19 pandemic in South Africa and led the discovery of the Omicron variant. 'As the Covid-19 pandemic recedes, we are investing our time and funds to fight other epidemics amplified by climate change. In the last six months, the CLIMADE consortium has responded with quick characterisation of multiple epidemics, including the explosive Cholera outbreaks in Africa and Haiti, Dengue, Chikungunya and Rift Valley and Yellow Fever viruses in multiple South American, South Asian and African countries,' comments De Oliveira. 'The CLIMADE consortium brings together many of the leading scientific and public health groups worldwide, capable of decisively and rapidly responding to new epidemics amplified by climate change'.

The exacerbation of infectious diseases due to climate hazards can be attributed to both direct and indirect factors. The three main factors include: 1) Gradual temperature rise: The slow but relentless increase in global temperatures creates a conducive environment for disease vectors such as mosquitoes, rodents, and ticks to proliferate; 2) Extreme events: Sudden and more frequent occurrences of extreme events, such as floods, further compound the problem and 3) Climate Migration: Changes in temperature and precipitation patterns can also impact food and water availability and impact livelihoods.

'Extreme temperatures, droughts, floods and cyclones cause death directly and indirectly through outbreaks of diseases such as cholera and dengue fever that are being witnessed in 16 and 7 African countries respectively. The CLIMADE consortium of global scientists is acting now by developing surveillance tools, knowledge and adequate interventions in order to address climate hazards,' says Nicksy Gumede-Moeletsi from the World Health Organization’s Regional Office for Africa.

The Climate Change and Epidemics 2023 report also identifies the main actions that can be taken to decrease epidemics. The report urges governments, academic institutions, scientists, public health officials, private sector industries and health organisations to collectively address the urgent and interconnected challenges of climate-amplified diseases and epidemics through their diverse expertise, and resources.

Download the report here: https://climade.health/wp-content/uploads/2023/11/CLIMADE_COP28Report.pdf​

Projek vestig wetenskapsjoernalistiek in die SADC streekhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10272Projek vestig wetenskapsjoernalistiek in die SADC streekMedia: Faculty of Science
(Afrikaanse vertaling volg binnekort)​

How did the media in the Southern African Development Community (SADC) region report on devastating natural disasters such as Cyclone Freddy or the Durban floods, and who are the role players that can help journalists to better inform the public?

This is just one of the topics that science journalists, science communicators, and experts will discuss during the second SADC Regional Science Journalism Programme that will take place on 4-5 December 2023 at the CSIR International Convention Centre (CSIR ICC) in Pretoria.

The SADC Regional SADC Science Journalism Programme is the legacy of the first Science Journalism Short Course for SADC and African journalists that was hosted by Stellenbosch University in December 2022, in partnership with the Department of Science and Technology, the United Nations Economic, Social and Cultural Organisation's Regional Office in Southern Africa (UNESCO-ROSA), the South African Agency for Science and Technology Advancement (NRF-SAASTA), and the South African Science Journalists' Association (SASJA).

Ms Anneline Morgan, senior programme officer at SADC, says the SADC Protocol on Science, Technology, and Innovation, adopted in 2008, has as overall objective to foster co-operation and promote the development, transfer, and mastery of science, technology, and innovation in the region. One of the objectives of this protocol is to “demystify science, technology, and innovation by promoting public understanding and awareness and meaningful participation in these disciplines".

In this regard, the media as watch dog have a critical role to play in terms of enabling, organizing, and structuring debate, and alerting the public to matters that might otherwise have been ignored.

Ms Mandi Smallhorne, president of the South African Science Journalism Association (SASJA), says African countries would benefit from a well-prepared, trained, and resourced cohort of journalists: “With well-equipped and confident journalists, the public is also empowered to make responsible decisions and comments regarding fake news and misinformation," she adds.

Other topics to be discussed at this year's sessions are sustainable journalism in the SADC region; an in-depth look at science and indigenous knowledge systems; writing about the fundamental sciences; and reporting on science in indigenous languages.

New partners supporting this year's programme include the Human Sciences Research Council (HSRC) and the Tshwane University of Technology (TUT). The programme is part of side-events in the run-up to the Science Forum South Africa that will take place from 6-8 December 2023. Click here for the programme.

In-person participation is by invitation only, but online participants are welcome to join any of the sessions at these links:

ADVANCING SCIENCE JOURNALISM AND SCIENCE COMMUNICATION CAPACITY IN THE SADC-REGION AND AFRICA

4 December: 9:00 – 16:00

https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_Mfzp7gjSRAey_A3NeqfeCw

5 December: 09:00 – 15:00

https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_AiJL_GunRASb7dELWagvAA

Graphic: "Drink Up" by C.F. Basson

Molekulêre bioloog nuwe dekaan van Natuurwetenskappe aan die UShttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10270Molekulêre bioloog nuwe dekaan van Natuurwetenskappe aan die USCorporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking

Prof Burtram C Fielding, 'n molekulêre bioloog en produktiewe navorser verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), is as die nuwe dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel.

Fielding, wat in die molekulêre biologie van siektes soos virusinfeksies en kanker spesialiseer, is tans die dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe en professor in molekulêre biologie in die Departement Mediese Biowetenskappe aan die UWK.

Hy het onder meer 'n PhD aan die UWK en 'n MPhil in Bestuursafrigting (cum laude) aan die Stellenbosch Bestuurskool verwerf.

Van die vorige poste wat hy beklee het, sluit Direkteur: Departement Navorsingsontwikkeling en professor in Virologie, Departement Mediese Biowetenskappe in, terwyl hy van September 2016 tot Maart 2017 as Viserektor: Navorsing en Innovasie (waarnemend) gedien het – almal by UWK. Fielding het van Maart 2003 tot Februarie 2006 as navorsingsgenoot by die toonaangewende Instituut vir Molekulêre en Selbiologie, Singapoer, gewerk.

Hy dien op verskeie institusionele en navorsingsverwante komitees by die instelling. Fielding spog met 'n robuuste publikasie- en aanbiedingsgeskiedenis en beklee verskeie vaktydskrifredaksie- en resensentposte, asook professionele direksie- en wetenskaplike komitee-aanstellings.

Hy tree as studieleier op vir PhD-, MSc- en BSc Hons-studente en het tot 'n groot aantal boekhoofstukke en eweknie-geëvalueerde publikasies bygedra. Hy het ook al verskeie beurse en wetenskaplike en akademiese toekennings ontvang.

As denkleier skryf hy gereeld vir die media en lewer hy kommentaar in die plaaslike en internasionale media, waarvan die mees onlangse werk oor die COVID-19-pandemie was.

“"My doelwit gaan wees om die fakulteit se aansien as spilpunt vir navorsingsuitnemendheid en -innovasie wat wêreldwyd erken word, te verbeter," sê Fielding. "Ek is daartoe verbind om deur strategiese beplanning en die bevordering van 'n verenigde visie die fakulteit se langtermyn-lewensvatbaarheid te bevorder en 'n organisasiekultuur te kweek wat waardes soos deernis, respek, billikheid, verantwoordbaarheid en uitnemendheid handhaaf."

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, sê sy sien uit na Fielding se bydrae. "Prof Fielding spog nie net met 'n stewige navorsings- en onderrig-agtergrond nie, maar ook met meer as twintig jaar se akademiese leierskap in hoër onderwys. Afgesien van 'n bewese rekord in onder meer fondsinsameling, internasionale wetenskaplike samewerking en suksesvolle transformasie- en sosiale-impak-inisiatiewe, beskik hy ook oor al die leierskapsvaardighede wat nodig is om die Fakulteit Natuurwetenskappe na die volgende vlak te neem, asook om die studente se ervarings te verbeter en interdissiplinêre navorsing met die twee Skole vir Klimaatstudie en Datawetenskap en Rekenaardenke te bevorder.

“Ek wil graag die Senior Aanstellingskomitee, onder voorsitterskap van die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, bedank vir hul werk om die suksesvolle voltooiing van die proses te verseker."

Sy voeg by dat die Universiteit ook baie dank aan prof Louise Warnich, uittredende dekaan wie se tweede en laaste termyn as dekaan in Januarie aanstaande jaar ten einde loop, verskuldig is. "Gedurende haar dekade as leier van die Fakulteit Natuurwetenskappe het sy 'n belangrike rol gespeel om die Fakulteit as 'n internasionale rolspeler te posisioneer. In hierdie proses het sy groot klem op die ondersteuning en ontwikkeling van die kosbaarste bates van die fakulteit – die personeel (akademies en PASD) en studente – gelê. Sy het saam met haar bestuurspan op verskeie vlakke 'n beduidende bydrae tot die ontwikkeling en ondersteuning van die volgende generasie Suid-Afrikaanse wetenskaplikes gelewer."

Woude kan meer koolstof opberg, maar fossielbrandstof-vrystellings moet verminderhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10266Woude kan meer koolstof opberg, maar fossielbrandstof-vrystellings moet verminderCorporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
'n Nuwe studie deur honderde wetenskaplikes regoor die wêreld, insluitende die Universiteit Stellenbosch (US), het bevind dat woude wêreldwyd die potensiaal het om ongeveer 226 gigaton koolstof (226 Gt C) op te berg. Dit is genoeg koolstof om 'n gebied so groot soos Suid-Afrika en Switserland saam te vul. Om hierdie potensiaal te bereik, sal egter die bewaring, herstel en volhoubare bestuur van die uitgestrekte natuurlike en uitgedunde woude wêreldwyd vereis om ons te help om internasionale klimaat- en biodiversiteitsteikens te bereik.

Die studie, getiteld “Integrated global assessment of the natural forest carbon potential", het onlangs in die vaktydskrif Nature verskyn. Dit maak deel uit van 'n gesamentlike poging van die Globale Woudbiodiversiteitinisiatief om die wêreld se woud-ekostelsels te tel en te karteer.

Die internasionale span navorsers, onder leiding van die Crowther Lab by ETH Zürich (Switserse Federale Instituut vir Tegnologie), het 'n geïntegreerde assessering met behulp van 'n omvattende reeks benaderings, insluitend 'n reusehoeveelheid data wat op die grond verkry is en satellietdatastelle, gebou. Hulle wou die uitwerking van menslike grondgebruikverandering op woudkoolstofvoorrade wêreldwyd ondersoek.

“Ons het gevind die totale opberging van woudkoolstof is tans 328 Gt C onder die volle potensiaal daarvan. Van hierdie potensiaal bestaan 102 Gt C in stedelike gebiede, saaigebiede en permanente weidingsgebiede waar aansienlike herstel hoogs onwaarskynlik is. Tog is daar 'n potensiaal van 226 Gt C in bestaande woude," sê een van die medeskrywers, prof Cang Hui, bekleër van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe by die US.

“Sowat 60% van hierdie potensiaal kan benut word deur bestaande uitgedunde woude te beskerm," voeg Hui by.

Volgens die wetenskaplikes beklemtoon dit die feit dat die voorkoming van ontbossing nie net tot die vermindering van koolstofvrystellings bydra nie, maar ook 'n groot koolstofsakkingpotensiaal het as ekostelsels toegelaat kan word om na wasdom terug te keer.

Hulle wys daarop dat mense tot dusver byna die helfte van die aarde se natuurlike woude verwyder het, en ons verloor steeds elke jaar 'n verdere 0,9-2,3 Gt C deur ontbossing, ongeveer 15% van die jaarlikse menslike koolstofvrystellings.

Die wetenskaplikes sê dit is noodsaaklik om die potensiaal vir koolstofopberging in natuurlike woude te verstaan ten einde die rol van hierdie woude in die bekamping van klimaatsverandering te begryp.

“'n Belangrike stap in die vermindering van ontbossing en die herlewing van ekostelsels is om 'n omvattende begrip te ontwikkel van die globale verspreiding van bestaande woudkoolstofvoorrade, asook die potensiaal vir koolstofherwinning indien uitgedunde ekostelsels toegelaat word om te herstel."

Hulle sê egter dit is belangrik om in gedagte te hou dat woude nie 'n plaasvervanger vir die vermindering van fossielbrandstofvrystellings kan wees nie.

Volgens die wetenskaplikes beklemtoon die kwesbaarheid van woude die dringendheid van die bewaring van bestaande ekostelsels sodat hulle hul koolstofpoelpotensiaal kan handhaaf, asook die dringende behoefte om die beloftes van geen ontbossing te handhaaf wat by die 26ste klimaatsveranderingskonferensie van die partye van die Verenigde Nasies (COP26) gemaak is, insluitend openbare en private sektorverbintenisse om die verlies aan woude so gou as 2025 te beëindig.

“Indien fossielbrandstofvrystellings aanhou styg, sal ekostelsels se kapasiteit om koolstof op te vang en te berg, deur klimaatsverandering-geïnduseerde faktore soos stygende temperatuur, droogte en brandrisiko's met CO2-bemesting bedreig word wat waarskynlik hierdie stelsel verder sal verander."

Die wetenskaplikes erken dat die beskerming en herstel van natuurlike woud-ekostelsels ingewikkelde sosiale, politieke en ekonomiese uitdagings is wat die ontwikkeling van grondbestuursbeleide en -praktyke vereis wat die regte en welstand van plaaslike gemeenskappe en inheemse mense prioritiseer en biodiversiteit in bestuurde stelsels bevorder.

“Ekostelsel-herstelinisiatiewe kan op die lange duur slegs volhoubaar wees indien gesonde biodiversiteit die voorkeurkeuse vir plaaslike inwoners is. Indien dit op 'n sosiaal- en ekologies- verantwoordelike manier gebou word, kan die bevordering van verskillend woude 'n aansienlike bydrae tot die bereiking van ons gekombineerde klimaat- en biodiversiteitsdoelwitte lewer."

Bron: Mo L, Zohner CM, Reich PB, et al. Integrated global assessment of the natural forest carbon potential, Nature (2023). DOI: 10.1038/s41586-023-06723-z. www.nature.com/articles/s41586-023-06723-z.

US alumni span seëvier in Cambridge Misinformation Hackathonhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10262US alumni span seëvier in Cambridge Misinformation HackathonWiida Basson (Media: Faculty of Science)
'n Webgebaseerde plugin (ingeboude toevoeging tot jou webblaaier) wat misleidende uitlatings oor syfers in aanlyn mediaberigte blootlê, het aan drie alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) die eerste plek besorg in die Cambridge Misinformation Hackathon by die Universiteit van Cambridge in die Verenigde Koninkryk.

Gregor Feierabend, Josephine Rey en Luca Powell, almal ingeskrewe Cambridge-studente vir die MPhil in Gevorderde Rekenaarwetenskap, is US-alumni in onderskeidelik wiskunde, rekenaarwetenskap, en elektriese ingenieurswese. Al drie is bevoorreg om volle beurshouers te wees: Gregor is 'n Gates Cambridge beurshouer, terwyl Josephine met 'n Patrick & Margaret Flanagan-beurs studeer, en Luca het 'n beurs van die Skye Stigting.

Volgens Gregor ken hul drie mekaar reeds sedert dag 1 as voorgraadse US-studente:  “Ons het alreeds aan verskeie kompetisies gesamentlik deelgeneem, wat ons waarskynlik so 'n goeie span maak. In ons eerste jaar was ek en Josie deel van die wenspan wat die 2019 Stellenbosch Hackathon gewen het. Ons al drie is ook gereelde deelnemers aan die Harvard Puzzle Day, 'n prettige kompetisie wat aanlyn aangebied word deur CS50 Rekenaarkursus by Harvard Universiteit".

“Elkeen van ons bring verskillende vaardighede en verskillende agtergronde na die span. Die Cambridge Misinformation Hackathon beklemtoon die belangrikheid van interdissiplinêre samewerking – nie slegs in rekenaarwetenskap nie, maar ook in die lettere en sosiale wetenskappe," voeg Gregor by.

Die Misinformation Hackathon word jaarliks deur studente in die Centre for Research in the Arts, Social Sciences, and Humanities (CRASSH) georganiseer.

Volgens die span is 'n aansienlike bron van waninligting opgesluit in die manier waarop daar oor syfers berig word op my amptelike media-afsetpunte: “Waarskynlikheidssbeginsels word dikwels deur die publiek misverstaan, wat deur die media misbruik of uitgebuit word," verduidelik hulle in hulle voorlegging vir die kompetisie.

Byvoorbeeld, in een verslag word die inname van spek gekoppel aan 'n 20% toename in risiko vir die ontwikkeling van pankreaskanker. Hierdie oënskynlik kommerwekkende toename weerspieël egter nie die werklike aanvanklike risiko om pankreaskanker te kry nie (1 uit 80 mense): “'n 20% toename in die oorspronklike koers vertaal dus na 6 uit 400 mense, in plaas van 5 uit 400 mense wat pankreaskanker kry, wat minder erg is," vervolg hulle.

Die span het 'n webgebaseerde plugin voorgestel wat misleidende syfergebaseerde aansprake wat in aanlynartikels gemaak word, kan identifiseer, en dit aan die leser rapporteer. Wanneer 'n leser se pyltjieloper oor hierdie inligting hang, verduidelik 'n oorlaagblokkie hoekom die aansprake misleidend kan wees en verander dit na 'n maklik verstaanbare formaat. Byvoorbeeld:

Relatiewe aansprake word in 'n gestandaardiseerde formaat omgesit bv: “5 uit elke 1000" word “0.5%";

Relatiewe veranderinge word as potensieel misleidend gemerk en die gebruiker word aangemoedig om verdere navorsing te doen ten einde die korrekte konteks te kry waarin die aanspraak gemaak word, bv. “50% minder motorongelukke" kan beteken 'n afname van 2 tot 1, of van 200 tot 100 insidente.

Rangvolgordes van absolute hoeveelhede word as potensieel misleidend gemerk en die leser word aangemoedig om dit te vergelyk met relatiewe rangordes, soos bv.: “meer mense sterf as gevolg van motorongelukke as van haai-aanvalle" kan misleidend wees omdat dit nie die relatiewe risiko van besering noem nie".

Volgens Gregor bestaan die MPhil in Gevorderde Rekenaarwetenskap by Cambridge uit vakonderrig, sowel as navorsingswerk en word 'n wye verskeidenehdie vakke gedek.

​Josephine het haar BSc-graad in Rekenaarwetenskap aan die US voltooi, gevolg deur 'n HonsBSc in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit Kaapstad. By Cambridge doen sy navorsing om Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie in onderwys in Afrika te ondersteun. Luca het sy BIng-graad in elektriese ingenieurswese aan die US verwerf. Vir sy navorsingsprojek by Cambridge is hy besig met die implementering van gefedereerde leer in satellietopstellings. Gregor, wat 'n BSc in Wiskunde aan die US verwerf het, doen navorsing oor die wiskundige grondslae van rekenaarwetenskap om wiskundige modelle te ontwikkel wat ons in staat stel om sagteware reg te bewys. ​

Op die foto, van links na regs: Gregor Feierabend, Luca Powell, en Josephine Rey. Foto verskaf

Uitnemende US-wetenskaplike onder wêreld se mees aangehaalde navorsershttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10259Uitnemende US-wetenskaplike onder wêreld se mees aangehaalde navorsersCorporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
​Een van die Universiteit Stellenbosch (US) se voortreflikste wetenskaplikes, prof Dave Richardson van die Departement Plant- en Dierkunde, is een van slegs tien mense van Suid-Afrikaanse instellings wat die Clarivate-wêreldlys van hoogs aangehaalde navorsers vir 2023 gehaal het. Die lys is onlangs bekend gemaak.

Richardson, 'n uitgelese professor en voormalige direkteur van die DWI-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) aan die US, is een van die wêreld se mees aangehaalde navorsers in die kruisveldkategorie – individue wat beduidende navorsingsinvloed oor vakgebiede heen getoon het. Richardson verskyn reeds sedert 2014 op die lys van hoogs aangehaalde navorsers – in die ekologie-/omgewingskategorie van 2014–2021 en die kruisveldkategorie van 2022–2023.

Die lys, waarvoor daar altyd groot afwagting heers, identifiseer wetenskaplikes en sosiale wetenskaplikes wat die afgelope dekade verskeie referate gelewer het wat in die top 1% volgens aanhalings vir hulle vakgebied en jaar van publikasie op die “Web of Science" was – iets wat op aansienlike navorsingsinvloed onder hul eweknieë dui. Vanjaar se lys bevat 7 125 hoogs aangehaalde navorsers uit 67 lande en streke in 20 vakgebiede in die wetenskappe en sosiale wetenskappe, asook oor vakgebiede heen.

Richardson sê hy voel gevlei om op die lys te verskyn.

“Om op die lys te wees, is 'n aanduiding dat jou werk wyd aangehaal word en dus hopelik invloedryk op jou gebied is. Om in die kruisveldkategorie te verskyn, toon dat 'n mens se werk tradisionele vakgebiede deurkruis. My werk oor die ekologie en bestuur van biologiese indringing het toenemend van my eie spesialisveld (ekologie) afgedwaal om insigte, konsepte en instrumente uit ander vakgebiede, soos ekonomie, rekenaarwetenskap, geskiedenis, filosofie en sosiologie, te leen.

“My navorsingsloopbaan het baie by geleenthede gebaat wat geskep is deur deel te wees van die SIB. Die Sentrums van Uitnemendheid-model baan die weg vir produktiewe nasionale en internasionale samewerking. Die meeste van my navorsing het uit hierdie soort samewerking voorgespruit waarby talle kollegas van regoor die wêreld en 'n wonderlike nakomelingskap van studente en postdoktorale genote betrokke was."

Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die US, het in reaksie op Richardson se jongste prestasie gesê die Fakulteit is geweldig trots op sy deurlopende en merkwaardige bydraes en prestasies in nasionale én internasionale kontekste wat die vakgebiede van ekologie en omgewingsbestuur aansienlik aanvul en op sy bydrae om die gewaardeerde reputasie van uitnemende navorsing binne die Fakulteit en Universiteit te handhaaf.

“Afgesien van prof Richardson se indrukwekkende bydraes tot die bevordering van akademiese kennis in die wetenskap, het hy ook baie tyd en moeite daaraan gewy om praktiese riglyne te formuleer om die verbeterde bestuur van indringerspesies te versterk."

Clarivate™ identifiseer elke jaar die klein gedeelte van wêreldwye navorsingswetenskaplikes en sosiale wetenskaplikes wat 'n beduidende en wye invloed op hulle navorsingsgebied(e) getoon het. Hierdie uitgesoekte groep dra buite verhouding by tot die uitbreiding van die grense van kennis en die verkryging van innovasies vir die samelewing wat die wêreld gesonder, meer volhoubaar en veiliger maak.

Prof Jonathan Barichivich werk saam met DBHW om die lot van bedreigde Clanwilliam seders te verstaanhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10239Prof Jonathan Barichivich werk saam met DBHW om die lot van bedreigde Clanwilliam seders te verstaanProf Dave Drew
​Gedurende Oktober en vroeg in November was Prof Dave Drew en Anton Kunneke verheug om Prof Jonathan Barichivich, navorsingsprofessor (Directeur de Recherche) in die Centre National de la Recherche Scientifique (CNRS) in Parys, Frankryk, te ontvang. Jonathan sal saam met Dave en Anton werk om beter te verstaan hoe die langlewende Clanwilliam-seder (Widdringtonia wallichii) oor verskeie eeue gereageer het op veranderende omgewingstoestande in sy natuurlike habitat in die Cederberg-bergreeks. Hierdie ikoniese boom word toenemend bedreig deur habitatverlies, gereëlde brande en klimaatsverandering, en is in groot gevaar.

Tydens sy besoek kon hulle 'n baie vrugbare verkenningsbesoek doen aan verskeie terreine waar klein, maar waardevolle populasies van hierdie bome gevind word, om die volgende stappe van hul samewerkende navorsingsprojek te beplan. Ons sien daarna uit om nou saam met Jonathan en sy kollegas te werk om langtermyn klimaatvariasie in die streek beter te verstaan, maar ook om 'n duideliker prentjie te kry van hoe hierdie kwesbare spesie bestuur kan word sodat dit hopelik nie verdwyn in komende dekades nie.

US en Sea Change Project snoer kragte saam om mariene biodiversiteit in Suid-Afrikaanse seewierwoude te dokumenteer http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10237US en Sea Change Project snoer kragte saam om mariene biodiversiteit in Suid-Afrikaanse seewierwoude te dokumenteer Tatjana Baleta
Mariene navorsers verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) werk saam met Sea Change Project, 'n organisasie sonder winsbejag wat in Kaapstad gesetel is om die biodiversiteit van die Groot Afrika-seewoud na te vors. Die onlangse ondertekening van 'n Memorandum van Verstandhouding het 'n twee jaar lange werksverhouding geformaliseer wat verskeie studentenavorsingsprojekte ondersteun wat fokus op die bestudering van seewierwoudekosisteme in Suid-Afrika.

Seewierwoude bedek ongeveer 1000 km van die Suid-Afrikaanse kuslyn. Alhoewel hierdie uitgestrekte, unieke mariene ekosisteem hoogs biodivers is, het navorsing oor die biodiversiteit en ekologie in hierdie ruimte sedert die 1970s afgeneem. Ten spyte daarvan dat hierdie woude erkenning kry vir hul intrinsieke sosio-ekologiese waarde, bestaan daar steeds groot kennisgapings oor die biodiversiteit wat daarin opgesluit lê.  Aangesien alle mariene ekosisteme deur klimaatsverandering bedreig word en onder antropogeniese druk gebuk gaan, is dit van kardinale belang om te verstaan watter spesies waar leef, asook hulle onderlinge interaksie met mekaar.

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch werk saam met Sea Change om hierdie kennisgapings oor Suid-Afrikaanse seewierwoude te vul deur nie net hul biodiversiteit op te teken nie, maar ook die prosesse te ondersoek wat daartoe gelei het dat seewierwoude sulke biodiversiteitsruimtes geword het.

Studente wat hierdie navorsing onderneem staan onder die gesamentlike studieleiding van Dr Nasreen Peer, mariene bioloog en dosent aan die US se Departement Plant- en Dierkunde, Prof Sophie von der Heyden, 'n mariene molekulêre ekoloog aan die US se Departement Plant- en Dierkunde, en Skool vir Klimaatstudie, en Dr Jannes Landschoff, mariene bioloog by Sea Change en navorsingsgenoot by die US se Departement Plant- en Dierkunde.

Landschoff lei Sea Change se 1001 Seaforest Species-projek wat daarop gemik i​s om die  kenmerkende spesies wat in Suid-Afrika se seewierwoude woon (en deur die organisasie die 'Groot Afrika-seewoud' gedoop is),  te dokumenteer. Die 1001-projek wat deur die Save Our Seas Foundation gefinansier word, balanseer wetenskaplike navorsing en storievertelling.

“Saam met Sea Change se medestigter en filmmaker, Craig Foster, duik ek in die Groot Afrika-seewoud ten einde 1001 stories oor die unieke spesies wat hier woon te ontdek en te deel," sê Landschoff. “Ons kombineer mariene biologiese navorsing met die kuns van onderwaternasporing en storievertelkuns (soos gesien in die Oscar-bekroonde film My Octopus Teacher) om 'n hernude waardering vir die wonder en broosheid van hierdie spesiale ekosisteem te inspireer."

Die Universiteit Stellenbosch werk saam met Sea Change aan twee projekte: 'n taksonomiese ondersoek na die biodiversiteit wat teenwoordig is in die seewiervashouplekke, gelei deur Dr Peer, en 'n verdere ondersoek oor grootskaalse patrone van seewiergeassosieerde biodiversiteit deur gebruik te maak van DNS-gebaseerde molekulêre gereedskap onder die leiding van Prof Von der Heyden.

Die seewier se vashouplekke is wortelagtige strukture wat die seewier deeglik aan die rotse anker, en hul help om onstuimige toestande soos die winterstorms wat die Kaap van tyd tot tyd tref, te deurstaan. Peer en Landschoff het lank gewonder of die netwerk van stewige vashouplekke 'n skuilplek vir diere bied, en het studenteprojekte bedink om die ongewerwelde biodiversiteit van seewiervashouplekke te bestudeer.

HonneursBSc-studente Chaitanya Katharoyan (2022) en Jean-Pierre Joubert (2023) se werk oor vashouplekke het getoon dat hierdie mikrohabitatte wemel van lewe. Landschoff sê selfs hy was geskok oor die groot aantal én diversiteit van die spesies wat hulle teëgekom het. In slegs een vashouplek het hul op meer as 50 verskillende spesies klein skaaldiere afgekom – dan is die verskeidenheid sponse, wurms en ander diere wat ook hierdie vashouplekke hul tuiste gemaak het nie eers ingereken nie.

"Alhoewel ons van die begin af 'n groot getal spesies verwag het, laat elke vashoumonster ons twee jaar later steeds verwonderd oor die nuwe en wonderlike dinge waarop ons afkom," sê Dr Peer. “Dit is 'n bewys van die lewe en kleur wat dikwels versteek is of klein in grootte is, maar ons planeet aan die gang hou. Sonder hierdie stewige vennootskap sou ons vashouprojek 'n uiters oorweldigende en byna onmoontlike taak gewees het."

Gegewe die omvang van die bevindings, sal 'n nuwe groep studente hierdie werk in 2024 voortsit. Die vashouprojek word ondersteun deur 'n Fundamentele Biodiversiteitsinligtingsprogram-toekenning deur die Nasionale Navorsingstigting  van Suid-Afrika.

Ter aanvulling van die taksonomiese vashouprojek, het Prof von der Heyden se studente DNS-gebaseerde instrumente gebruik om genetiese leidrade te verskaf oor spesies wat in die seewierwoud voorkom. Organismes laat natuurlik DNS agter in hul omgewing; hierdie 'vrye DNS' word omgewings-DNS genoem (in Engels bekend as eDNA). Deur die opeenvolging van die eDNA wat uit 'n enkele monster seewater gefilter is, kan die span hele mariene gemeenskappe identifiseer uit die genetiese handtekeninge wat hulle agterlaat.

“Die metastrepieskodering van omgewings-DNS bied 'n kragtige instrument vir die opsporing van mariene biodiversiteit, wat strek van eensellige spesies tot haaie," verduidelik Prof Von der Heyden. “Met herhaalde monsterneming kan ons 'n hele inventaris van seelewe uit slegs 'n paar liter seewater bou, sonder om die ekosisteem enigsins te versteur."

HonneursBSc-student Emma Rossouw (2022) het die eDNA wat teenwoordig was in monsters van seewater van 'n enkele seewierterrein in Valsbaai, ontleed en meer as 900 verskillende spesies gevind wat byna 100 verskillende taksonomiese families verteenwoordig. Huidige MSc-student Kira Courtaillac, sit hierdie werk voort wat ondersteun word deur 'n NNS-toekenning aan Prof Von der Heyden.

Die groep beplan om hulle vennootskap verder uit te brei na molekulêre ekologiestudies deur 'n biblioteek vir genetiese strepieskodes van ongewerwelde seewierwoudspesies te bou. Deur dit moontlik te maak om DNS-monsters wat herwin word te pas by volgordebepalings van bekende organismes in die verwysingsbiblioteek, sal hierdie biblioteek die deur oopmaak vir verdere molekulêre studies in die ekosisteem.

“Om te weet watter spesies waar en wanneer leef, is van kardinale belang vir die ontwerp van bewaringsaksies. En dít maak die DNS-metastrepieskodering 'n belangrike hulpmiddel  in ons bewaringsgereedskapskis," sê Prof Von der Heyden.

Die Departement Plant- en Dierkunde sal ook volgende jaar 'n nuwe module in mariene biologie aanbied. Hierdie ontwikkeling sal voorgraadse studente 'n geleentheid bied om oor Suid-Afrikaanse mariene stelsels, insluitend seewierwoude te leer. Hierdie module sal op derdejaarsvlak aangebied word.

“Om saam met die 1001 Seaforest Species-projek te werk, is 'n unieke geleentheid om diverse vaardighede byeen te bring wat ons vermoë versterk om saam die biodiversiteit van seewierwoude na te vors, en boonop ons bevindings te kommunikeer en bewustheid te skep van die belangrikheid van die Groot Afrika-seewoud vir die mensdom," sê Prof Von der Heyden.

“Hierdie samewerking het ons by Sea Change en vir  1001 Seaforest Species beïnvloed en geïnspireer. Om die passie en motivering te sien wat die US-studente na hulle projekte bring, was 'n besonderse belewenis," sê Landschoff. “Ek is vol vertroue dat dit die begin is van 'n goedbelynde, wedersyds voordelige navorsingprogram wat werklik 'n verskil sal maak aan ons begrip van Suid-Afrika se seewierwoude."

Op die foto's bo:

Foto 1: Die Groot Afrika Seewoud is 'n unieke grootskaalse mariene-ekosisteem wat ongeveer  1000 kilometer van die Suid-Afrikaanse kuslyn bedek. Foto: Jannes Landschoff

Foto 2: Die vashouplekke van die Bamboes seewier Ecklonia maxima verskaf blyplek vir 'n groot verskeidenheid van skaaldiertjies wat net wag om bestudeer te word. Foto: Jannes Landschoff

Foto 3: 'n Nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch, Chaitanya Katharoyan, is besig om die groot aantal skaaldiere wat hulle as 'n steekproef vanuit die vashouplek van 'n seewier versamel het, te bestudeer. Saam met haar is haar studieleier, Dr Nasreen Peer, en 'n student van die 1001 Seaforest Species projek, Zara Prew. Foto: Jannes Landschoff

Foto 4: 'n Nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch, Kira Courtaillac, snorkel in die vlak waters van Valsbaai terwyl sy eDNA-monsters versamel. Foto: Jannes Landschoff

Media onderhoude

Prof. Sophie von der Heyden

Landlyn: 021 808 9321

E-pos: svdh@sun.ac.za

Dr Nasreen Peer

Landlyn:  021 808 2086

E-pos: npeer@sun.ac.za

Dr Jannes Landschoff

​E-pos: jannes@seachangeproject.com

US-navorsers presteer by eerste African Biotrade Festivalhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10225US-navorsers presteer by eerste African Biotrade FestivalFaculty of Science (media & communication)
​Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) het hul stempel afgedruk by die onlangse  eerste African Biotrade Festival wat in Johannesburg plaasgevind het. Dr Rhoda Malgas en Kyle le Roux was twee van die drie aanbieders wat elk 'n ten volle betaalde reis gewen het na enige akademiese konferensie van hul keuse, enige plek ter wêreld.

Die US-verteenwoordigers was onder ses nagraadse navorsers van regoor die land wat gekies is om hul navorsingsbevindings in hierdie veld te deel.

Die African Biotrade Festival was 'n unieke geleentheid vir navorsers om 'n diverse groep belanghebbendes wat strek oor die waardekettings van inheemse spesies soos kremetart, maroela, kougoed, boegoe en heuningbos, toe te spreek. Dit is in samewerking met die  Organic and Natural Products Expo Africa 2023 by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg gehou, en aangebied deur die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing, en die Departement van Handel en Nywerheid.

Malgas se aanbieding, getiteld: “Why the only economy for rooibos and honeybush is green", is gegrond op haar onlangse PhD-navorsing wat fokus op volhoubaarheid  in die rooibos- en heuningbossektore. Sy het haar PhD-graad in 2022 verwerf en is tans 'n lektor in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie in die Fakulteit AgriWetenskappe.

Met haar PhD-navorsing onder leiding van Prof. Karen Esler en wyle Prof. Shayne Jacobs, belig Malgas se werk ekologiese meganismes wat die potensiaal het om die langtermyn- lewensvatbaarheid van die rooibos- en heuningbossektore, saam met ander fynbosgebaseerde industrieë te verseker.

Malgas sit haar navorsing oor volhoubaarheid in fynbos en ander biogebaseerde sektore voort, met die fokus op sosio-ekologiese stelsels en hoe mense met hul natuurlike omgewings omgaan.

Le Roux, 'n MSc-student in die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuurwetenskappe, bestudeer die potensieel voordelige effekte van heuningbos-ekstrakte in die behandeling van oksidatiewe stresverwante siektes soos diabetes. In sy navorsing bestudeer hy spesifiek die effek van hierdie ekstrakte op die funksionering van mitokondria, aangesien hulle die meeste van die chemiese energie genereer wat benodig word om die biochemiese reaksies in selle teweeg te bring.

Met ander woorde, as jou mitokondria gesond is en optimaal funksioneer, is jou liggaam in staat om 'n gesonde balans te handhaaf tussen die oksidante en antioksidante wat tydens hierdie proses gegenereer word. Wanneer die balans egter versteur word, word die liggaam se antioksidantverdediging oorweldig en word die mitokondria disfunksioneel, wat manifesteer in siektes soos tipe 1-diabetes.

Le Roux het in sy aanbieding daarop gewys dat hoewel konvensionele medisyne doeltreffend is in die verlaging van bloedsuikervlakke, dit dikwels nie die skade aan die antioksidantbeskermers van die selle, of die skade wat aangerig is vóór die aanvang van behandeling, kan omkeer nie.

Deur die terapeutiese voedingswaarde van 'n medisinale plant soos heuningbos wetenskaplik vas te stel, kan dit dan 'n bekostigbare behandelingsopsie bied aan diegene wat nie toegang tot konvensionele mediese behandeling het nie.

“Hierdie tipe navorsing is belangrik vir die bedryf. Nie net sal die heuningbos 'n nuwe mark bykry met die ekstrak se medisinale gebruik nie, maar die oes en verbouing van heuningbos sal dalk ook moet verander om eerder die inhoud in plaas van sy smaakprofiel te verbeter, " sluit hy af. Le Roux se studieleier is Dr Naeem Sheik Abdul, navorsingsgroepleier in die Departement Biochemie aan die US.