L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9706 | | L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing | Wiida Fourie-Basson (media: Fakulteit Natuurwetenskappe) |
'n PhD-student in Chemie aan die Universiteit Stellenbosch, Jessica Thibaud, is een van ses Suid-Afrikaanse vrouewetenskaplikes wat 'n finansiële toekenning van die L'Oréal stigting genaamd L'Oreal en UNESCO (die Verenigde Nasies se organisasie vir opvoeding, wetenskap en kultuur) ontvang het.

Die L'Oréal-UNESCO For Women in Science international programme verskaf ondersteuning aan vrouewetenskaplikes in alle fases van hul wetenskapsloopbane. Volgens 'n amptelike mediavrystelling, verteenwoordig vroue slegs 33.3% van navorsers wêreldwyd en hul werk kry selde die erkenning wat dit werklik verdien.

Jessica se navorsing fokus op die identifisering van nuwe chemiese verbinding wat die lewensiklus van die malariaparasiet Plasmodium falciparum kan ontwrig nadat dit die menslike gasheer ingedring het. Dit is egter makliker gese as gedaan om hierdie verbindings te identifiseer, aangesien dit reg oor die wereld in duisende tot miljoene in databanke gestoor word.

In 2020 was malaria, 'n muskietoordraagbare parasitiese siekte, verantwoordelik vir ongeveer 627 000 sterftes wêreldwyd, waarvan 96% in Afrika voorgekom het. Boonop toon die parasiet ook 'n verhoogde weerstandigheid teen die huidige konvensionele malariamedikasie.

Jessica se navorsing is slegs een aspek van 'n groter navorsingsdomein rakende die ontwerp en ontwikkeling van malaria teenmiddels in die Medisinale Chemie navorsingsgroep leiding van Dr Katherine de Villiers. Hierdie navorsingsgroep het dit onlangs bemagtig om 'n tweedimensionele kaart van 'n teenplasmodium chemiese ruimte te ontwikkel. Dit was gedoen deur van 'n eenvoudige hoofkomponent analise-algoritme gebruik te maak wat verbindings wat bekende antimalaria-aktiwiteit toon, visueel saam op 'n kaart groepeer. Vir haar MSc-navorsing onder die studieleiding van Dr de Villiers, het Jessica die gebruik van hierdie kaart met onlangs verworwe vaardighede in masjienleer gekombineer om 'n substel van 6 000 verbindings te identifiseer wat die potensiaal toon om 'n spesifieke ensiem in die parasiet se lewensiklus te teiken.

Sedert die aanvang van haar PhD, het Jessica deur die H3D Foundation aan die Universiteit Kaapstad en Ersilia verdere opleiding in masjienleer en kunsmatige intelligensie ontvang om ten einde die proses te versnel waarteen nuwe geneesmiddels vir die malaria kwaal ontdek kan word. Hierdie berekeningsmetodes het haar gehelp om die soektog verder af te sper tot 'n potensiële 30 teenmiddel-verbindings. Sy is nou in die proses om hierdie verbindings in die laboratorium te toets ten einde die een of twee mees belowende verbindings vir verdere ontwikkleing te vind.

“Buiten hul antimalaria-aktiwiteit , moet hierdie verbindings ook belangrike medisinale eienskappe, soos oplosbaarheid, selektiwiteit asook varieerbare sterkte toon voor hulle vir verdere ontwikkeling oorweeg kan word," verduidelik sy.

Sy beplan om die L'Oreal-toekenning te gebruik om 'n kragtiger rekenaar vir laboratoriumgebruik te aan te skaf, en om later vanjaar 'n internasionele kongres oor Bioanorganiese Chemie by te woon. As deel van die toekenning het sy ook 'n week lange opleidingsprogram in die Ivoorkus bygewoon wat vir die L'Oreal-UNESCO-wenners uit Afrika aangebied is.

“Kunsmatige-intelligensie-inspuiting” vir US-navorsing oor lang-Covid | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9695 | | “Kunsmatige-intelligensie-inspuiting” vir US-navorsing oor lang-Covid | Faculty of Science (Wiida Fourie-Basson) |
Navorsing by die Universiteit Stellenbosch (US) oor lang-Covid, het 'n “kunsmatige- Intelligensie-inspuiting" ter waarde van meer as R11.75 million (€600 000) oor die volgende drie jaar, via die Erasmus.AI search engine ontvang.

Die Erasmus.AI engine, met US-alumnus Daniel Erasmus aan die stuur, is 'n ontsettende kragtige soekenjin wat groot korpusse ongestruktureerde teks op webskaal kan analiseer. In die praktyk word meer as 250 000 000 URL'e per dag verwerk en uit vyftien verskillende tale vertaal, wat alle ooptoegang navorsingsartikels en abstrakte wat op PubMed gepubliseer word, insluit.

“As jy in ag neem dat byna 5 000 mediese artikels daagliks gepubliseer word, besef jy dat 'n mediese spesialis of navorser onmoontlik op hoogte van sake kan bly. Ons is hier om 'n oorsig te gee, samewerking te verbeter, of in kort − die argitektuur van ontdekking te verander," verduidelik Erasmus tydens 'n onlangse besoek aan die US.

Die doel van die besoek was om 'n navorsingsooreenkoms met prof Resia Pretorius, fisioloog en hoof van die Department Fisiologiese Wetenskappe, te sluit. Sy staan tans aan die voorpunt van navorsingspogings wêreldwyd om die rol van blywende mikrobloedklonte te verstaan wat in die bloedmonsters voorkom van individue wat aan lang-Covid ly. Tans word daar gedink dat hierdie onoplosbare mikroklonte bloedvloei in kapillêre vate inhibeer of selfs tydelik blokkeer, en gevolglik suurstofoordrag na weefsel inperk. Die gebrek aan suurstof in verskeie dele van die liggaam kan verantwoordelik wees vir baie van die simptome van lang-Covid.

Wat egter meer raaiselagtig is, is dat die mikroklonte teenliggame bevat, asook 'n aansienlike aantal groot molekules wat bekend is daarvoor dat hul die liggaam se vermoë om bloedklontvorming te reguleer, aansienlik verminder. In 'n artikel wat in Oktober 2022 in die vaktydskrif Cardiovascular Diabetology gepubliseer is, skryf Pretorius en mede-outeurs dat hierdie teenliggame moontlik 'n rol kan speel in die immuunrespons wat volg op akute Covid-19, óf dat dit die dryfveer kan wees agter die ontwikkeling van outo-immuniteit in sommige individue met lang-Covid. Daar is egter min tot geen data beskikbaar oor hierdie teenliggame nie.

Pretorius en haar navorsingspan het sedertdien navorsingsdatabasisse gefynkam vir leidrade om die rol en funksie van sommige van hierdie teenliggame beter te probeer verstaan.

Nou, met toegang tot die Erasmus.AI search engine en -platform, kan hulle die superberekeningskrag van KI inspan om die soektog vír hulle te doen, en boonop dit wat reeds beskikbaar is, visueel voorstel deur middel van 'n gebruikersvriendelike koppelvlak.

Pretorius is ook nuuskierig om meer te wete te kom oor ensieme soos serrapeptase en nattokinase se vermoë om bloedklonte af te breek: “Tans het ons net anekdotiese bewyse van individue wat gerapporteer het dat hul simptome verbeter het ná behandeling met hierdie ensieme, verduidelik sy. Maar miskien is daar iets daaroor in die literatuur wat ons misgekyk het.

Volgens Erasmus, kan KI navorsers voorsien van kliniese, laboratoium- en anekdotiese verslae van miljarde bronne daar buite: “KI kan 'n oorsig verskaf wat voorheen nie bestaan het nie. Dit is soos 'n “super Google“ vir professionele mense. KI bring die insig wat met 'n grootskaalse oorsig geassosieer word. En wanneer dit met toevallige nuwe ontdekkings gekombineer word, lei dit dikwels tot nuwe insig en begrip," verduidelik hy.

Hy voeg by dat hierdie kombinasie van menslike en kunsmatige intelligensie presies bied wat nodig is om die gesondheidskrisis wat wêreldwyd deur lang-COVID veroorsaak is, te hanteer. Maar hy waarsku: Die impak van lang-Covid gaan die pandemiefase verdwerg. Ons moet lang-Covid as 'n saak van dringendheid hanteer.

Erasmus wat sy graad in ingenieurswese aan die US verwerf het, woon tans in Amsterdam in die Nederlande.

Op die foto bo, van links na regs, Prof. Louise Warnich, Daniel Erasmus, en Prof. Resia Pretorius. Foto: Ignus Dreyer

Houtwetenskapstudente ondersteun die STEM@Maties-program | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9672 | | Houtwetenskapstudente ondersteun die STEM@Maties-program | Prof Martina Meincken |
Die STEM@Maties-program is gemik op voorheen benadeelde hoërskole, om leerders vertroud te maak met eksperimentele tegnieke en moontlike projek idees. Sowat tien skole uit die Stellenbosch / Wynland-streek het deelgeneem.

Karl Kutzer en Keenan Nefdt van die Departement Bos- en Houtwetenskap het verskeie analitiese tegnieke aangebied wat gebruik word om die akoestiese eienskappe van hout te karakteriseer en verduidelik hoe eienskappe, soos digtheid, of voginhoud klank beïnvloed.

Resultate van onlangse MSc-studie verskaf ontwerpwaardes vir SA denne KLH | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9664 | | Resultate van onlangse MSc-studie verskaf ontwerpwaardes vir SA denne KLH | Prof Brand Wessels |
Mnr MJ Jacobs (middel) het sy MSc-tesis met die titel: 'Uit-vlak sterkte en styfheidvoorspelling van SA denne-kruisgelamineerde hout' suksesvol verdedig. Die belangrikste gevolgtrekking was dat die skuif-analogie metode die beste voorspellings vir sterkte en styfheid van SA denne-kruisgelamineerde hout (KLH) gegee het. 'n Tabel van ongefaktoriseerde weerstand vir drie- en vyflaagoplegte wat Suid-Afrikaanse sterkteklasse gebruik, is vervaardig en strukturele ingenieurs in Suid-Afrika kan daardie tabel gebruik vir die ontwerp van KLH-geboue van SA denne. Sedert hy sy proefskrif ingedien het, het MJ by XLAM Suid-Afrika gewerk en is hy nou aangestel as Direkteur by Holzbau CPT waar hy verantwoordelik was vir die oprigting van 'n nuwe plaaslike glulamfabriek. MJ is hier saam met mnr. Michael Kloos (links), 'n strukturele ingenieur wat gereeld KLH-geboue ontwerp, en sy studieleier prof. Brand Wessels (regs). Die toekoms vir kruisgelamineerde hout lyk blink en ons wens MJ sterkte toe met sy loopbaan!

Wanneer klimaatsverandering jou dwing om die enigste (en duurste) opsie te kies | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9657 | | Wanneer klimaatsverandering jou dwing om die enigste (en duurste) opsie te kies | Wiida Fourie-Basson (Faculty of Science) |
Ons pogings om geleidelik by klimaatsverandering aan te pas, kan ons dalk by 'n kantelpunt bring met slegs een keuse: om óf dinge op 'n totaal ander manier aan te pak, óf niks.

Hierdie sogenaamde kantelpunte in aanpassing, gaan egter baie kapitaal- sowel as tegnologie-intensief wees, waarsku prof Guy Midgley, tussentydse direkteur van die Skool vir Klimaatstudies (SKS) by die Universiteit Stellenbosch. Hy is die hoofouteur van 'n onlangse artikel, “Potential tipping points for climate change adaptation costs", wat gepubliseer is in die vaktydskrif Climate and Development. Die ander outeurs is prof Arthur Chapman, ook van die SKS, en Julio Araujo van SouthSouthNorth, 'n organisasie sonder winsbejag wat in die veld van klimaatsveranderingveerkragtigheid in Afrika werk.

Volgens prof Midgley is die literatuur geneig om te fokus op laerisiko aanpassingsresponse, meestal as gevolg van hoë vlakke van onsekerheid oor die impak van kimaatsverandering.

Afrika se aanpassingskapasiteit word egter alrééds as beperk beskou. In die Interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) se laaste verslag oor Afrika, is die oorskreiding van aanpassingsperke een van die kritiese risiko's wat Afrikalande in die gesig staar.

In die navorsingsartikel word drie fases van menslike aanpassings by 'n veranderende klimaat geïdentifiseer. Eerstens, in die “hanteringsaanpassingsfase", is die respons goedkoop, grootliks reaktief, en behels laekosteveredeling van bestaande tegnologieë.

Sodra hierdie hanteringsmeganismes nie meer effektief is nie, is daar 'n oorgang na meer doelbewuste pogings om alternatiewe tegnologieë of praktyke te vind, wat gepaardgaan met 'n toename in koste. Die wesenlike eienskappe van die sektor word egter steeds behou.

Die derde fase "steun sterk op tegnologie en/of is kapitaalintensief" en word gekenmerk deur nuwe bestuurstegnieke -praktyke wat die wesenlike karakter van die betrokke sektor transformeer, en gaan dikwels selfs gepaard met 'n verdere skerp styging in koste.

Wat beteken dit vir voedselproduksie en 'n natuurgebaseerde bestaan in Afrika?

Volgens die outeurs lê een van Afrika se belangrikste kwesbaarhede in die sensitiwitieit van landbouproduksie vir droogte en hittestres, en die verband tussen oesmislukkings en natuurgebaseerde bestaan.

Dit beteken dat baie gemeenskappe op inheemse kennissisteme en plaaslike kennis steun om by die impak van klimaatsverandering aan te pas, wat kenmerkend is van die laekoste aanpassingsresponsfase. In die geval van Rwanda, byvoorbeeld, is teeproduksie tans beperk tot hoogtes van tussen 1600 en 2100 meter bo seevlak, as gevolg van sy sensititiwiteit vir hittestres.

Verwarming van 1 graad Celsius sal hierdie gepaste hoogteband ongeveer 160 meter hoër verskuif. Teeproduksie word ook geraak deur reënvalwisselvalligheid – minder reën het 'n kleiner oes tot gevolg. Deur op hulle intieme kennis van die gebied en sy plantegroei staat te maak, kan plaaslike boere steeds aanpas deur op hierdie tekens staat te maak.

Aangesien toekomstige verwarming en groter reënvalveranderlikheid vir daardie streek voorspel word, gaan die aanpassingsresponse duurder word: soos om bome te plant wat skadu gee en teeplantasies fisies hoër op teen die helling te verskuif, of om skadunette en misting in te span. Wanneer bogenoemde maatreëls nie meer werk nie, betree ons die derde en baie duurder fase, soos die die aanplantingsgebied wat fisies verskuif word.

In hierdie fase verloor die plaaslike boerekennis sy doeltreffendheid.

Namate die inheemse kennissisteme begin misluk, sal dit volgens die outeurs selfs duurder tegnologiese oplossings verg om die probleem op te los: “Indien dít die geval is," skryf hulle, “staar Afrika-lande 'n aansienlike verlies aan waarde in die gesig, wat nie tans in ekonomiese terme oorweeg word nie – die verlies aan generasies se swaar verworwe inheemse plaaslike kennis".

Versterking van beleidmaking en beplanning in Afrika

Prof Midgley sê hulle hoop dat hulle identifisering van hierdie kantelpunte in aanpassingsbelegging, beleidmakers en beplanners sal help om beter begrip te hê van wat voorlê, en ook sal help om hulle standpunt te versterk tydens onderhandelinge oor die globale versagtingsdoelwitte.

“'n Fokus op die identifisering van aanpassingskostekantelpunte sal die onmiddellike waarde van navorsing oor klimaatsimpakte en aanpassings vir beleidmakers en beplanners verhoog, veral in ontwikkelende landstreke soos Afrika," sluit hulle af.

Kontak science@sun.ac.za vir medianavrae.

Photo: Rwandan tea plantations around Nyungwe national park. Photo credit: Ben Ayobi wikicommons - https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Foggy-sunrise-rwanda.ngsversion.1474048474112.adapt.1900.1.jpg

Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023! | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9644 | | Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023! | Prof Bruce Talbot |
Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023!

Nuwe studie onthul diversiteit van Suid-Afrika se ekologies belangrike langtongvlieë | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9628 | | Nuwe studie onthul diversiteit van Suid-Afrika se ekologies belangrike langtongvlieë | Wiida Fourie-Basson (Faculty of Science) |
'n Uitvoerige studie oor meer as 50 langtongvliegspesies wat endemies tot Suid-Afrika is, het getoon dat spesies wat aan die wetenskap bekend is, maar slegs ongeveer die helfte van die diversiteit van hierdie ekologies belangrike bestuiwergroep verteenwoordig.

Suid-Afrika se langtongvlieë (Nemestrinidae) is uniek, te danke aan hulle uitsonderlike lang monddele. Die bekendste hiervan is Moegistorhynchus longirostris met 'n tong wat tot 'n merkwaardige 90 tot 100 mm in lengte kan strek. Met 'n lyflengte van 15 mm, is die tong meer as vyf maal die lengte van die lyf self. Hierdie langtongvlieë is die enigste bestuiwers van vele langbuisblomme soos die krities bedreigde Hesperantha oligantha, bedreigde spesies soos Disa scullyi en die berglelie (Nerine humillis), asook verskeie Pelargonium-, Plectranthus-, Gladiolu-s, Watsonia- en Lapeirousia-spesies.

Dog, ten spyte van hul charisma, het hierdie familie nog min aandag op die taksonomiefront gekry. Die laaste hersiening van bekende Suider-Afrikaanse nemistrinid-spesies (ongeveer 44) is meer as 90 jaar gelede gedoen.

In 'n onlangse artikel wat in die vaktydskrif Invertebrate Systematics gepubliseer is, raam Dr Genevieve Theron en kollegas dat meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse spesies in die Nemestrinidae-familie tans nog onbeskryf is. Hierdie werk maak deel uit van haar doktorale navorsing by die Sentrum vir Funksionele Biologie by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), met insette van wetenskaplikes by Stellenbosch Universiteit en Rhodes Universiteit.

Populasie-ekoloë maak gebruik van merk-hervangtegnieke om die populasiegroottes van diere soos renosters te bepaal. Hierdie proses berus op die beginsel dat jy 'n bekende getal gemerkte diere in 'n populasie het. En wanneer die ratio van gemerkte diere tot ongemerkte diere vergelyk word wat tydens opnames geobserveer is, is dit dan moontlik om die totale populasiegrootte te skat. Dr Theron het 'n soortgelyke tegniek gebruik om die diversiteit van langtongvlieë te skat.

Die navorsingspan het 136 eksemplare ingesamel in hulle bekende verspreidingsgebied in Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Dr Theron het toe DNS-volgordebepalingstegnieke en morfologiese analise ingespan om aan te toon dat daar minstens 58 afsonderlike spesies is, waarvan slegs 29 tans beskryf is. Die oorblywende 29 kon nie geïdentifiseer word nie en verteenteenwoordig daarom waarskynlik spesies wat nog nie voorheen beskryf is nie, wat daarop dui dat die werklike vliegdiversiteit dubbel die grootte is van wat tans beskryf is.

“Ons raam dat die totale nemestrinid-diversiteit in suider-Afrika dalk uiteindelik kan staan op meer as 80 spesies," verduidelik sy.

Volgens Prof Timo van der Niet, medeprofessor by die Sentrum vir Funksionele Biodiversiteit in UKZN en senior outeur van die artikel, daag die artikel die algemene persepsie onder die publiek uit dat die meeste spesies reeds aan die wetenskap bekend is.

“Hierdie studie toon dat selfs in 'n land soos Suid-Afrika wat 'n sterk tradisie van natuurgeskiedenis het, die meeste van die ongewerweldes se diversiteit waarskynlik nog nie beskryf nie. Indien dit die geval is by 'n charismatiese groep soos die langtongvlieë, is dit selfs meer waarskynlik die geval by kleiner insekte," waarsku sy.

Prof Bruce Anderson, 'n evolusiebioloog in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch (US) en mede-outeur, sê studies soos hierdie een lewer 'n betekenisvolle bydrae tot die verbeterde skattings van globale insekdiversiteit en is belangrik om plaaslike ekologie en bewaring beter te verstaan.

“Ons het altyd gedink dat daar ongeveer 150 plantspesies is wat geheel en al afhanklik is van ongeveer nege langtongvliegspesies vir bestuiwing. Sou hierdie vlieë verdwyn, sou vele rare en bedreigde Suid-Afrikaanse plantspesies waarskynlik uitsterf," verduidelik hy.

Maar hierdie studie dui daarop dat die ekologies belangrike langtongvliegspesies miskien meer as nege afsonderlike taksa kan verteenwoordig. Verder is baie van die onbeskryfde vliegspesies waarskynlik op hulle eie betrokke by ingewikkelde plantinteraksies, wat hulle belangrikheid verder vergroot – heelwat groter as wat tans aanvaar word, voeg hy by.

Dr Theron se taak vir die volgende drie jaar, as 'n nadoktorale genoot by die KwaZulu-Natal Museum, sal wees om daardie 29 onbekende spesies te identifiseer en te beskryf (en vele ander wat in versamelings reg oor die wêreld aangehou word).

Die navorsers hoop dat die bevindings van die studie 'n waardevolle basis sal verskaf vir toekomstige bewaringstrategieë vir hierdie belangrike bestuiwergroep.

Die artikel getiteld: “We don't know half of it: morphological and molecular evidence reveal dramatic underestimation of diversity in a key pollinator group (Nemestrinidae)" is op 5 Januarie 2023 in die vaktydksrif Invertebrate Systematics gepubliseer.

Op die fotos bo, 'n Langtonggvlieg moet sy tong ten volle in die nektarbuis van die blom insteek ten einde 'n klein druppeltjie nektar uit die basis van die buis te bekom. In hierdie proses plaas die langbuisiris, Lapeirousia anceps óf stuifmeel op die vlieg se kop, óf is dit die ontvanger van die stuifmeel wat rééds op sy kop is (links) en by die bedreigde Nerine humillis (regs). Foto's: Bruce Anderson en Ethan Newman

Media-navrae

Dr Genevieve Theron

E-pos: genevieveltheron@gmail.com

Sel: +27 82 591 0515

Prof Timo van der Niet

E-pos: vdniet@gmail.com

Sel: +27 728191439

Prof Bruce Anderson

E-pos: banderso.bruce@gmail.com

Sel: +27 72 113 6948

Die Departement Bos- en Houtwetenskap het drie PhD-studente in Desember 2022 gegradueer. | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9626 | | Die Departement Bos- en Houtwetenskap het drie PhD-studente in Desember 2022 gegradueer. | Prof Martina Meincken |
Sadiq Mohammed, Charles Mulenga en Russel Morkel (nie op die foto nie) het hul PhD-studies suksesvol voltooi, ten spyte van die onderbreking wat deur Covid-19 veroorsaak is en het in Desember 2022 gegradueer. Sadiq Mohammed het die moontlikheid ondersoek om saamgestelde houtplastiek-komponente van indringerbome en herwonne plastiek as boumateriaal in die huise van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) te gebruik. Charles Mulenga het die uitwerking wat mynbou besoedeling op die groeikenmerke van inheemse bome in die Kopergordel-gebied het, ontleed. Russel Morkel het die vogverlies van houtstompe tydens spoorvervoer vanaf die plantasie na die meule bepaal. Welgedaan – ons is trots op julle!

Portraits from the Pandemic – “Ons doen almal ons beste” | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9547 | | Portraits from the Pandemic – “Ons doen almal ons beste” | Wiida Fourie-Basson, Faculty of Science |
Hierdie boek stel jou bekend aan 'n verskeidenheid karakters - van ouwêreldse dieresiele wat tee van regoor die wêreld versamel, tot 'n uitgebrande prokureur en 'n skrywer wat haar sprankel verloor het. Vir diegene van ons wat te kampe het met intense angs en emosionele uitbranding na die pandemie, herinner die sonderlinge dierekarakters van waterverf in Portraits from the Pandemic ons daaraan “dat ons almal saamgebind word in ons gebrokenheid".

Portraits from the Pandemic is geskryf en geïllustreer deur Karin-Therese Howell, 'n medeprofessor in Wiskunde in die Departement Wiskundige Wetenskappe by die Universiteit Stellenbosch.

Hierdie ma van twee het 40 unieke bosbewonerkarakters geskep én geverf, wat elk oor hulle onderskeie wedervaringe tydens die pandemie briewe aan die plaaslike boskoerant, The Daily Oak geskryf het. Dit was háár manier om die stres en angs van die “onbekendhede" van die pandemie en streng inperking te hanteer.

Hierdie bosbewonerkarakters sluit onder andere in: 'n toegewyde graad 2-onderwyseres, 'n empatiese argitek, 'n wiskundige wat aan bedrieërsindroom ly en haar vaardighede betwyfel, 'n bakkery-eienaar, 'n onlangs geskeide, 'n getroude paartjie wat berading soek, 'n depressiewe joernalis en 'n gestresde student in wiskunde wat van koffie en Red Bull leef.

Maar alhoewel dit alles besonder neerslagtig mag klink, lê die mooi van die karakters in hoe hulle as sensitiewe siele uitgebeeld word wat elkeen op hulle eie spesiale manier met hulle intense uitbranding en angs omgaan. Jeff die joernalis het byvoorbeeld geleer om sy depressie te hanteer “deur onderstebo na die wêreld te kyk met al sy sintuie ingespan terwyl hy diep asemhaal". Christopher, die uitgebrande prokureur het sy high-flying beroep opgegee en werk nou in 'n troeteldierwinkel en woon op 'n kleinhoewe saam met sy vier troetelmuise.

'n Paar van die karakters het ook te doen met neurodiversiteitsuitdagings. Lisa, die klein uiltjie het byvoorbeeld ouditiewe prosesseringsversteuring. Maar omdat sy eers as tiener gediagnoseer is, het sy baie van die lirieke van die A-Ha-liedjies verkeerd gememoriseer. Maar dit ontstel Lisa nie, want sy is van mening dat baie van hulle veel mooier is soos wat sy hulle gestoor het. Vir Lisa is klank 'n kleur, en stilte 'n reënboog, lees die verhaal.

Fundamenteel tot elke skets lê 'n diepe empatie en die oortuiging dat “geen haas agtergelaat, uitgesluit, of net geakkommodeer moet word nie". Dis waarom die karakters Daisy, Lilly en Rosy die laaste sê in die boek het. Hulle is drie mammas wat 'n veldtog begin het vir die insluiting van neurodiverse kinders by skole.

Met hierdie klein boekie wil Karin-Therese ook bewustheid skep van 'n neuro-ontwikkelingstoestand wat nie goed verstaan word nie en meestal ongediagnoseer bly, alhoewel dit tot 7% van skoolgaande kinders in die Verenigde State affekteer.

Volgens Dr Eileen Africa van die Afdeling Bewegingswetenskap en Oefeningsterapie by die US, toon kinders met ontwikkelingskoördinasieversteuring (development coordination disorder, DCD) dikwels swak postuurbeheer, laer spiertonus, stadiger bewegings, vertraagde aksie- en reaksietyd en swakker koördinasie. Maar alhoewel die agterstand in die grootmotoriese vaardighede tipies met DCD geassosieer word en duidelik sigbaar is, word hierdie probleme dikwels misverstaan as luiheid of gedragsprobleme.

“Hulle word dikwels geëtiketteer as lomp, met swak koördinasie en word dikwels deur hulle portuurgroep gespot of geboelie. Hulle sukkel met aktiwiteite van die daaglikse lewe soos selfsorg, om aan te trek, te eet, fiets te ry en baie ander vaardighede wat andersins natuurlik kom vir 'n neurotipiese kind van dieselfde ouderdom," verduidelik sy.

Hierdie toestand kan tot in volwassenheid voortduur en daarom is vroeë herkenning, diagnose en ingryping van kardinale belang.

Portraits from the Pandemic is in twee formate beskikbaar en sal beskikbaar wees in die boek- en geskenkwinkels, of kan direk by die skrywer bestel word.

“Ek hoop lesers sal iets van hulleself in hierdie sketse herken," skryf sy: “Ons is almal effens gebroke maar doen ons beste."

Vir meer inligting oor ontwikkelingskoördinasieversteuring, https://canchild.ca/en/diagnoses/developmental-coordination-disorder

Kapasiteitsbou vir die monitering van plaagdoderbesoedeling in Wes-Kaapse riviere | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9549 | | Kapasiteitsbou vir die monitering van plaagdoderbesoedeling in Wes-Kaapse riviere | Wiida Fourie-Basson, Faculty of Science (media) |
Geo-omgewingswetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US) werk saam met die Swiss Federal Institute of Aquatic Research (Eawag) in Switserland om plaaslik kapasiteit te ontwikkel ten einde plaagdoderbesoedeling van water te kan monitor.

Dr. Reynold Chow, 'n hidrogeoloog in die Departement Aardwetenskappe by die US, sê Suid-Afrika is die grootste gebruiker van plaagdoders in Afrika suid van die Sahara. Maar as gevolg van die kundigheid wat benodig word vir, en koste verbonde aan hierdie tipe monitoring, beskik die meeste van die ontwikkelende lande oor beperkte data oor die stand van plaagdoderbesoedeling.

Om hierdie gaping te help oorbrug, het Eawag 'n stel chemiese standaarde aan die Massaspektrometrielaboratorium in die US se Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF) geskenk. Hierdie chemiese standaarde wat baie duur is, word gebruik om die chemiese analitiese metodes te ontwikkel om hierdie skadelike verbindings in omgewingsmonsters op te spoor en te kwantifiseer.

Dr. Chow sê ons moet net so bekommerd wees oor plaagdoderbesoedeling in die omgewing as wat ons is oor die reste daarvan wat op uitvoerprodukte voorkom: “Terwyl daar streng regulasies is oor die vlak van plaagdoderreste op uitvoerprodukte, is daar geen regulasies in Suid-Afrika om die vlak van plaagdoderbesoedeling in die omgewing te beperk, veral in water nie. Dit is nie net 'n omgewingsprobleem nie, maar ook vir landelike gemeenskappe in Suid-Afrika wat staatmaak op grondwater as drinkwater.

“Met ander woorde: óns moet met die gevolge van plaagdoderbesoedeling in ons plaaslike ekosisteme saamleef, terwyl lande wat Suid-Afrikaanse varsprodukte invoer, nié hoef nie. Dit beteken dat hulle letterlik die omgewingsimpak van plaagdoderbesoedeling na Suid-Afrikaners eksternaliseer," waarsku hy.

In 'n onlangse studie het dr. Chow saam met wetenskaplikes van Eawag, die Swiss Tropical and Public Health Institute, die Universiteit van Basel, en die Sentrum vir Omgewings- en Beroepsgesondheidnavorsing by die Universiteit van Kaapstad gewerk. Hulle het die vlak van plaagdoderbesoedeling van water in drie landbou-intensiewe rivieropvangsgebiede in die Wes-Kaap gemonitor: naamlik Grabouw, die Hexriviervallei, en Piketberg. Hierdie gebiede is bekend vir hulle koring-, sagtevrugte-, wyn- en sitrusproduksie.

Oor 'n proefnemingstydperk van meer as 'n jaar waartydens hulle vir 101 plaagdoders getoets het, het die oppervlakwater van al drie opvangsgebiede positief getoets vir minstens drie plaagdoders, terwyl die meerderheid watermonsters (83%) vyf of meer plaagdoders bevat het. Hierdie ontledings is by Eawag gedoen.

Daar heers kommer oor twee van die drie opvangsgebiede naamlik die Hexriviervallei en Piketberg, weens die voorkoms van hoë konsentrasies van sekere plaagdoders oor lang tydperke. Die analise van monsters van die Hexriviervallei het vir 22 weke lank die teenwoordigheid van terbutielasien en imidaklopried getoon, terwyl terbutielasien en metsulfuron-metiel vier weke lank in die Piketberg-opvangsgebied voorgekom het.

Terbutielasien is 'n onkruiddoder vir die beheer van 'n breë spektrum van eenjarige onkruide in appelboorde, wingerde en sitrusboorde. Metsulfuron-metiel is 'n onkruiddoder wat breëblaaronkruid en sommige eenjarige grasse doodmaak. Imidaklopried is 'n insekdoder wat nikotien wat natuurlik in baie plante voorkom, naboots en giftig is vir insekte. Dit word sedert 2013 in die Europese Unie verbied en bestempel as 'n plaagdoder wat kommer wek , aangesien dit wêreldwyd in heuning gevind is en as insekdoder moontlik vir die afname in heuningbypopulasies verantwoordelik is.

Dr. Chow sê die mening is tans dat die plaagdoders wat in die riviere gevind word, nie met landboubespuitings verband hou nie (in die geval van terbutielasien en imidaklopried): “Dit is moontlik dat dit van ander bronne buite die landbou soos bosbou of stedelike gebiede afkomstig is, of hierdie plaagdoders lek in die grondwater in waar dit geleidelik en reg deur die jaar na die riviere vervoer word.

Ten einde die potensiële omgewingsrisiko's en menslike gesondheidrisiko's beter te begryp, stel hulle deurlopende en volgehoue moniteringsprogramme vir plaagdoderbesoedeling in landbou-intensiewe opvangsgebiede voor. Dit moet gepaardgaan met 'n rekordhoudingstelsel van boere se plaagdodergebruik. “Slegs dan sal ons in staat wees om konteksspesifieke risikodrempels en volhoubare landboupraktyke te ontwikkel waarby die omgewing, sowel as die ekonomie sal baat," sluit hy af.

Die studie getiteld “Seasonal drivers and risks of aquatic pesticide pollution in drought and post-drought conditions in three Mediterranean watersheds", is onlangs in die vaktydskrif Science of the Total Environment gepubliseer. Dit is aanlyn beskikbaar by: https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S004896972206884X

Op die foto bo: MSc-student Emma Davies is tans besig met 'n internskap by Eawag waar sy opgelei word in die metodologie van plaagdoderanalise. Hier is sy in die laboratorium saam met haar medestudieleier, dr Christian Stamm.