Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat is Hortologie?

Hortologie is die wetenskap, tegnologie en besigheid van intensiewe plantkweking vir menslike gebruik – van 'n tuin tot die aktiwiteite van 'n multinasionale korporasie.  Dit is baie uiteenlopend ten opsigte van aktiwiteite en behels plante vir voedsel en nie-voedseloeste.  Weens die toenemende bewustheid van die enorme uitdagings om in die toekoms die wêreld se al groter wordende bevolking te voed, is die begrippe "plaas tot die vurk" en "plaas vir die toekoms" uiters belangrik.  Albei konsepte plaas die klem op die volhoubare gebruik van ons natuurlike hulpbronne om 'n smaaklike en voedsame produk teen die laagste moontlike koste en met die minste vermorsing te lewer.

Die Department Hortologie

Met die ontstaan van die Departement Hortologie in 1918 was onderrig en navorsing hoofsaaklik toegespits op produksiemetodes van geskikte sagtevrugtekultivars vir die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, wat toe in sy kinderskoene was.  Van die begin af is interaksie met en steun vir die bedryf beklemtoon en dit bly tot vandag 'n hoeksteen van die Departement se aktiwiteite, veral omdat dit in die hart van RSA se hortologiebedryf gesetel is.  Die Departement is baie trots op die feit dat hy betrokke was by die opleiding van byna al die hortoloë wie se kundigheid en kennis die grondslag was van die verskillende aspekte van die bedryf – vrugte (appels, pere, steenvrugte soos pruime en perskes, sitrusprodukte, sowel as olywe, granate, vye, neute en bessies) en snyblomme.  Hy is daarop toegespits om tegnologieë vir die verbetering van voor- en na-oesvrugte  en die gehalte van snyblomgehalte te ontwikkel, toets en bevorder; die bekendstelling en oordrag van die ontwikkelde tegnologieë aan kwekers en ander hortologiemaatskappye vir kommersiële implementering en voorsiening van bekwame mannekrag aan die hortologiebedryf  deur gegradueerdes uit aangewese groepe sowel as vyf tot agt nagraadse studente jaarliks te lewer​


Programinligting

Voorgraadse programme​

Nagraadse programme​​​


Kontakbesonder​hede

Departement Hortologie

Fakulteit AgriWetenskappe

Universiteit Stellenbosch

Lombardi gebou

H/v Victoria en Neethlingstr.

Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika

Tel +27 21 808 4900                    Fax +27 21 808 2121

E-mail: hortsci@sun.ac.za​