Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse Programme in Hortologie

​​​​

BScAgric (met Hortologie as hoofvak) ​

Om 'n graad in Hortologiese wetenskappe te bekom sal jy die Gewasproduksie fokus van die BScAgric (Plant en Grondwetenskappe) program volg, soos saamgestel deur twee hoofvakke, naamlik Hortologie gekombineerd met een van die volgende:  Entomologie, Plant patologie, Genetika of Landbou Ekonomie.  Om Hortologie met Grondkunde as 'n tweede hoofvak te kombineer sal jy die Grond-en Water bestuur fokus volg. 

 

Toelatingvereistes:​

Skooleindkwalifikasies
    • Vir toelating tot die Universiteit benodig jy:
      • ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board) soos gesertifiseer deur Umalusi, met toelating tot baccalaureusgraadstudie (wat vereis dat jy ʼn punt van minstens 4 (50-59%) in elk van vier aangewese universiteitstoelatingsvakke moet verwerf); of
      • ʼn Universiteitsvrystellingsertifikaat wat deur die Suid-Afrikaanse Matrikulasie­raad aan studente met ander skoolkwalifikasies uitgereik word

Minimum toelatingvereistes vir die Departement se graadprogramme

    • ʼn Gemiddelde prestasie van 60% in die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit), of ander skoolkwalifikasie;
    • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) – 4 (50%);
    • Wiskunde – 5 (60%); en
    • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) – 4 (50%).

Agriwetenskappe jaarboek met voorgraadse program en module inligting

Vir meer inligting raadpleeg die Voornemende studente bladsy op die Agriwetenskappe weblad: Voornemende studente