Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse studies in Hortologiese wetenskap

​​​​​​HonsBSc in Toegepaste Plantfisiologie

Die voorgestelde program stel hom ten doel om studente met ‘n toepaslike driejarige Baccalaureusgraad in die Natuurwetenskappe van ʼn nasionale of internasionale instansie, wat belangstel in nagraadse studies in Hortologie, te akkommodeer. Studente met ʼn toepaslike Baccalaureusgraad met Botanie of Biochemie of Plantbiotegnologie waarin ʼn gemiddelde prestasie van 60% behaal is, sal in aanmerking kom vir toelating. Die Honneursprogram in Toegepaste Plantfisiologie is dus ontwerp om die student se kennis en vaardigheidsvlakke in die vakdissipline van Hortologiese Wetenskappe te versterk, maar met spesifieke klem op plantfisiologiese, biochemiese en molekulêre meganismes, relevant tot produksie- en gehaltesisteme binne Hortologie. Studente sal ook toegerus word in navorsingsmetodiek, terwyl skryf- en aanbiedingsvaardighede ontwikkel sal word. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om aansoek te doen vir voortgesette nagraadse studies wat in Hortologie (MScAgric) aangebied word.

As deel van die HonsBSc word van die student verwag om verskeie voorgeskrewe modules suksesvol te  voltooi.  Sien Jaarblad

 

MScAg​​ric (Hortologiese wetenskap)

Hierdie program bestaan uit ‘n twee-jaar navorsingsgebaseerde MScAgric graad.  Navorsing word uitgevoer op ‘n goedgekeurde onderwerp soos aangewys deur die Departement. ‘n MSc tesis met oorspronklike navorsing word vereis.  Met die voltooiing van die studie moet ‘n aanvaarbare tesis ingedien word en ‘n mondelinge eksamen word afgelê. 


Toelatingsvereistes

'n 4-jaar BScAgric graad in Hortologiese wetenskap met ‘n minimum gemiddelde prestasie van 60% vir alle finale jaar vakke OF ‘n Honneursgraad in Toegepaste Plantfisiologie met ‘n minimum gemiddelde prestasie van 60% vir alle voorgeskrewe modules.


P
hD (Hortologiese wetenskap)

Hierdie program fokus op navorsing in een van verskeie spesialisasie velde van Hortologiese wetenskap en bemagtig studente om ‘n vakspesialis in hierdie veld te word.  ‘n PhD verhandeling, Hortologiese wetenskap 978, bevattende oorspronklike navorsing word vereis.  ‘n Goedgekeurde navorsingsonderwerp sal deur die Departement aangewys word.  Met die voltooiing van studie word die indiening van ‘n aanvaarbare tesis vereis.  ‘n Mondelinge eksamen vind plaas.


​Toelatingsvereistes

 n  MScAgric of MSc graad in Hortologiese wetenskap.

       ​​​

What use is a PhD in Horticulture? - Julian Heyes (extract from Chronica Horticulturae)

 

Raadpleeg die Fakulteitsjaarboek vir meer spesifieke besonderhede rakende ‘n betrokke module. 

Fakulteit Agriwetenskappe Jaarboek Deel 7

 

Doen nou aanlyn aansoek!​