Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fasiliteite

​​
​​​​Rypheidsindeksering en vrugmonster voorbereidings-laboratorium: ​​​​

  • Outomatiese titreerder

  • Vrugtekstuur-analise sisteem (VTA)

  • Kleurmeter



Kouestoor en BA fasiliteite:  

  • 11 Kouestoor eenhede, toegerus vir beheerde atmosfeer (BA) 


Laboratoriums:

  • HPLCs

  • Gas kromatografies (GK)

  • Outo-analiseerders

  • Vries-droeёrs

  • -80°C en -40°C vrieskaste



Welgevallen proefplaas:



Die plaas is 3 km vanaf die Universiteitskampus geleё, aan die voet van Stellenbosch berg en beslaan 6 ha, waaronder kern- en steenvrugte, sowel as sitrus verbou word.  Gedurende die mid-1990's is die plaas her-ontwikkel en meer moderne kultivars gevestig; twee appel kultivars, Cripps' Pink en Royal Gala; twee peer kultivars, Rosemarie en Forelle; drie pruim kultivars, Songold, Laetitia en Larry Ann, sowel as 'n vroeё sagtesitrus varieteit, Mihowase Satsuma. Verskillende oplei-tegnieke en boord-spasiёring is gebruik en word deurgans ge-evalueer.  Die plaas word op 'n kommersiёle basis bestuur, maar dien ook as 'n perseel waar studente opleiding ontvang en nuwe tegnologie soos evaporatiewe verkoeling kan evalueer.