Standard Bank Centre
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​Die Standard Bank Sentrum vir Agribesigheidsontwikkeling en -leierskap


​​​​​​​​​​​​​​Die Standard Bank Sentrum vir Agribesigheidsontwikkeling en -leierskap, wat deur Standard Bank van Suid-Afrika befonds word, het sy bedrywighede in April 2010 begin as deel van die Universiteit Stellenbosch se HOOP Projek. Die fokus van die Sentrum is op die fasilitering en ondersteuning van strategiese leierskap en transformasie in agribesigheid. Die Sentrum het bekendheid in die breër landbou-omgewing en agribesigheidsgemeenskap verwerf weens sy navorsingsaktiwiteite, kortkursusse en hoëvlak agri-leierskapslaboratoria (Imbizo’s), en word as ’n goed gevestigde entiteit in die Fakulteit AgriWetenskappe beskou.